Uittreksels van  Die Aarde en die Maan
Voorblad Inhoudsopgawe

DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 41: Substansie en Materie, Krag en Stof

01] ‘n Sogenaamde gesegde, natuurlik ietwat skeef en wat die saak nie heel korrek verduidelik nie, lui by julle: ‘Memento homo, quia pulvis es, in puwerem reverteris’. (Dink daaraan mens, dat jy, omdat jy stof is, na die stof sal terugkeer!) - Hierdie spreuk dui met die woord “stof” wel op ‘n totale opbreek van die liggaam, is egter in betekenis nie korrek nie, omdat elkeen onder “stof” daardie fyngemaakte aard- en klippartikeltjies verstaan, wat die wind maklik optel en in die lug dra. Ook kan daarmee die nog fyner sonstofdeeltjies bedoel word, wat natuurlik ‘n bietjie fyner is as die stof op die paaie. Sou die liggaam in sodanige stof opgelos word, dan sou dit vir hom en sy siel nie van veel nut wees nie; want die allerfynste stof, wat nog in die natuurlike wêreld gesien kan word, is nog steeds materie en kan vir so lank nie met die siel en die gees verenig word, as wat dit nog materie bly nie. Beter as “stof” sou wees: “soortlike sielsatoom”; so iets is nie meer materieel nie, maar substansieel. Tussen materie en substansie bestaan daar egter ‘n hemelsbreë verskil.

02] Om die hele saak duidelik te verstaan, moet julle hierdie onderskeid noukeurig ken. Neem ‘n magneet: wat daaraan sigbaar is, is die materie; maar die aantrekkings- en afstotingskrag in die magneet, dit is substansie. Hierdie substansie kan met die vleeslike oë nie gesien word nie; alleen die oog is ook nie die enigste voeler en bewus maker van die bestaan van siels- of geestelike dinge nie, maar die mens het mos nog ander sintuie, wat nader aan die siel is as die sig, wat ongeveer die mees buitenste sintuig is van die mens. Die gehoor is alreeds dieper, die reuk en smaak nog dieper, en heel verenig met die siel is die gevoel of die tassintuig!
03] Wanneer iemand dan twee magnete na mekaar bring, dan sal hy binnekort die wedersydse trek voel, en dit is voldoende, om daaruit ook vir sy uiterlike sintuie die gevolgtrekking te maak, dat daar ‘n besondere, wel onsigbare krag of substansie in die magneet teenwoordig moet wees, wat sodanige trek veroorsaak.
04] Hier kan elkeen maklik opmerk wat die onderskeid is tussen materie en substansie. Ook by ‘n sogenaamde elektrifiseringsmasjien onderskei elkeen maklik die materie ten opsigte van die substansie. Materie is die volgende: die glasplaat, die wrywings kussings, die metaalgeleier, en nog ‘n paar bottels. Wanneer die masjien stil staan, voel niemand, wat nader na die masjien beweeg, enige reaksie nie; word die masjien egter in beweging gebring, dan word die substansie wat in die masjien en die lug rus opgewek, en wanneer iemand nou nader na die masjien beweeg, dan voel hy ‘n trek aan sy hare, en wanneer hy nog nader kom, sal hy die substansie as springende vonke waarneem, wat soms beduidend steek - en wanneer dit sterker word, ook spierrukkings bewerkstellig. ‘n Sodanige elektriese vonk, alhoewel in materiële tyd en in ‘n materiële ruimte sigbaar, is egter nie meer materie nie, maar sielsagtige substansie of krag, wat in die materie rus; wanneer dit opgewek word, dan uiter dit ‘n oombliklik deurdringende krag, waarteen geen materiële hindernis as stremmend in die pad daarvan geplaas kan word nie.
05] Hier het julle nou weer ‘n goeie voorbeeld van materie en substansie. Beskou die’ aan julle wel bekende springstof, wat uit swael, salpeter en koolstof bestaan. Die korreltjie is rustig en val soos elke ander materie vanaf ‘n hoogte na ‘n laagte; maar in die korreltjie is daar ‘n groot hoeveelheid substansiële krag gebind. Word hierdie substansie deur iets wat soortgelyk is opgewek, dan breek dit soos blits sy gevangenis in atoomgrootte stukkies en tree dan in die sfeer van sy vryheid. Die vuur is verwant aan hierdie substansie en is dus die opwekkingsmiddel daarvoor; daar wys dit ook as ‘n substansiële krag, wat deur geen natuurlike hindernis of beperking gekeer kan word nie. - Net so is in water ook ‘n substansiële krag teenwoordig, wat deur ‘n hoë graad van hitte opgewek word. Sou iemand hierdie krag probeer toesluit, sal dit elke nog so sterk geslote houer laat ontplof en dan ontsnap in sy vryheid. Dus is byna in elke stuk materie ‘n substansie teenwoordig; dit kom net daarop neer, hoe en waardeur dit opgewek kan word, om die uitwerking daarvan sigbaar te maak.
06] Die natuurwetenskaplikes, nie selde baie ydel natuurgekke nie, het wel in alle materie sekere fundamentele kragte ontdek, soos daar is die aantrekkings- en afstotingskrag, waarvan die aantrekking as die kohesie- of swaartekrag, en die afstoting as die sentrifugale krag as bekend aanvaar is. Daarbenewens is nog die elastisiteits- of die ekspansiekrag, die deelbaarheid en die deurdringbaarheid van die materie as volledig geleerd afgehandel en ook onder die grondliggende kragte van die materie ingedeel. Alleen, sou hierdie geleerde natuurgekke, as self lewende wesens, net ‘n enkele tree verder gaan en sou die alles beherende en alles vervullende lewenskrag ‘n plek in hulle boeke ingeruim het, dan sou hulle al lankal met hul kennis geweldige stappe vorentoe gemaak het, en sou nie noodwendig , dooie kragte - wat die mees volstrekte onsin is - oorweeg en ontleed nie, maar sou onmiddelik met daardie fundamentele vereiste van alle bestaan te doen kry, waarin hulle hulself en alle materie van die regte, alleen werkende, ware standpunt al lankal volledig en maklik sou erken; maar so krap - wat eintlik die mees onnoselste en belaglikste is - die lewendiges in ‘n hele aantal dooie kragte rond en wil ten slotte nog bewys, dat die lewendige krag ‘n mengsel en samestelling van ‘n hele aantal dooie kragte is!
07] O afskuwelike onsin bo alle onsin! In watter logika kan dan ‘n werkende krag as dood beskou word? Kan daar nou iets meer onsinnig bestaan, as om aan sekere sigbare uitwerkinge ‘n dooie oorsprong toe te deel, wat net so goed is, as wanneer ‘n mens aan enige aksie absoluut geen grondoorsaak sal wil toeskryf nie; want dood is in ‘n sekere sin nog minder as niks, en ‘n saak kan net as dood beskou word, en dit vir so lank, as wat dit tot buite enige invloedsfeer verban is; en die mens se siel en gees kan dood wees, wanneer hulle deur die swak aanwending van hul vryheidstoets die ordelike noodsaaklikheid aanneem, om weer in daardie gevangenskap te beland, waarin hulle van elke effektiewe invloed afgesny is.
08] Wanneer egter in en aan die materie aktiewe kragte ontdek word, dan is hulle nie dood nie, maar lewendig en intelligent; want sonder intelligensie van die een of ander spesifieke aard, is daar net so min ‘n werking moontlik, as sonder krag.
09] Maar soos die krag volgens die werking erken kan word, net so kan ook die intelligensie van die krag vanuit die steeds gelykmatig geordende planimetriese teorie erken word. Vind dan nie die groei van gras en die groei van elke ander plant volgens ‘n innerlike doelmatige teorie plaas nie, wat tog maklik deur elkeen erken kan word, wat net ooit ‘n plant gesien het. Net so is dit met die ontbinding die geval en met alle verskynsels, waar kragte onderliggend moet wees, waaruit elkeen maklik die gevolgtrekking kan maak:
10] Waar niks as net werkinge gesien kan word nie, daar moet ook net soveel kragte as werkinge teenwoordig wees; en omdat al hierdie werkinge georden en stelselmatig verloop, moet ook net so baie intelligensies as kragte teenwoordig wees. En uit hierdie gevolgtrekking kan ook verstaan word, dat die materie uit ‘n hele reeks sielsdeeltjies, dit wil sê intelligensies bestaan, wat deur hoër kragte en intelligensies volgens ordelikheid en noodsaaklikheid tydelik vasgehou word. Maar wanneer die tyd van vashou verby is, dan ontwaak die afsonderlike intelligensies en verbind met mekaar weer in oersubstansies as daardie wesens, waaruit hulle oeroorspronklik uit My, die Skepper, geskep was; en hierdie hervereniging is dan deels die werk van die intelligensies self maar deels ook van die’ aan julle reeds bekende hoër geeste.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 42: God se werking deur geeste (3-3-1847)

01] Daarvolgens kan, indien iemand die saak net ‘n bietjie begryp het, in die ware sin van die woord geen materie bestaan nie, aangesien die materie self net ‘n werking (gevolg) van kragte is, waar die werking in ‘n soort, samestelling en vorm ‘n verskynsel daarstel en juis daardeur aan homself laat erken, dat die werkende kragte nie sonder intelligensie werksaam is nie; want solank daar in ‘n saak of ‘n wese ‘n spesifieke vorm, soort en eienskap herken kan word, kan ook niemand die intelligensie van die werkende krag betwis nie.

02] Natuurlik sal daar ‘n vrome pelgrim - volgens Mariazell - die opmerking maak en sê: “Dit doen tog alles onse lewe Here God; hoekom moet daar nog ander intelligensies wees?” Dit is seker ook reg; want sê die Here: Hemel en aarde en alles, wat daarin is, het Ek gemaak en - nota bene! - maak dit nog steeds; maar wanneer jy dit met hierdie ‘maak’ te ver voer, dan moes Ek op die aarde ook nog verskillende ander dinge gemaak het, wat Ek eintlik nie gemaak het nie en ook nou nie maak nie, maar het die’ makery aan die mense oorgelaat, sodat hulle ook iets het om te doen. Hulle doen dit natuurlik net met My aan hulle toegedeelde krag, en Ek maak dit dan indirek, en dit is ook net so goed, as of Ek dit gedoen het. Maar soos wat Ek deur die hande van die mense tallose dinge laat maak, net so laat Ek deur die krag van die liefde en wysheid in My engele en geeste die soort dinge op aarde, en ook op ander wêreldliggame, maak, wat nie van mense gemaak kan word nie.
03] Die mense kan wel huise bou, materiaal vir klere berei, en werktuie maak; maar die materie daarvoor kan hulle nie maak nie. Hulle kan geen gras maak nie, geen struike en geen boom en net so min ‘n dier; maar die deur en deur lewendige geeste en engele kan dit wel, omdat hulle vir daardie doel met die’ krag uit My toegerus is, om dit in My naam te kan volbring.
04] Maar soos enkele intelligensies in een en dieselfde soort werksaam is, en ander intelligensies weer op ‘n ander manier werksaam is - en dit alles onder die direksie van hoër geeste -, sal ons in verskeie en maklik verstaanbare voorbeelde daglig helder en tasbaar daarstel.
05] Beskou net ‘n spinnekop! In daardie diertjie sal julle twee intelligensies verenig vind. - Die eerste is die herkenning van gepasde voedsel vir haar; hierdie voedsel in haar word vir ‘n dubbele doel te benut, naamlik as voeding van haar dierewese en ter bereiding van die klewerige sap, waaruit sy haar net weef, wat nou die een intelligensie is. Die tweede intelligensie is die eiesoortige kuns van die spinnekop, om die garing uit haar self te trek, dit aan klein hoekies op te hang en ‘n net te spin of te vleg, die net dan met ‘n pêrelagtige klewerige sap te oortrek, om daardeur daardie diertjies te vang, wat vir haar nuwe voedsel verskaf. Uit hierdie aksie moet tog elkeen kan sien, dat die spinnekop tog klaarblyklik ‘n innerlike intelligensie moet besit; en is die’ intelligensie dit, wat die wetenskaplikes - natuurlik ‘n bietjie foutief - “instink” noem; want instink is soort van ‘n innerlike dryfkrag, om ‘n sekere aksie volgens ‘n bepaalde manier in werking te stel. Alleen dit, wat die geleerdes instink noem, is nie meer ‘n intelligensie van die diertjie nie, maar is reeds ‘n direksie of rigtingaanwysing deur hoër geplaasde geeste; want dit is tog klaarblyklik tweërlei: om eerstens ‘n bepaalde vaardigheid te besit, en tweedens om volgens die’ vaardigheid ‘n sekere taak te voltooi. Met die besit van sodanige vaardigheid is die noodsaaklike voltooiing nog nie verseker nie, want daarvoor moet ‘n ander dryfkrag kom, en daarom is die besit van sodanige vaardighede en talente in ‘n wese of ‘n fisiese soortlikheid juis die intelligensie, terwyl die beweegrede, om volgens die inwonende intelligensie aktief te word, nie in die wese self in die vorm van ‘n instink geplaas is nie, maar is die aandrywende leiding van die kant van hoër en meer volmaakte geeste, wat byvoorbeeld juis in ons geval die spinnekop die plek, waar, en die tyd, wanneer sy die eiesoortige vaardighede in aksie moet plaas, aanwys. Want sou dit nie die geval wees nie, dan sou ‘n spinnekop hetsy nooit of aanhoudend spin, en sou selfs die gesig van die mens nie oorsien nie en ‘n net voor sy oë spin, maar wat nooit die geval is nie, omdat sy moet spin, waar sy aangewys word om te spin, en waar haar soortlikheid doelgerig nuttig is, wanneer dit met die soortlikheid van daardie materie in verbinding tree en dit in haar versamel vir ‘n hoër lewe.
06] Net so spin ook die sywurm ‘n draad, en dit daarom, omdat dit in haar uit die kos, en uit die vrye soortlikheid van die lug daardie intelligensies in haar bymekaar bring, waaruit sy dan daardie vaardigheid bereik en soort van tot die insig kom, om uit die voedsel wat opgeneem is, eers in haar ‘n taai vloeistof te berei en die’ vloeistof dan, en wanneer dit die regte rypheid gekry het, om haar soos in ‘n eier toe te spin.
07] Hier is ook baie duidelik, dat die vaardigheid vir sulke werk en die beweegrede, om sulke werk op die regte tyd en op die regte plek te voltooi, wesenlik tweërlei is, soos dit ook sekerlik tweërlei is, wanneer iemand onder die mense ‘n kunstenaar is, hetsy ‘n musikant of ‘n skilder. Die musikant dra altyd die vaardigheid in hom rond, ‘n konsert of ‘n ander musiekstuk te speel, soos die skilder, om iets te teken; maar speel die musikant as gevolg van sy kunstige vaardighede in hom dag en nag aaneen een konsert na die ander, en lê die skilder nooit die kwas en die verf ooit op sy nie? - Sien, alhoewel beide kunstenaars deurgaans dieselfde vaardigheid in hulle dra, sal die toonkunstenaar tog net by ‘n gegewe geleentheid uit sy permanente kunstige vaardighede iets produseer, soos die skilder net dan ‘n bietjie sal skilder, indien iemand iets by hom bestel het, of wanneer hy hetsy om te verkoop of vir sy eie genot homself die plig opgelê het om iets te skilder. Die eerste is hier net soos die intelligensie van die kunstenaar, terwyl die tweede ‘n aanmoediging van watter kant ook al is, om sulke intelligensie in aksie te plaas.
08] Maar indien reeds mense vir groter produksies om die kunsvaardighede van afsonderlike mense te koördineer direkteure aanstel, wat by voorbeeld die tyd van ‘n konsert bepaal, stukke uitsoek en dan self dirigeer, - hoeveel meer noodsaaklik is daar eers onder die tallose kunstige intelligensies direkteure nodig, waar dit gaan oor die behoud en doelgerigte leiding van heelalle!
09] Aangesien hierdie onderwerp vir julle duidelike erkentenis in hierdie saak van hoogste belangrikheid is, sal ons op hierdie gebied nog aansienlik verder voortgaan.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 43: Indrukke van die materie op siel en gees

01] Julle kan die dierewêreld en die plantewêreld deurgaan, ja selfs die mineralewêreld nie vergeet nie, - en orals sal julle ‘n selfstandige intelligensie, maar langs hierdie intelligensie ook ‘n aansporingskrag vind. Die selfstandige intelligensie kan nie net uit die verskillende eiesoortige karaktertrekke herken word nie, maar ook - wat besonders vir sielkundiges belangrik is - uit die indrukke, wat die verskillende dinge en voorwerpe op die menslike gemoed uitoefen.

02] Op wie kan die indruk gemaak word? Op ‘n mens, en inderdaad alleenlik net op die siel en op die gees van hom.
03] Hoe moet die mens dan eienskapsgewys ontwikkel wees, sodat hy geskik is om die indrukke te kan opneem?
04] Hy moet lewendig en volkome intelligent wees; en sodat alles ‘n indruk op hom kan maak, moet hy vooraf alle intelligensies in hom, dit wil sê in sy siel, verenig besit, - dus hy moet lewendig en totaal intelligent wees.
05] Vraag: Hoe kan dan ‘n dooie voorwerp of ‘n dooie ding op die mens enige indruk maak, aangesien die indruk tog ‘n werking is? Maar hoe kan dan ‘n dooie ding of ‘n dooie saak werksaam wees?
06] Hoe kan ‘n dooie wese in ‘n lewendige wese sy gelyke ewebeeld na vore roep? Beteken dit nie om die lewe te mislei en vir die gek te hou nie, wanneer ‘n mens in alle erns so mal kan wees om te beweer, die dood as ‘n voorwerp kan vir hom uit die lewe van ‘n ander voorwerp weer ‘n dood opwek?
07] Maar wanneer van opwekking gepraat word, hoe kan ‘n dood opgewek word, wanneer dit dood is? Die begrip “dood” veronderstel ‘of ‘n totale wesenloosheid of ten minste ‘n volkome onwerksaamheid (stagnantheid) van ‘n wese, wat basies een en dieselfde is; want hoegenaamd geen wese kan sekerlik ook op niemand ‘n indruk maak, omdat dit glad nie daar is nie, net so ook ‘n volkome onwerksame wese; want sou sodanige wese op iemand ‘n indruk kan maak, dan sou dit tog sekerlik nie geheel en al werkloos wees nie, omdat die indruk tog sekerlik ‘n soort werksaamheid is.
08] Hieruit kan afgelei word, dat alles, wat op die menslike siel ‘n indruk maak, nie dood nie, maar sodanig intelligent moet wees, om in die lewendige siel sy eweneens lewendige intelligensiesoortlikheid op te wek en dit wat ewe aan hom is voor die oë van die siel as aanskoulike voorstelling te bring, welke voorstelling dan die bogenoemde indruk is, wat enige ding of saak op die mens maak. Hieruit word ook afgelei, dat dit - wat alreeds deur ‘n paar van die beter wetenskaplikes vaagweg ontdek is - in die liggaamswêreld self nie eintlik die dood bestaan nie; maar dat dit, wat die kortsigtige mens “dood” noem, is net ‘n oorgang van ‘n minder intelligente vorm na ‘n hoër intelligente vorm, waar die intelligensies alreeds meervoudig verenig is.
09] Verseker bemagtig die mens verskeie gevoelens by die aanskouing van rotsmassas. “Ja, die rotse is dan dood, - “ sê die mens; “hoe kan hulle dan in die lewendige siel ‘n gevoel oproep? Sal dan die dooie beelde in die siel ewe lewendiges oproep?” Sodanige bewering of veronderstelling sou nog onverlykbaar meer dwaas wees, as iemand wat die bewering wil maak, dat, wanneer jy saadkorreltjies oor ‘n gladde wateroppervlakte hou, waarin hulle weerkaats, die refleksie van die saadkorreltjies in die water sal begin om te ontkiem en waarskynlik die wortels in die lug laat opgaan en die vrugte onder die watervlak sal ryp laat word. Alleen, dit sou nie eintlik so dwaas wees nie; want dan sou die voorwerp, wat in die wateroppervlak weerkaats, nie dood wees nie, en dit kan vermoed word, dat dit in staat sou wees, om deur sy ewebeeld in die water iets lewendigs van sy eie te laat ontstaan, as wat ‘n volkome dooie voorwerp dit vermag, om in die lewendige siel ‘n lewendige voorstelling op te wek.
10] Rotsgroepe en rotsmassas bewerkstellig in die menslike siel lewendige gevoelens, wat soms vol aandagtigheid, soms vol begeestering en vol bewondering is. Sou dan die dooie rots hierdie lewendige gevoelens na vore bring? - Daar sê Ek vir julle:
11] Wie ore het, die luister, en wie oë het, die sien, wat die lewendige gees vir die lewendige gees sê!
12] Hierdie rotsmassas is net soos die allerlewendigste gerub uit die almagtige ewige krag van God geskep. Hoe sou dan ook die ewige oerlewe van alle lewe sê “dooie” gesteentes skep?!
13] Ek as die Oerskepper kan wel die oneindige aantal van My idees bind (vasmaak) - dus spreek die Here - en kan die lewendige intelligensies net soos afsonderlike gedagtes in die sigbare materie van die rots vashou, hulle mettertyd vry maak, en in volheid en heerlikheid vir My, die Skepper, en die’, wat uit My is, aanskoulik daarstel, sodat nie alle die eindelose aantal van My idees as ‘n onveranderlike beeld voor My oë sal sweef nie; want juis in hierdie materiële skepping wend die Skepper Homself van die eindelose getal idees af en plaas hulle deur die vrywording en losmaking vanuit die materie weer soos afsonderlike gedagtes voor Sy goddelike aanskoulikheid.
14] Maar indien daarvolgens die Skepper Sy idees en gedagtes, wat sekerlik nie dood is nie, in die sigbare voorkoms van die materie, soort van soos die boekmaker ‘n boek, gebind het, so sal daar ook in die rots lewe teenwoordig wees, dus ‘n groot aantal intelligensies, wat mekaar in die lewendige menslike siel, wat sy lewendige deel reeds daaruit geneem het, weer vind, om sodoende so te sê as lewendig weer in die siel her te genereer.
15] Sien, dit is die karakteristiek, wat uit elke ding of uit elke saak in die lewendige siel van die mens instraal, en hierdie karakteristiek is afkomstig vanaf die lewendige intelligente kragte, wat in die materie vasgehou word.
16] Hierdie karakteristiek bekragtig die vrye intelligensie, waardeur elke ding op sy manier deur een of meer vaardighede en werksaamhede as ‘t ware van homself bewus is. Maar benewens hierdie karakteristiek word ook ‘n dwang (beweegrede) bekragtig, soos by voorbeeld.: dat die rots moet vas wees, die plant in hierdie of daardie vorm moet groei en moet vrugte dra, soos die dier in sy soort dit moet wees en moet doen, waarvoor dit bestem is. Hierdie dwang (beweegrede) lê nie in die materie nie, maar dit is die werk van die meer volmaakte geeste, aan wie sodanige werksaamhede opgedra is.
17] Maar hoe die geeste sulke werksaamhede in daardie opsig verrig, word in die vervolg deur so te sê dramatiese daarstellings en voorbeelde so duidelik as net altyd moontlik belig.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 44: Opsigtergeeste in die natuurryk

01] Julle weet, dat by sekere tye tuiniers en landboukundiges die saad in die aarde saai, en dat nie lank daarna elke saadkorreltjie wat in die aarde geplaas is, begin om te swel, uiteindelik by die plek, waar die saadjie hom bevind, oopbars en ‘n klein, wit groenerige puntjie by die saadkorrel uitkom. Dit is die kiem. Byna sigbaar groei hierdie kiem baie teer verder en verder opwaarts, en daar, waar vroeër net ‘n puntjie te siene was, ontvou dan nou alreeds twee, drie en meer blare, en verder en verder ontplooi die gewas, wen vastigheid en krag, en nie lank daarna sien ‘n mens dan ook die blomknoppies. Van uur tot uur word hulle voller, bars uiteindelik oop, ontvou, die blom kom na vore en in die kelkie sit reeds die nuwe vrug, soos ‘n jong by in haar sel, en word eers as suigeling gevoed van die aromatiese reuk van die blom; en het die nuwe vrug deur hierdie hemelse kos die regte krag bereik, dan ontvang sy die voeding van die stam en die lewe van die lig.

02] Sien, dit is die natuurlike verloop gedurende die groei van ‘n plant; want die groei begin met die eerste inplasing van die saadkorreltjie in die aarde en eindig met die rypwording van die vrug.
03] Die saadkorreltjie self sou net so min die krag gehad het, om vir homself voedsel te soek, as ‘n pasgebore baba, ja nog minder as ‘n kind in die moeder se liggaam, sou daar nie geeste wees, wat aan daardie sielintelligensiespesifikums rigting sou gee nie, waardeur juis hierdie spesifikums na ‘n bepaalde punt moet beweeg, wat vir hulle as ‘n eiesoortige invloedslokaliteit aangewys is.
04] Om dit baie duidelik te maak, neem ons nou ‘n koringkorreltjie. Die koringkorreltjie het die volgende sielintelligensiespesifikums in hom: eerstens deeltjies van die liefde, dit is die eintlike voedsel in die saadkorreltjie van die koring. ‘n Tweede spesifikum is die geestelike of eintlik vlugtige substansie (basisspesifikum), op grond waarvan uit die koringkorreltjie ook, soos uit ander vrugte, alkohol gemaak kan word. ‘n Verdere spesifikum is koolstof, wat tydens verbranding onmiddelik sigbaar word, waarom dit ook dikwels gebeur, dat, wanneer daar in ‘n halm te veel van hierdie spesifikum opstyg, die saadkorreltjie reeds op die land verbrand en swart word. Weer ‘n ander spesifikum in hierdie korreltjie is die suur- en broustof, op grond waarvan uit hierdie saadkorrels ook, soos uit gars, hawer en hop, ‘n goed smaakende bier berei kan word. Nog ‘n ander spesifikum is die eteriese swael, wat juis die brandbaarheid van die saadkorrel bewerkstellig. En weer ‘n spesifikum is die oliestof, waarvolgens uit alle soorte koring, ‘n smaaklike olie onttrek kan word. Weer ‘n ander stof is die suikerstof, wat ryklik in die koringsaadkorrel teenwoordig is. En nog ‘n ander stof of spesifikum is die rubberagtige slymstof, op grond waarvan die sogenaamde stysel uit hierdie saadkorrel herwin kan word.
05] Dan is nog in die saadkorreltjie ‘n ordentlike porsie van die heel suiwerste en mees basiese waterstofgasspesifikum, wat eintlik die hoofspesifikum van die koringhalm, net soos van al die ander plantsoorte, uitmaak; want hierdie stof of spesifikum vul voortdurend die hol pyp van die halm en hou dit regop. Sonder hierdie stof sou die halm nie in hoogte kon groei nie, en sodoende vorm die hol halm ‘n ballon wat aan die wortels vasgebind is, wat die vlees van die plant regop hou, vir solank as wat dit nie die eie noodsaaklike vastigheid verkry het nie. Maar het dit eers eenmaal die nodige vastigheid verkry, onttrek hierdie spesifikum steeds meer en meer in die ryper en ryper wordende saadkorrels en word daar as ‘n grondspesifikum bewaar, om by die volgende plantgeleentheid as belangrikste komponent by die proses van groei in voldoende hoeveelheid teenwoordig te wees.
06] Uit die opnoeming van die sielspesifikums in ons koringkorreltjie het ons gesien, hoe menigte basisspesifikums teenwoordig en aktief moet wees. Maar hoe word hulle gelei? - Deur die’ vir die doel aangestelde geeste, waarby altyd ‘n onderverdeling van geeste plaasvind, wat hulle werksaamhede gebiedsgewys onder hulle het.

07] Van die onderste soort van geeste het elkeen net ongeveer een akker, soortgelyk, soos die natuurlike akker onder die mense op die oppervlakte van die aarde opgedeel is. Sodanige gees het die nodige wysheid en krag en lei die afsonderlike sielspesifikums bloot met sy wil en hierdie wil is soos ‘n oordeel vir die vrywordende sielsubstansies. Hierdie gees ken presies die sielspesifikums van die saadkorrels wat in die aarde geplaas is; hy weet, hoeveel daarvan uit die aarde, hoeveel daarvan uit die sterre afkomstig is, en watter soort en in watter verhouding.
08] Wanneer dan die saadkorreltjie in die aarde geplaas word, dan blaas hy sy wil oor die akker, waar die wil, homogeen met die bepaalde sielspesifikums, daardie spesifikums aangryp en hulle daarheen lei, waar vir hulle die bepaalde plek is. Dan stroom hulle met hulle op daardie punt gerigte intelligensie en begin daar in die vorm van infusiediertjieagtige wesens hul werksaamhede, waarvoor hulle die intelligensie en die afgemete krag besit. Daar vorm hulle die wortels, en die pypies; ander klim weer in die wortels en voed of vergroot hulle; ander beweeg weer deur die wortels in die stam; gelykes en gelykes gryp mekaar in die orde van hul intelligensie, en ‘n soort van hulle vorm die pypies in die stam, die ander vorm klepdeksels, pompies en kleppe; weer ander en meer suiwer styg op deur die pypies en vorm die blare volgens die orde en vorm van hul intelligensie; weer nog meer suiweres styg nog hoër op deur die pypies en vorm die botsels, en die bloeisels; en die mees reines en deur hierdie aksie self mees gesuiwerdes vorm die vrug, en die selfs geestelikes, so te sê sentraalintelligensies verenig in die vrug tot die kiem en omsluit hulleself met ‘n weefsel, waardeur die buitenste en nog nie voldoende rein intelligensies nie kan dring nie.
09] Is deur hierdie aktiwiteit mettertyd die rypheid bereik, dan het die gees van hierdie akker sy werk ook voltooi en laat die verdere werk oor aan die mens en bietjie ook aan die natuurgeeste, wat die verrotting, of beter, die verdere onbinding van daardie dele bewerkstellig, wat nie tot die vrug behoort nie, sodat daardie sielspesifikums dan in die volgende tydperk in ‘n meer verfynde vorm kan opstyg.
10] Nou dink daaraan dat daar net so baie sodanige geeste is, as wat daar akkers en verskillende plantsoorte bestaan; elkeen kry ‘n bepaalde soort op ‘n bepaalde terrein en moet daar sorg, dat daardie plantsoort voortdurend volgens dieselfde aard en vorm voortplant.
11] Die geringste onoplettendheid van die kant van sodanige sake hanterende gees het ‘n misgroei en ‘n misoes tot gevolg, wat huidiglik by die geeste nie selde plaasvind nie, omdat hulle met betrekking tot hulle werksaamhede nie ‘n geoordeelde wil, maar ‘n volkome vrye wil het, wat noodsaaklik is, omdat in ‘n geoordeelde wil geen krag teenwoordig kan wees nie. Daarom benodig dit niks meer en niks minder nie, wanneer die mens met ‘n misoes getugtig moet word, as om hierdie werksaamhede aan meer flou geeste toe te vertrou, wat nie so noukeurig te werk gaan nie, en die misoes is voltooi. Want wanneer hierdie oor die plantegroei wakende geeste die ordelik losgemaakte sielspesifikums nie volgens die korrekte orde en aantal so te sê onder een dak bring nie, dan styg die nie-werkendes onmiddelik op na die tweede vlak, verenig daar om eiewesens en om natuurgeeste te vorm, bewerkstellig dan slegte weersomstandighede, sowel as slegte aansteeklike stowwe in die lug, en dit alles beïnvloed die plantegroei nadelig.
12] Maar sodat dit so selde as moontlik en net op min plekke moet gebeur, het hierdie geeste weer ‘n hoër en meer volmaakte gees bokant hulle, wat alreeds ‘n baie groter gebied het om op te pas. ‘n Sodanige gees is dan net soos ‘n grondeienaar en het alreeds baie werksaamhede onder hom. Stel julle die geeste soos onderdane en die hoër geplaasde gees soos ‘n grondeienaar voor, en julle het taamlik die regte verhouding, - of soos daar is ‘n heer, wat in sy gebied verskillende sakeondernemings het en kennis dra van elke afsonderlike onderneming. Sy werkers verrig elkeen net ‘n enkele taak; maar hy hou toesig oor almal en ken werk aan hulle toe volgens hul talente.
13] ‘n Grondeienaar of ‘n sodanige heer van sy distrik meng nie in die distrik van ‘n ander nie. Maar sodat tog in alle distrikte dieselfde orde heers volgens die aard van die distrik, is bokant die distriksopsigters weer ‘n geestelike goewerneur aangestel, wat so te sê alreeds oor ‘n hele land toesig hou en leiding gee. Dit is dan alreeds ‘n gees uit die derde vlak. Maar julle weet, dat ‘n paar lande ‘n ryk vorm; daaroor waak ‘n engelsvors. Oor alle ryke egter waak die Vors van alle vorste, soos Hy ook waak - soos geen gees dit kan doen nie - in elke afsonderlike sielspesifikum; en dit is daarom, dat die oog van die Here alles sien, wat daar is en gebeur.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 45: Minerale, plante en diere

01] Die planteryk, en die ontstaan daarvan waaroor ons so pas gepraat het, is so te sê die oorgangspunt vanaf die minerale en die eter, wat uit die sterre neerslaan, na die diereryk.

02] Maar uit die werklike oorsprong beskou bestaan daar nie ‘n minerale- of planteryk nie; want sowel die minerale- as die planteryk is in die ware sin ook ‘n diereryk, en bestaan elke mineraal uit net soveel soorte sogenaamde infusiediertjies, soos daar vir die gees van wysheid afsonderlike psigiese sielintelligensiespesifikums herkenbaar is, wat vir die gewone verstandelike mens natuurlik iets ondenkbaar is. Maar indien iemand net iets van die ware wysheid en intelligensie van die gees besit, vir hom sal dit nie al te moeilik wees nie, om in elke mineraal en ook elke plant die intellektuele, psigiese grondspesifikums uit te ken, en wel op die’ wyse, soos dit tot dusver verduidelik is.
03] Julle hoef net by ‘n mineraal of ‘n plant alle moontlike eienskappe identifiseer, dan sal julle daardeur ook net soveel basiese sielspesifikums vind, waarvan elkeen heel eiesoortig is en daarom ook net met een intelligensie ‘n bepaalde doel in die mineraal vervul.
04] Maar dat ‘n mineraal dit word, wat dit is en moet wees, moet die verskillende daaraan toegedeelde soortlike sielspesifikums tot ‘n eenheid verenig, om deur hierdie vereniging juis daardie mineraal daar te stel, wat volgens die orde noodsaaklik is om daargestel te word.
05] Om dit heel duidelik te maak, sal ons nou ‘n voorbeeld neem.
06] Kom ons neem yster! Hoeveel sielspesifikums sal vir die vervaardiging van hierdie metaal nodig wees? - Ons sal deur die opnoeming van die afsonderlike eienskappe van hierdie metaal sien, wat vir sy daarstelling noodsaaklik is.
07] Vir eers is yster swaar. Waardeur word die gewig bewerkstellig? - Deur ‘n sielspesifikum, wat uit die binnenste kamers van die aarde afkomstig is, daarom dit, wanneer hier aan hierdie metaal gebind, nog voortdurend sy intelligensietrek daarheen rig, waar dit vir so lang tye geban was. Dit (die trek van gewig) is ooreenkomstig in hierdie sielspesifikum die liefde na onder.
08] Verder word die eienskap van hardheid aan yster opgelet. Hierdie eiesoortige, afsonderlik bestaande sielspesifikum berg in hom die enkele intelligensie van volmaakte selfsugtigheid en sodoende hardheid en onkreukbaarheid teen elke buurmanskap. Hierdie spesifikum is, net soos die swaartekrag, van onder afkomstig.
09] Verder ontdek ons by yster ‘n soepel buigsaamheid. Dit is ‘n sielspesifikum of ‘n sielintelligensie, wat, veelsydig beproef, in hom die toegewendheid dra. Hierdie spesifikum is daarom ook magtiger as die twee voorafgaandes. Deur die byvoeging van hierdie spesifikum verloor hulle niks van hul eiesoortigheid nie, maar moet hulle nog steeds volgens hierdie sielintelligensie rig, wat daar ‘n nederige toegewendheid in hom dra, - daarom yster ook al hoe meer buigsaam en soepel word, wanneer dit verhit word, en die soepelheid en buigsaamheid van yster in ‘n verhitte toestand is des te meer ooreenkomstig die toegeeflike nederigheid, omdat die nederigheid en die wil des te meer soepel word, hoe meer hulle deur die vuurproef versoek of beproef word. Hierdie spesifikum is ook nog van onder afkomstig, maar reeds van ‘n beter soort, omdat dit gehoorsaam is, aangesien dit deur baie beproewinge geleer het om gehoorsaam te wees.
10] ‘n Verdere eiesoortige sielspesifikum is die oplosbaarheid; want soos julle weet, dat yster deur suur, en ook deur vuur opgelos kan word. In hierdie spesifikum lê die intelligensie van vrywees, watter spesifikum al die voorafgaandes met hom saamneem, wanneer dit in sy intelligensie die ondersteuning gekry het, om vrylik, ook in natuurlike opsig deur die sentrifugale- en uitrekkende krag, wat, sou dit nie beperk word nie, tot in oneindigheid uitgerek word.
11] Maar dat dit nie moet gebeur nie, ontdek ons onmiddelik weer ‘n ander eienskap of sielintelligensie,
wat so te sê die ledige stoïsisme in hom dra. Hierdie wil nou weer op die minimum terug saamtrek. Die’ spesifikum is dus die kontroleur vir die voorafgaande en beperk dit in sy ekspansiedors, terwyl in die teenoorgestelde ook die voorafgaande sentrifugale spesifikum hierdie laaste sentripetale spesifikum beheer.
12] Weer sien ons ‘n ander eienskap van hierdie metaal: dit is die maklike gloeieienskap in die vuur. Dit is ‘n toornsielspesifikum in die yster, wat andersins normaalweg rus; maar wanneer dit geprikkel word, dan reageer dit met geweld, verslind alle voorafgaande spesifikums en plaas hulle in sy eie toestand. Hierdie sielspesifikums, wat ons tot dusver by hierdie metaal opgenoem het, is almal van onder afkomstig en sou die eintlike yster nog lank nie daarstel nie, sou hulle nie met die meer edel spesifikums uit die sterre versadig wees nie.
13] Hoe kan ‘n mens hierdie sielspesifikums herken? - Net soos die voorafgaande deur die nog verdere opnoeming van die verskillende eienskappe van hierdie metaal.
14] Wanneer yster gevryf word, gee dit ‘n eiesoortige, metaal suuragtige reuk af. Hierdie reuk is ‘n spesifikum met sy eie intelligensie, waarin alreeds aktiewe liefde voorkom; want soos in alle sure of in die eintlike suurstof, die’ aan julle bekende lewenslus teenwoordig is, net so is in ‘n geestelike opsig die aktiewe liefde, wat - soos julle al lankal weet - in die heel ware sin die lewe is. Hierdie spesifikum is die hoofverenigende prinsipe van die metaal; want dit deurdring dit nie net nie, maar omring dit soos ‘n eie atmosfeer; daarom ook die reuk van yster.
15] ‘n Ander eienskap van die metaal is, dat dit vir die opname van elektrisiteit ‘n groot bereidwilligheid toon. Die oorsaak daarvan is die gelyke spesifikum in die metaal; dit is die intelligensie van beweeglikheid en daarmee saam die dors na geselskaplike vereniging. Hierdie spesifikum is ook nie soos die voorafgaandes vasgebind nie, maar, soos die voorafgenoemde, net ‘n intelligensie wat die metaal deurdring en omring. Aangesien dit met die vorige spesifikums min of meer familie is, bly dit by hulle so te sê gratis en is voortdurend gemoeid, om hulle vry te maak en hulle dan vir haarself te wen. Die sigbaarheid daarvan lê in die roes, waar die roes, soos julle al dikwels ondervind het, mettertyd die hele yster in homself omskep en stadigaan heel oplos.
16] Die roes homself is nie die eintlike elektriese spesifikum, wat voortdurend vry bly nie, maar dit is die ander voorafgaande sielspesifikums, wat so te sê by hierdie vrye sielspesifikum aangesluit het, wat probeer, elkeen op sy manier, om aan hierdie spesifikum gelyk te word. Sien, hierdie spesifikum is dus ook van bo.
17] Weer ‘n ander eienskap is die glinstering of glans van yster, en dit as ‘n witagtige grys kleur. Hierdie sielspesifikum dra die begrip “rus” in hom; net in rus kan alles geyk word, en wanneer alles geyk is, dan tree ‘n gelyke oppervlakte na vore, wat vir die opname van lig geskik is soos die oppervlakte van ‘n spieël. Hierdie sielspesifikum is eie aan die hele yster; maar is nie daaraan vasgebind nie, maar verenig eers dan daarmee, sodra dit op sy oppervlakte skoon gemaak, versterk en dan glad gemaak word. Maar sou die’ dele, wat op die oppervlakte in die grootste gelykmatige rus verkeer, deur enige iets versteur word, dan is hierdie spesifikum reeds tot niet, en wanneer ook nie volledig nie, dan tog gedeeltelik, waaruit volg, dat ook die siel van die mens in sy volledigheid net dan vir die opname van lig geskik is, wanneer sy haar in die rus van die gees begewe. Want die gees is die hoofprinsiep van rus, op grond waarvan die ou wyses ‘n afgeskeide siel niks as rus en lig nagewens het nie.
18] Om al die spesifikums in hierdie metaal nog verder te ondersoek, om daardeur die pad van hierdie belangrike werk nog meer te beklemtoon, en om die diereryk in die mineraal- en planteryk duidelik verstaanbaar te maak, en hoe dan die diereryk daaruit voortgaan, sal ons vervolgens die yster se sielspesifikums afkomstig van die sterre nog verder vervolg.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 46: Die samestelling van sielintelligensiespesifikums

01] Wanneer die metaal, naamlik yster, geslaan word, dan word dit elasties. Die elastisiteit is ook ‘n sielspesifikum van bo en is ooreenkomstig ‘n geordende wilskrag, wat nie vandag dit en môre iets anders wil nie; mag daar hierdie krag buig wat wil, dan bly dit egter nooit in daardie rigting nie, maar kom altyd weer terug na die voorafgaande orde. Hierdie sielspesifikum is een van die’ wat die meeste voorkom, wat in die onderste lugsfeer teenwoordig is en elke lugatoom deurdring, daarom die lug ook self in die hoogste graad elasties is.

02] Hierdie krag, alhoewel afkomstig van bo, deurdring gelyktydig die hele aardbol en is die hoofoorsaak van alle beweging in en op dieselfde; dit is ook die eintlike grondwese, wat in alle liggame die beweging en hul eie, met die hand voelbare elastisiteit bewerkstellig. Net in die vuur verloor dit aan krag, omdat dit daardeur in te groot aktiwiteit geplaas word, maar hierdie aller belangrikste krag kan nooit ten gronde gaan nie; want wanneer die reeds gloeiende yster hierdie krag skynbaar verloor het, dan kan die afgekoelde yster net weer geslaan word met ‘n hamer, en sien, die skynbaar verlore elastiese krag is net soos van te vore weer teenwoordig.
03] Hierdie sielspesifikum is nou verwant aan die lig en bestaan uit volop ligatome. Volgens vorm is dit koëlvormig of nog beter gesê: Hierdie sielspesifikum word in ‘n vanselfsprekend buitengewoon klein en hoogs deursigtige blasie gedra, wat in alle porieë van die materie kan indring. Word die porieë, soos by die yster, deur hamerslae stukkend gevryf en gesluit, sodat hierdie elastiese sielspesifikumblasies tydens die buig van die metaal nie kan ontsnap nie, dan word hulle kragtige teenwoordigheid onmiddelik merkbaar, wanneer die yster gebuig word, en laat dit nie in daardie rigting rus, waarheen dit gebuig is nie, maar dryf dit vinnig weer in ‘n rigting terug, wat vir hul gedrukte toestand die mees gemaklikste posisie is.
04] Hierdie ligatome word van sommige natuurwetenskaplikes ook eteriese “ligmonade” (ligpartikeltjies) genoem, watter naam taamlik goed is, omdat deur die uitdrukking “monade” so te sê ‘n afsonderlike of ‘n allenige in sy soort beskryf word. Hierdie sielspesifikum is, omdat dit van lig afkomstig is, hoogs eiesoortig in sy intellektuele sfeer. Dit hou van rus en soek dit met die grootste uithouvermoë; maar juis daarom, omdat in homself so te sê die wet van rus self is, oefen dit onder elke inperking of afsluiting, soekend na die vorige rusposisie, die grootste bewegende krag uit, wat niks kan weerstaan nie, wanneer dit deur enige iets uit ewewig gebring is.
05] Sien, dit is dus weereens ‘n nuwe sielspesifikum, dus ‘n nuwe intelligensie in hierdie metaal en is sigbaar in die skynbaar dooie metaal, op dieselfde wyse werkend soos by die plante en diere, - waaruit weereens afgelei kan word, dat yster onmoontlik ‘n dooie liggaam kan wees nie, aangesien daarin een en dieselfde intellektuele krag net soos by die diere aktief word, wanneer dit deur die regte middele aangewakker word.
06] Waaruit bestaan dan nou eintlik hierdie sielspesifikum? - In ‘n vir julle onbegryplik klein ligvonkie in die voorafgenoemde blasie. Hierdie ligvonkie is ‘n psigiese wilsbehoudende intelligensie en bly solank rustig in sy klein gevangenis, solank dit nie deur enige stamp of drukking beledig word nie; word dit egter beledig, dan ontwaak dit in sy huls en dryf die wande daarvan uitmekaar, soos die lug die wande van ‘n ballon, wanneer dit daarin beland. Is die druk of stamp net gering en swak, dan word dit merkbaar deur ‘n trilling, waarvandaan gewoonlik die klank afkomstig is; word die druk of stamp heftiger, dan skeur dit sy huls en sproei helder verligte vuurvonke rond, - daarom hierdie sielspesifikum ook in die vuur vry werkend sy verskyning maak en alles vernietig, wat hom teenstaan.
07] Ek meen nou, nadat julle hierdie sielspesifikums leer ken het en ingesien het, dat hulle werklik in hierdie metaal teenwoordig is - net so, soos dit in die plante- en diereryk teenwoordig is -, wat sal ons daaraan hinder, met regverdige rede aan te neem, dat die dierlike lewe ook in die metale en ander minerale net so duidelik teenwoordig is as by die diere self? Want die afsonderlike sielintelligensies bly altyd dieselfde, of in minerale, plante of diere, net met die’ verskil, dat in minerale net nog baie min sielintelligensies verenig ‘n gedaante vorm, terwyl by plante en besonders in die ontwikkelde diereryk reeds by verre ‘n groter aantal werkend teenwoordig is. Waar die mineraal ongeveer agt, nege, tien hoogstens twintig sielintelligensies besit, is daar by sommige plante reeds baie duisende, by sommige diere vele miljoen en miljoen maal miljoen en by die mens ontelbare uit alle sterre en uit alle atomiese deeltjies van die aarde.
08] Die meer of minder maak nie die dierlike lewendigwees in die minerale ongedaan nie, en dit daarom nie, omdat eerstens hierdie intellektuele sielspesifikums hulleself in allerlei lewendige dierlike gestaltes aan die bewapende oog van die navorser openbaar, en omdat tweedens hierdie sielintelligensies in die metale en minerale op een haar dieselfde is soos by die diere.
09] Sou iemand ‘n mikroskoop besit, wat voorwerpe ses miljoen keer kan vergroot, sal hy met behulp van sodanige mikroskoop in een enkele waterdruppel ‘n ongelooflike hoeveelheid van die mees seldsame dierlike gestaltes ontdek. Hierdie gestaltes is niks anders as draers van verskillende en afsonderlike sielintelligensies nie, wat voortdurend vyandig teenoor mekaar optree, mekaar gryp en skynbaar vernietig; maar in hulle plek tree dan netnou ‘n nuwe gestalte, wat al die voriges in hom verenig en dit voorts opeet. Is sodanige gestalte voldoende versadig, dan kom dit tot rus en sink na die bodem.
10] Maar wanneer dan ‘n ontelbare aantal sulke gestaltes tot rus en tot sink gekom het, dan kleef hulle in rus as hoogs verwante wesens vas aanmekaar, en sien, daaruit word vir julle oog ‘n skynbaar dooie materie. Alleen dit is dit nie: dit is net ‘n aantal van gevange afsonderlike sielintelligensies, wat, weer opgelos, lewendig word en verbind kan word tot ander vorms, watter werk - soos julle alreeds weet - ons reeds welbekende geeste verrig, soos ons hulle in die planteryk in hul aktiwiteit afgeluister het.
11] En nadat ons hierdie voorbereiding deeglik afgehandel het, sal ons onsself vervolgens na die diereryk begewe en sien, hoe daar die geeste werksaam is.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 47: Die samestelling van sielintelligensiespesifikums (vervolg...)

01] Dit is soms nie onnodig nie, om die volgende des te meer aanskoulik en begryplik te maak, om in herinnering te roep dit, wat alreeds gesê is; en sodoende wil ons ook oor die verskillende kwaliteits- verhoudinge van die sielintelligensiespesifikums uit die drie ryke nog iets byvoeg. Hierbo is die volgende gesê:

02] Wanneer in die materie, in die metaal- of mineraleryk, tien tot twintig sielintelligensies voorkom, dan kom daar in die planteryk duisend tot duisend maal duisend voor, in die diereryk op ‘n hoër vlak miljoen- en miljoen maal miljoen, maar in die mens is daar ‘n oneindige aantal. Dat dit werklik die geval is, wil ons deur ‘n vergelykende voorbeeld nader voor oë plaas.
03] Jy kan die yster gloeiend maak, dit bewerk, dit, wat eers voor was, kan weggeneem word en weer agter vasgesweis word en ander soortgelyke veranderinge, - en die yster bly yster later soos voorheen; dieselfde geval is dit met ander metale.
04] Die gesteentes staan reeds ‘n bietjie nader aan die planteryk, het ook reeds meer sielspesifikums as die metale, en hoe meer veelvoudig saamgestel, des te meer edel en veelvoudig met betrekking tot die intelligensies, - daarom, wanneer dit gebreek word, dit nie so maklik in sy oorspronklike komplete toestand herstel kan word nie. Dit bly nog steeds as verbrokkelde dele van ‘n voorheen komplete gesteente dieselfde materie, maar kan nie, soos die metale, deur vuur, tot een en dieselfde materiële massa saamgevoeg word nie; want die vuur plaas dit alreeds in ‘n heel ander toestand, wat nie gelyk is aan die oorspronklike nie.
05] Die oorsaak van hierdie verskynsel is die groter aantal sielintelligensiespesifikums, wat alreeds in ‘n groter ordelikheid moet verenig as by die metale; en word hierdie ordelikheid deur enige iets versteur, waardeur of waarby daar verskeie intelligensies weggeneem word, dan word die materie nie meer dieselfde, as voorheen nie.
06] Neem nou ‘n kalksteen in sy natuurlike en dan gebrande toestand. In die natuurlike toestand kan dit vir ‘n duisend jaar in water lê, en dit sal nie net nie oplos nie, maar sal net nog vaster word, omdat in die water verskeie sielspesifikums daarmee verenig. Maar gooi ‘n gebrande kalksteen in water, dan sal dit binne enkele minute in ‘n wit pappery oplos. Die oorsaak van hierdie verskynsel is, omdat deur die vuur ‘n sekere aantal sielspesifikums ontsnap het, wat voorheen aan die gesteente digtheid en vastigheid gegee het; kom dan nog water daarby, dan word daardeur nog meer sielspesifikums vry, en die paar wat nog hou verloor die nodige bindingskrag en val dan as ‘n pappery uitmekaar. Word die water weer uit die pappery onttrek, dan tree weer sommige van die vrye sielspesifikums in die pappery terug en bewerkstellig, dat die pappery weer ‘n groter vastigheid verkry, op grond waarvan dit dan ook by messelwerke as bindingsmateriaal gebruik word.
07] Uit hierdie voorbeeld het ons nou gesien, dat gesteentes nie meer soos metale gemanipuleer kan word, sonder om hul vorige eienskap te verloor nie. Nog meer is dit met klei die geval, wat, wanneer dit eers eenmaal gebrand is, geheel en al sy vorige eienskap verloor; want uit ‘n goed gebakte teël kan nooit weer kleigrond ontstaan nie, nog minder ‘n sogenaamde kleimika. Maar meer nog as klei is leem gevoeliger; want ‘n leemkoek, in vuur geplaas, verbrand byna soos turf of steenkool; dit is net van toepassig op suiwer leem. Maar leem kan nog steeds deur water sag gemaak en in verskillende vorms geknie word en bly nog steeds leem, wat ook by klei die geval is.
08] Maar watter heel ander geval is dit reeds by ‘n baie eenvoudige plant; daar heers alreeds so ‘n vaste ordelikheid, dat dit ook nêrens net met een atoom verskuif mag word nie, sonder om die toestand van die plant skade te doen nie. Die rede lê daarin, omdat in die plant, selfs van die mees eenvoudige soort,
reeds alle sielspesifikums goed georden teenwoordig moet wees, wat andersins in die hele mineraleryk verskillend verdeel en afsonderlik aangetref kan word.
09] Neem ons byvoorbeeld ‘n mosplantjie, of selfs ‘n vandag tot môre groeiende swam. Daar kan nie dit, wat in die wortel is, die stingel vorm nie, en selfs in die wortel is daar alreeds ‘n baie vaste ordelikheid, dat een sielspesifikumtjie, wat teen die middag (dit is ‘n suidelike rigting) in die wortel bedrywig is, teen middernag (noordelike rigting) by die verkeerde plek sou wees en in die gewas so baie verwarring bewerkstellig, dat dit sou verdor en sterf.
10] Daarom moet ook die tuiniers, wanneer hulle bome wil herplant, die presiese kompasrigtings merk, waaronder ‘n boom met sy wortels en takke van te vore gestaan het; want word hierdie ordelikheid verdraai, dan sal die hergeplante boompie ‘of baie moeilik of glad nie groei nie, en dit daarom nie, omdat tussen die noordelike en suidelike sielspesifikums ‘n beduidende verskil is. Besonders gevoelig is in hierdie opsig die naaldbome. Wanneer by hulle die hemelstreke nie geraak word nie, dan verdor hulle. Dieselfde is ook by inentings die geval. ‘n Inentingstak van ‘n noordelike tak op ‘n suidelike tak van ‘n boom in te ent, sal altyd verdor, omdat die sielspesifikums nie homogeen is nie.
11] Hieruit kan julle sien, met watter groot presiesheid die ordelikheid met betrekking tot rigting van die sielspesifikums gehandhaaf moet word; want daar het elke atoomgrootte plekkie van ‘n blaar alreeds ‘n ander sielspesifikum, wat wel met sy buurman ‘n baie groot verwantskap het, maar nog steeds nie dieselfde is nie. Want sou dit nie die geval wees nie, dan sou nooit ‘n blaar saamgestel kon word nie; en wie dit wil betwyfel, moet net probeer om ‘n ronde stuk van ‘n blaar uit te sny en dit in ‘n gelyk grootte gat van dieselfde blaar te plaas, en hy sal oortuig word, dat daar nooit ‘n verbinding kan plaasvind nie. Ja, Ek sê vir julle, daar is alreeds sodanige groot ordelikheid teenwoordig, dat geen menslike wysheid dit ooit in sy volheid kan verstaan nie, solank as wat die gees van die mens in sy sterflike omhulsel woon. En hoe verder in die plant se buitenste punte beweeg word, hoe groter is die getal van sielintelligensies en hoe meer onveranderbaar die orde, wat juis in die takke, in besonder van jong bome nog nie sodanig ontwikkel is nie, - waarom hulle ook oorgeplant of ingeënt kan word.
12] Maar wanneer reeds by die plante sodanige groot orde gehandhaaf moet word, sodat hulle dit word, wat hulle moet wees, naamlik verskillende verlossingsinstellings ter bevryding van sielintelligensies -, hoe groot moet dan eers die orde daar wees, waar die planteryk in die diereryk oorgaan!
13] Om hierdie ordelikheid so deeglik as moontlik in te sien, sal ons vervolgens met behulp van verskeie aanskoulike voorbeelde die saak belig en die werksaamheid en wysheid van die hierby aangestelde sakeleidende geeste bewonder.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 48: Die grense tussen die natuurryke (12-5-1847)

01] Tot op die huidige uur het die wetenskaplikes dit nog nie vasgestel, waar die mineraleryk oorgaan na die planteryk en dit weer oorgaan na die diereryk nie, of: Waar hou die een ryk op en waar begin die ander? Waar is daar die laaste volmaakte plant, waarna geen hoër plantvlak meer aangetref word nie, maar onmiddelik die eerste, natuurlik baie onvolmaakte dier in sy plek tree?

02] Sien, dit is dinge, wat tot nou toe nog in groot duisternis gehul is; want daar bestaan op die aardoppervlakte ‘n groot aantal plante, wat eerder ‘n dieragtige as ‘n plantagtige geaardheid het, en weer is daar diere, wat by verre eerder soos ‘n plant as ‘n dier lyk. Ook bestaan daar minerale, wat eerder vir plante as vir minerale gehou kan word, en weer bestaan daar plante wat eerder vir minerale as vir plante gehou kan word; en so bestaan daar ook baie diere, wat nog plantagtige ledemate dra, en weer bestaan daar plante, waaruit byna ‘n goed ontwikkelde dier na vore kom.
03] Aangesien die saak so staan, sal elkeen maklik kan insien, dat ‘n presiese grensbepaling vir elke wetenskaplike ‘n uiters moeilike stukkie werk sal wees, en dit hoofsaaklik op grond van die rede, omdat daar nog ‘n baie groot aantal plantsoorte bestaan, wat nie aan die wetenskaplikes bekend is nie, en wat beswaarlik ooit aan hulle bekend sal word; want die grootste aantal van die merkwaardigste plante en diere groei en woon in die dieptes van die see. Maar die groot ondersese vlaktes is vir die plant- en dierkundiges ietwat moeilik toeganklik, waarom dit ook moeilik sal wees om met die diere en plante van daardie vogtige bodem kennis te maak.
04] Daarby bestaan daar ook nog ‘n groot aantal diere en plante op die aardoppervlakte self, wat derhalwe aan die wetenskaplikes onbekend is, omdat daardie, vir hulle navorsingsgees ietwat ongemaklik geleë landstreke self nog nie aan hulle bekend is nie.
05] Die wetenskaplikes wonder reeds oor korale, en tog is dit nie ‘n uitgemaakte saak, of dit tot die mineraal-, plante- of diereryk behoort nie; want elke wetenskaplike weet, dat die korale deur ‘n soort wurmpie gevorm word, wat baie klein is, aanmekaar vas kleef en dus ‘n koraaltak bou. Die wurmpies is beslis diere; maar wanneer hulle verhard, dan is hulle massa so vas soos ‘n edelgesteente. Maar die vorm, waarin hierdie diertjies deur hulle vasklewery mettertyd uitbou, lyk soos ‘n boom wat sy blare verloor het, wat dik takke, dun takke en heel klein takke het. Dus is hierdie gewas volgens sy gedrag ‘n diervolume wat uit tallose diere bestaan, as massa ‘n mineraal en op grond van sy voorkoms ‘n boompie.
06] Wat dus ‘n koraal werklik is, sal nie maklik met een begrip beskryf kan word nie; maar dat die koraal dit is, as wat dit van te vore aangedui was, kan elkeen maklik insien en aanneem: dus gedeeltelik ‘n dier, gedeeltelik ‘n mineraal en gedeeltelik ‘n plant.
07] Soortgelyk soos hierdie gewas is ook die verskillende metaalbloeisels, wat almal op presies dieselfde manier onstaan. Maar in die see bestaan daar nog ‘n groot aantal klein en groot diere, wat nog meer as die koraal die drie ryke oënskynlik insluit.
08] As voorbeeld beskou ons nou die groot seedraak (see-ongedierte). Dit is wel die grootste dier op aarde; want dit is in sy vol uitgegroeide toestand meer as vyfhonderd vame lank en ongeveer eenhonderd vame breed en dik. Hierdie dier het geen vasgestelde vorm nie, maar lyk, wanneer dit soms na die oppervlakte van die see kom, soos ‘n taamlike lomp eiland, wat hier en daar aansienlik dig toegegroei is met plante. Op die rug groei daar nie selde nie mos, seegras en selfs klein seeboompies, wat selfs ‘n ronde, rooi vrug dra, wat julle alreeds dikwels gesien het, vernaamlik by die goudwerkers, wat hierdie vrug in goud set en dit as versiering van ‘n horlosieband verkoop.
09] Hierdie vrug, wat dikwels by die oewer van die see vry drywend aangetref word, groei meestal en word ryp op die rug van ons seedraak, wat net deur ‘n bose ondersese weer na die oppervlakte van die see gedryf word. Naas hierdie gewas word nog ‘n groot hoeveelheid rooi, rotsagtige bulte op die rug van hierdie dier aangetref, wat nie selde nie afgegooi word en dan vir ‘n tyd lank, solank dit nog nie heeltemal verhard het nie, nes donkerrooi puimsteen op die oppervlakte van die see ronddryf en dikwels op sommige see-oewers, maar soms ook op land waar daar op ‘n stadium die see was, onder die naam ‘draakbloed’ opgetel kan word. Hierdie draakbloed is baie soortgelyk met die rooi ystersteen, maar soms ook met die kwik houdende peritomiese horingblende. Hierdie bloed is volkome ‘n mineraal, wat net enig en alleen natuurlik op die rug van hierdie dier voorkom.
10] Volgens sy voorkoms is hierdie dier dus te gelyker tyd ‘n plant en ‘n mineraal; maar wanneer per ongeluk ‘n skip, of soms ook meer as een skip, bokant die rug van hierdie ongelooflike dier beland, dan duik die dier vinnig opwaarts, tel die skepe tot bokant die see-oppervlakte op, sodat hulle om dop, en onderstebo op sy rug lê, en dus nie meer van hierdie bodem van ‘n versekerde ondergang kan vlug nie; want wanneer die dier eenmaal waargeneem het, dat die skepe onderste bo op sy rug lê, dan lig dit van alle kante duisend spierwit arms op, nes groot olifantslurpe, tot ‘n hoogte van dertig vame en ‘n dikte van nie selde as agt skoene in deursnee nie.
11] Het dit eers eenmaal, soos ‘n slak sy voelhorings, ver genoeg uitgestrek, dan buig dit hierdie vreeslike arms na die skepe, wat op sy rug lê, af, vergruis dit in ‘n oomblik, dra dan met sy duisend arms die vergruisde skepe in sy buitengewoon wye bek en eet dus op hierdie manier die skepe, met alles wat daarin was. In sy maag is daar sodanige sterk verteringskrag, waarteen niks kan weerstaan nie; klippe, metale, hout, selfs diamante sal geheel en al verteer word, sodat daar nie die geringste bietjie sal oorbly nie.
12] Maar omdat hierdie dier so ‘n groot verskeidenheid kan verteer, is dit ook verstaanbaar, dat op sy oppervlakte, soos op die oppervlakte van ‘n klein waterplaneet, ‘n groot hoeveelheid vegetariese en mineraalagtige uitgroeisels ten voorskyn kom.
13] Dan kon ook gevra word, by watter ryk hierdie dier ingedeel moet word: by die diere-, plante- of mineraleryk? Want volgens sy voorkoms lyk dit soos ‘n mineraal, soos ‘n stuk aarde of ‘n stuk land, waarop ‘n digte, verskeidenheid plantegroei voorkom; maar aangesien op hierdie wese verskeie plante voorkom, kon ‘n mens dit ook vir ‘n groot seeplantwortelbol hou of vir ‘n oorgroot, ondersese mimosa, wat daar skepe, soos die klein mimosa op land enkele insekte, vang en dan in sy blommekelkiebek aftrek.
14] Wanneer iemand hierdie punte werklik krities belig, dan sal dit vir hom net so moeilik wees, hierdie wese in ‘n sekere ryk in te deel, soos wat dit vir elke wetenskaplike sal moeilik wees, om die aarde self in ‘n sekere kategorie in te deel. Want die aarde self is volgens alle aanduidings tog ‘n mineraal, omdat dit op sy rug sodanige groot hoeveelheid minerale produseer; maar dit is net so ‘n plant, omdat dit so baie plante dra, en nog meer is dit ‘n dier, omdat dit ‘n ongelooflike verskeidenheid dierelewe produseer.
15] Uit al hierdie word daar iets, natuurlik vir julle op die eerste oogopslag wat vreemd is duidelik. Want in die oorsprong van die oorsprong bestaan daar geen minerale-, n g ‘n plante-, n g ‘n diereryk as afsonderlike kategorie nie, maar in totaliteit bestaan daar net een ryk, en dit is die waterryk in allerlei vorme, en alles is oorspronklik dier en nie mineraal of plant nie. Daarin lê die oorsaak, waarom die onderskeidingstekens tussen die drie vermeende ryke voortdurend op los en onvaste voete staan.
16] Net met betrekking tot die volgorde van opgang van die wesens is sekere vlakke geplaas, wat elkeen maklik as afgesonder kan waarneem; want wie ‘n rots nie van ‘n boom, ‘n boom nie van ‘n os en uiteindelik ‘n os nie van ‘n donkie kan onderskei nie, by hom is - soos julle gewoond is om te sê - doop en chrisma (gewyde olie) tot niet, en met die sterrekunde sal hy moeilik vaar en nog moeiliker met ons teorie oor die geestelike aarde.
17] Maar aangesien ons dit nou weet, sal dit nou vir ons al hoe makliker word, om die werksaamhede van die reeds genoemde geeste af te luister.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 49: Die siel van diere en die invloed van geeste daarop

01] Soos die geeste by die minerale- en planteryk die spesifieke sielintelligensies tot een wese orden, en soos hulle die sideriese en telluriese met mekaar verbind, het ons reeds voldoende afgehandel; daar bly dus net nog oor om die oorgang of dan eintlik die wording van die dier uit die voorafgaande ryke te beskou en waar te neem, wat alles hier deur die geeste self waargeneem en gedoen moet word.

02] In elke dier is daar reeds tot ‘n minder of meerder mate ‘n vol ontwikkelde siel teenwoordig, wat deur die altyd omringende sogenaamde senuweegees in sy liggaam, wat nog growwe materie is, werksaam is. En dit is ook die hoofonderskeid tussen die diere- en plante- en nog meer die mineraleryk: naamlik dat die dier reeds ‘n vrye siel het, terwyl dit in die plante- en besonders in die mineraleryk nog met die materie sodanig verweef en gedeel is soos die wyngees in ‘n druiwekorrel, daarom iemand baie druiwe kan eet sonder om bedwelmd te raak, terwyl die alkohol uit twintig druiwe voldoende is, om tien mense onder die invloed te plaas. Vanselfsprekend word hier van groot, goeie en ryp druiwe gepraat.
03] Waar in die druif is hierdie spiritus, hierdie vurig geestelike eter, teenwoordig? - In die druif is dit nog verdeel en kan geen uitwerking toon, aangesien in elke druiwesapkorreltjie onder duisend sielintelligensie-eenhede ook een sodanige eteriese spesifikum bygemeng is. Maar wanneer deur ‘n aan julle bekende skeidingsapparaat hierdie afsonderlike spesifikum van die ander spesifikums onttrek word en in ‘n houer versamel word, dan begin dit eers om sy krag te wys.
04] Dieselfde is dus die geval met ‘n dieresiel. Dit is ‘n versameling van ‘n groot hoeveelheid eteriese substansiële spesifikums, wat alreeds in so ver ‘n intelligente vrye wese vorm, hoe meervoudig hulle tot juis hierdie wese verenig het.
05] Wanneer diere tot die verwekkingsdaad oorgaan, dan dryf die geeste deur hulle wil hierdie psigiese dierewesens in die materiële geslagsorgane van die diere en omsluit dit in die oomblik van die voortplantingsdaad met ‘n materiële velletjie; binne hierdie velletjie word dan die psige aktief en begin, volgens die volledigheid van sy intelligensie homself te orden.
06] Het die siel of die psige in hierdie eerste woonplek en in homself ‘n sekere ordelikheid geskep, dan sorg die geeste, dat hierdie psige deur nuwe, eie daartoe ontwikkelde organe uit die moederliggaam die ooreenkomstige voeding en daarmee saam die boumateriaal vir haar toekomstige liggaam ontvang, wat sy moet bewoon en waardeur sy moet werksaam wees.
07] Hierdie liggaam bou die siel self; vanselfsprekend onder die voortdurende leiding van die geeste, wat in die proses geen hand nie, maar bloot net hulle wil in werking stel.
08] Die ontwikkeling van die liggaam vind op die volgende wyse plaas:
09] Die eteries substansiële psige moet eers haar intelligensies orden, of die intelligensies orden hulle eintlik vanself volgens die’ in hulle wonende wette van assimilasie (soort soek soort), waar swart een word met swart, wit met wit, rooi met rooi, groen met groen, blou met blou, hard met hard, sag met sag, taaiheid met taaiheid, soet met soet, bitter met bitter, suur met suur, lig met lig, ens. Maar aangesien elke sodanige eteriese en nou reeds substansiële intelligensiespesifikum ‘n volmaakte idee in hom dra, watter idee homself in ‘n sekere vorm manifesteer, gaan hierdie eienskap van die siel gedurende die ontwikkelingsperiode van die liggaam in juis die liggaam oor, en die liggaam is dan na sy voltooide ontwikkeling niks anders nie as die tipiese vorm van die siel, soos wat dit tydens die voortplantingsdaad in die moederliggaam van ‘n dier in die oomblik van verwekking geplaas was.
10] Wanneer die vorm in die moederliggaam eers eenmaal volledig ontwikkel is, sodanig dat die siel homself volgens sy eie gestalte so te sê in die vorm van die liggaam hergemanifesteer het, dan het sy vir ‘n sekere tyd rus, en die liggaam ontwikkel dan verder deur voortdurend voeding uit die moederliggaam op te neem, natuurlik met die ondersteuning van die siel in so ver, waar sy dan bloot in die hoofingewande met haar nuwe werksaamhede begin.
11] Daar begin dan nou die polsslag, en die sappe begin om in die nuwe liggaam te sirkuleer; die nuwe voeding word dan in die maag opgeneem, wat dan met die verteringsaksie begin.
12] In hierdie tyd word dan die sogenaamde fetus (liggaamsvrug) in die moederliggaam liggaamlik lewendig.
13] Wanneer dan die liggaam deur hierdie proses gereël is, alle organe opgemaak is, die polsslag en vertering in ‘n aaneenlopende werking gestel is, die senuwees versadig is en in hulle ‘n sielsverwante senuweegees deur ‘n eiesoortige , elektromagnetiese gissingsproses ontwikkel het, dan kom weer geeste met hulle wil by, ontbind die bande tussen die fetus en die moederliggaam en dryf dan die nuwe wese uit die moederliggaam uit, wat dan die geboorte is.
14] Na die geboorte moet die nuutgeborene dier nog vir ‘n kort tyd uit die moederliggaam gevoed word, soos byvoorbeeld by die soogdiere deur melk, by voëls deur die oorslyming van kos, waarmee die ouers die kleintjies in hulle neste voed, by water amfibiese diere ook deur ‘n soort slym, wat hulle in die water in die vorm van ‘n melkerige vorm afskei en by die amfibiese diere op land deur ‘n sap, wat die ouers hetsy deur nippels of dan ook deur die bek laat uitvloei. Met behulp van hierdie voeding word die liggaam dan verder ontwikkel, totdat hy dan die’ vir hom bestemde voedsel self kan soek, vind en dit kan verteer.
15] Vanaf die oomblik, wanneer die liggaam sy eie voedsel vrylik kan vind en geniet, begin die psige wat in hom woon volgens die leiding van die geeste die materiële spesifika van die liggaam na ‘n substansiële vorm te omskep en ontwikkel dan op hierdie wyse gedurende die lewensduurte van die liggaam tot ‘n volwasse en ook meer volmaakte siel, wat, wanneer dit in die liggaam die hoogsmoontlike ontwikkeling bereik het, die liggaam mettertyd meer en meer verontagsaam.
16] Deur hierdie verontagsaming gaan die liggaam meer en meer agteruit, totdat dit vir die siel lastig en vir verdere werksaamheid onbruikbaar geword het, wat wel vir die siel deur die senuweegees pyn veroorsaak, watter pyn egter daartoe bydra, dat die siel haarself van hierdie las uiteindelik heeltemal verlos; dan val die liggaam soos dood en bewegingsloos neer, maar die siel word dan weer vry, word deur die geeste weer gevang en by die voortplanting van ‘n hoër vlak van dieresoorte ingeryg, waar dit dan op ‘n soortgelyke manier, soos wat dit tot nou toe beskryf was, net meer ingewikkelder, werksaam word.
17] Maar die spesifika van die liggaam wat afgelê is, moet weer opgelos word, omdat dit nog nie in ‘n spesifieke, maar in ‘n noodgedwonge ordelikheid van die siel saamgepers was. Deur die herhaaldelike oplossing word dit dan in ‘n meer bepaalde orde geplaas en vorm in die verloop van opgaande dierevlakke die vroulike psige, terwyl die vrye, eintlike psige, waarvan daar tot nou toe gepraat was, die manlike is; en so gebeur dit dat “Eva” orals uit die rib van die man ontstaan.
18] ‘n Mens kan hier natuurlik die vraag vra: Wat gebeur dan met die spesifika van vroulike liggame? -
19] Dit word met die manlike verenig; deur hierdie vereniging word dit dan eers in die volgende vlak in staat gestel, om in homself vroulike sowel as manlike eienskappe te ontwikkel. Want dat uit een en dieselfde moederliggaam manlike en vroulike kan voortgaan, hoof nie meer genoem te word nie; want soveel dierekennis het tog elkeen van julle reeds opgedoen.
20] Maar indien die moeder nie gelyktydig vroulike en manlike spesifika in haar liggaam sou verenig nie, hoe sou sy dan die vroulike en hoe die manlike kon voed? Ek meen, hierdie saak is reeds so duidelik, dat dit letterlik leë praatjies sou wees, om nog meer daaroor te sê, en belaglik en uitermate vervelig wees, as Ek spesifiek alles deur woorde vir julle moet wys, hoe die voëls vere groei, die sog varkhare, die os horings en die esel die lang ore; want dit alles lê in die ordelikheid van die siel, soos sy haar intelligensies op bogenoemde wyse volgens die wette van assimilasie orden.
21] Maar aangesien ons nou die werksaamhede van geeste ook by hierdie ryk - alhoewel net deur enkele aanduidings, maar nogtans duidelik genoeg - gesien het, sal ons vervolgens nog die oorgang na die mens beskou en daarna ‘n bietjie dieper in die aarde kyk, dit beteken in die geestelike aarde.


DIE NATUURLIKE AARDE

Geopenbaar aan Jakob Lorber

Hoofstuk 50: Die invloed van geeste tydens die verwekkingsdaad by die mens

01] Daar is vir julle alreeds oor die wese van die mens, sy siel en gees so baie gesê, dat julle so te sê byna die meeste daarvan weet, wat die hele wese van die mens betref; ook die verwekking is vir julle op verskillende maniere gewys. Daar bly net nog oor, om julle die invloed van die geeste te wys, wat hulle by die verwekking van die mens uitoefen.

02] Wat die materiële skepping behels, onderskei dit nie veel of selfs glad nie van die algemeen dierlike nie; die onderskeid lê meer in die innerlike.
03] Die siel moet natuurlikerwys reeds voor die verwekking volledig daar wees, dit beteken sy moet alle substansiële sielspesifikums in haar verenig, wat andersins oor die ganse heelal versprei is en aan haar van alle kante af toegevoer moet word.
04] ‘n Sodanig volmaakte substansiële samevoeging van sielspesifikums is dan reeds die siel; net is die sielspesifikums daarin so te sê chaoties ondermekaar vermeng, sodat gesê kan word: Die siel is voor die verwekking ‘n bondel, ‘n sogenaamde Gordiaanse knoop, wat eers ontknoop moet word, om ‘n vorm aan te neem. Die ontknoping van hierdie knoop begin juis met die daad van verwekking; want daar word hierdie Gordiaanse sielsknoop in die liggaam van die moeder geplaas en omhul.
05] Binne in hierdie omhulsel begin dan die korresponderende intelligensies om mekaar te erken, mekaar te nader en met mekaar te verbind. Sodat hulle dit kan doen, verskaf die geeste aan hulle lig in die omhulsel, ‘n lig waarin die substansiële sielintelligensies mekaar erken, uitsorteer, mekaar nader, gryp en verbind, en dit alles op aandrang van die’ geeste, aan wie hierdie saak toevertrou is. Hierdie geeste egter is dit, wat julle ‘beskermgeeste’ noem, en dit is engele en groot engele, wat daar ‘n invloed het; en daar bestaan geen mens, wat nie ten minste drie beskermgeeste, twee engele en een groot engel het nie, waaroor daar nog ‘n sewende Engel waak, wat julle alreeds ken!
06] Hierdie beskermgeeste en engele is vanaf die oomblik van die verwekkingsdaad voortaan by die nuutverwekte siel en sorg onophoudelik vir die ordelike ontwikkeling daarvan.
07] Het die siel eenmaal in sy omhulsel die menslike vorm weer aangeneem, dan word daaraan uit die moeder se liggaam ooreenkomstige sielspesifikums toegevoer. Die siel gebruik hierdie sielspesifikums vir sy eie vaste verbinding van intelligensies.
08] Het dit gebeur, dan stroom uit die moeder se liggaam reeds weer ander en nuwe sielspesifikums na die plek van nuwe menswording in die liggaam van die moeder; hulle word dan reeds vir die vorming van die senuwees aangewend. Die senuwees is so te sê garing en toue, wat van die siel orals aangegryp en getrek kan word, om daardeur aan die daaropvolgende lewe juis deur middel van hierdie garings en toue elke moontlike beweging te kan gee.
09] Is die senuwees in hul grondtrekke en verbindings klaar, dan stroom reeds weer nuwe sielspesifikums daarheen. Hulle word vir die vorming van die ingewande aangestel; en is die hoofingewande in die eerste organiese grondtrekke daargestel, dan word hulle onmiddelik met die hoofsenuwees verbind.
10] Na hierdie werk volg dan reeds weer met bietjie ander sielspesifikums die volledige ontwikkeling van die ingewande. Maar omdat in die kop natuurlik die meeste senuwees bymekaar kom, en dit hoofsaaklik in die agterkop, waarin ook die siel sy kop het, dan begin gelyktydig met die vorming van die ingewande ook die vorming van die kop, wat die ooreenkomstige beeld van die siel is, omdat alle intelligensie van die siel deur sekere hoofuitstralings in die kop gekonsentreer word. En omdat die oë die mees volmaakte simbool van intelligensie is, sal ook die kop en in besonder die oë eerste sigbaar wees; want in die oë stroom alle uitstralings van die afsonderlike intelligensies van die siel deurmekaar en vorm deur juis hierdie deurmekaarstrome die natuurlike sigkrag van die siel, deur middel waarvan sy die buitewêreld in haar self kan laat inkyk.
11] Is die siel met hierdie werk deur die wilshulp van die geeste klaar, dan sal weer nuwe sielspesifikums aan haar toegedeel word; uit hulle word dan allerlei dinge van die menslike liggaam georden. Dit benodig hier nie om te maak of skep nie; die saak verloop van self, wanneer daar net die weg na ordelikheid aangewys is. En sodoende word hier vleis, kraakbeen, spiere, senings, are en bene gevorm, en verbind dit met mekaar, wat tot een en dieselfde behoort; die rigting sou net foutief wees, en daardeur ook die vorm, wanneer die geeste aan die sielintelligensiespesifikums deur hul wyse wilskrag nie die regte pad sou aanwys nie, wat soms kan gebeur, wanneer die moeder, wat sodanige kind in haar dra, in haar gemoed by tye haarself in die hel begewe, waar vanselfsprekend My goeie geeste en engele nie die volle werksame funksies kan verrig nie. Die gevolg van sulke euwels is gewoonlik ‘n misgeboorte of soms selfs ‘n invoegeling uit die hel, wat die sogenaamde gewone volk ‘n ‘misbaksel’ noem, - daarom dit elke moeder aanbeveel word, om haar gedurende die swangerskap so Christelik deugsaam as moontlik te gedra.