VERDUIDELIKING VAN SKRIFGEDEELTES UIT DIE BYBEL EN GESKIEDKUNDIGE
AGTERGROND TOT DIE ONSTAAN VAN DIE NUWE TESTAMENT
(Uittreksel van “Gawes uit die Hemel” - Band 3)
Geopenbaar aan Jakob Lorber
Lazarus (26/6/1847)
01] Asseblief o Here, Jy, die heilige liefdevolste Vader! Indien dit Jou heilige wil is, dan maak ons harte bly deur vir ons ‘n beskrywing van Jou vriend Lazarus, die broer van Maria en Martha te gee, vir wie jy - tot ergernis van die geestelike maghebbers in Jerusalem - van die dood opgewek het, en met wie Jy na sy opwekking aan tafel gesit het. -
02] My liewe "Woordywerig", jy is tog nie ‘n portretkunstenaar, sodat jy spesifiek ‘n liggaamlike beskrywing van Lazarus, ‘n broer van Maria en Martha, van My vereis nie! Maar terwyl jy vir My daaroor gevra het, dan kan Ek dit mos vir jou gee. Sien Lazarus het baie dieselfde soos jou broer Andreas gelyk, net was hy by tien jaar jonger (as jou broer nou, 1847) en was volgens sy uiterlike besittings nog baie ryker as jou broer, en sy hart het nog meer aan die uiterlike glans van rykdom gehang as die hart van jou broer, wat egter by tye ook baie sterk daaraan hang, dikwels heelwat sterker as aan My.
03] Lazarus het met sy twee susters uiters groot rykdom besit en het dit baie goed bestuur. Hy was daarby baie regverdig en hoogs konsensieus en het die buitebesigheid met dieselfde sorgvuldigheid gehandhaaf soos sy suster Martha die huislike aangeleenthede.
04] Hy was ‘n man wat die wet volkome geken het en het ook as ‘n egte Jood streng daarvolgens geleef, het ook groot verwagtinge gekoester oor die komende Messias, maar het van Hom net soos al die ander Jode ‘n baie materiële voorstelling gehad.
05] Maar ten spyte daarvan het hy nog steeds groot stukke op Jesum gehou, d.w.s. dus op My, en het vir My na Elia vir die grootste Profeet beskou, soms ook hoër as Elia. Hy het baie vreugde oor My gehad, en wanneer Ek na hom toe gekom het, dan het hy alle besigheid op sy geskuif en het al sy tyd net aan My spandeer, het baie graag die Profete bespreek en in besonder die koms van die Messias. - Net kon hy dit nie so reg verstaan en volledig aanvaar nie, dat Ek die beloofde Messias moes wees, aangesien Ek aards gesproke veels te arm was, wat die rede was waarom hy meer as eenmaal aan My die voorstel gemaak het, dat, indien Ek werklik die Messias sou wees en as sulks aardse skatte sou benodig, vir My sy hele groot rykdom ten volle tot beskikking sou wees.
06] Maar nadat Ek hom van die dode opgewek het, en hy vir My weer met ‘n nuwe lewe herken het, het al sy twyfel oor my Messias-status gewyk, en het hy openlik in My vir God geprys, tot die grootste ergernis van die skrifgeleerdes en die fariseërs. Maar daarom is hy, in besonder na My - vir die hoëpriesters uiters ergerlike opstanding - juis deur die hoëpriesters, fariseërs en skrifgeleerdes sodanig vervolg, dat hy ‘n paar jaar later al sy goedere aan die Romeine verkoop het, en dan met sy twee susters na Egipte getrek het, waar hy in totale oorgawe tot My geleef het, baie Egiptenare tot ware Christene gemaak het, en in die boonste Agteregipte ‘n gemeente gestig het, wat vandag nog bestaan.
07] Maar Lazarus was reeds te alle tye (d.w.s. ook voorheen uiters weldadig en het baie feesmaaltye gehou, meer vir die armes as vir die rykes, alhoewel laasgenoemde nie uitgesluit was nie. Daarby het hy sedelik gelewe terwyl hy ongetroud was, dieselfde ook sy twee susters, ten spyte daarvan dat hulle baie mooi en besonder ryk was. Maria het voordat sy vir My ontmoet het, wel ietwat meer geleef as Martha, maar toe sy vir My erken het, was onmiddelik die wêreld- en wellus in haar geblus, en in haar hart was langs My nie vir iets anders plek nie.
08] Indien jy Lazarus nou in sy volle persoonlikheid voor jou wil sien, dan stel vir jou jou broer in oud Joodse kleredrag voor, met ‘n donker bard, dan kan jy werklik ‘n volmaakte ewebeeld van hom laat teken. Meer kan Ek nie vir jou oor die persoonlikheid van hierdie betekenisvolle broeder sê nie, omdat jy net na sy persoonlikheid gevra het, maar wat ook goed is, en jy kan dit nuttig vir jou gebruik! Amen.
Pontius Pilatus (28/6/1847)
01] Dit is ‘n goeie vraag, wat ‘n goeie antwoord werd is, en dus sal ook die antwoord volg.
02] Pontius Pilatus, ‘n volmaakte Romein, was onder Tiberius opperhoof van die Jodeland en was in Jerusalem woonagtig.
03] Hierdie Romein, ‘n vyand van die uiters hoogmoedige Joodse priesterskap, het daarom alle mense, indien ook net in die geheim, met heel besondere welwillendheid beskou, wat by geleentheid in staat was om aan die bo alle mate gehate Joodse priesterkorps, die waarheid reguit in hulle gesigte kon slinger. En indien die priesterskap dan by hom hulle reg kom soek het, het hulle gewoonlik weinig of niks uitgerig nie, en moes meestal sonder dat die saak opgelos kon word in skande onttrek, wat ook die grootste rede was, waarom Pilatus en Herodes in aanhoudende vyandskap met mekaar geleef het. Want die hoë priesterskap het steeds met Herodes op goeie voet gestaan en het daarom ook nie gespaar, om Pilatus by Herodes verdag te maak nie.
04] Maar juis op grond van hierdie rede het die hoë priesterskap dikwels beraadslaag, hoe hulle vir My kan vang en effektief aan die Romeinse hof kan uitlewer; maar hulle kon nooit ‘n treffende rede vind nie.
05] Net toe Ek die bekende intog gehou het, kort daarna die handelaars uit die tempel gedryf het en vir Lazarus opgewek het en alle volk vir My Hosianna begin toejuig het, was dit vir die hoë priesterskap te veel. Toe het hulle ernstig besluit, om vir My te vang en aan Pilatus as ‘n staatsrebel uit te lewer; sou hy vir My veroordeel, dan sou hy ongeskore bly, maar indien hy vir My nie sou veroordeel nie, dan sou hulle (die priesterskap) vir hom by die keiser self as ‘n verdagte mens verkla, by watter onderneming Herodes hulle met vreugde sou ondersteun het. {mt.21,01-09; mk.11,01-10; lk.19,28-38; joh.12,12-19; mt.21,12-13; mk.11,15-17; lk.19,45-46}
06] Vir Pilatus het hierdie plan nie ‘n geheim gebly nie, hy het nie geweet, hoe hy daarteen moes voorbrand maak nie, daarom het hy by homself besluit, om hierdie saak af te wag. Maar terwyl hy nog met homself geredeneer het, wat hy moes doen, indien die hoë priesterskap hom met die berugte Jesus daadwerklik ‘n poets wou bak, sien, toe kom hulle al met die gevangene en het ‘n onmiddellike veroordeling geëis. - Pilatus, soos heel uit die wolke geval, - het natuurlik met ‘n donderstem gevra: "Watter misdaad het hierdie regverdige man, aan wie ek geen skuld kan vind nie - begaan?" Maar die priesterskap en hulle betaalde aanhang het nog tienmaal harder geskree: "Hy mislei die volk, hy is ‘n rebel, ‘n Sabbat oortreder, ‘n God lasteraar, en beskou homself as die Seun van die lewendige God! - Dit alles vereis volgens ons wette wat Rome respekteer, en ook volgens die Keiser se wette die doodstraf in die hoogste graad; daarom moet jy hom veroordeel, laat hom kruisig, of jy is die vyand van die Keiser!"
{ mt.27,02; mk.15,01; lk.23,01; joh.18,28*; lk.23,02}
07] Hierdie oproep het vir Pilatus laat huiwer, en hy het in alle erns nie geweet wat om te doen nie. Hier, het hy in alle haas by homself gedink, is niks anders te doen, as om tot sodanig onvoorsiene bose spel ‘n vriendelike gesig te maak en in die naam van die onverstaanbare fatum toe te gee, wat hierdie bo alles gehate priesterkorps van hom verwag. -
08] Maar dit was juis op hierdie tydstip toe sy vrou Tullia Innocentia hom laat roep het en het aan hom in die geheim vermeld, wat sy met duidelike oë gesien het, dat daardie Jesus, begelei deur tallose miljarde van die heerlikste engele, op die wolke van die hemel gesweef het. Almal het met ‘n donderstem geskree: "Heil aan ons groot God, heil die ewige, almagtige oorwinnaar van die dood en die hel! - maar wee Jerusalem! Wee julle wat daarin woon, julle lot sal die ewige dood en die ewige vernietiging wees, omdat julle Jesum nie erken het nie en het Hom veroordeel en gekruisig! Die alleen Regverdige van alle geregtigheid ewige eer, roem en alle heil!” Toe het hierdie Jesus na die aarde af gekyk, en sien, toe het die hele aarde ontbrand, en alles was ‘n vuur, en alles wat asem haal, was deur hierdie vuur verbrand. “Daarom, liewe Pilatus, moet niks met hierdie Regverdige te doen hê nie!"
09] Hierdie verhaal het op Pilatus, wat as Romein groot stukke op sodanige verskynsels gehou het, aansienlik laat twyfel, sodat hy by homself besluit het, om met Jesus niks verder meer te onderneem nie behalwe om hom aan die gereg van Herodes te oorhandig, wat ten opsigte van sodanige aangeleenthede ook ‘n jus gladii gehad het, waarvolgens hy ook vir Johannes kon laat onthoof. Maar Herodes het snuf in die neus gekry en het goed geweet, dat die volk as gevolg van Johannes opstandig teen hom was. Sou hy nou ook Christus laat dood maak, dan sou die volk hom verskeur; daarom het hy Jesus, vir wie baie as Christus (die Messias) gehou het, weer mooi terug na Pilatus gestuur. {lk.23.07; lk.23,11b}
10] Pilatus het nou deur alle moontlikhede probeer, om Jesus te bevry; maar alles was tevergeefs, totdat hy uiteindelik in hoogste verontrusting openlik sy hande gewas en gesê het: "Ek wil geen skuld aan die bloed van hierdie regverdige hê nie! Maar julle het self ‘n wet, neem hom en oordeel hom dan!" Toe skree die hoëpriesters: "Sy bloed kom oor ons en ons kinders! Maar ons mag ons hande nie met bloed besoedel nie, daarom gee vir ons Romeinse soldate!" {mt.27,24; mt.27,25}
11] Toe Pilatus dit verneem het , het hy aan die ou gebruik gedink, waarvolgens vir die Joodse volk op hulle Passahfees ‘n misdadiger vrygelaat moes word. Hy het dit dus nog ‘n keer na die skare van Jesusvyande gedraai en het beken, hoe hy aan Jesus, op grond van sodanige kort ondersoek, deurgaans geen skuld kon vind nie, en dat dit derhalwe nodig sal wees, om ‘n korrekte en regverdige oordeel te vel, om hierdie mens langer te verhoor en in alles deeglik te ondersoek. Terselfdertyd was dit in elk geval gebruik, om op die feesdag ‘n misdadiger vir die volk vry te laat; hy het dus nou Jesus, wie se skuld nog nie bewys is nie, en Barabbas, die berugte roofmoordenaar, as ‘n vrye keuse gestel, en het gevra wie hulle nou sou verkies? Maar almal het geskreeu: "Barabbas!". Maar dit was juis, wat Pilatus eintlik gewens het, omdat hy wel geweet het, dat hierdie opgewonde priesterskare nie vir Jesus wil laat vry laat nie. Hy het geglo dat dit enigste manier was om Jesus los te kry, deur Barabbas vry te laat, sodat Jesus in sy plek in die tronk moet kom. Mettertyd kon dan alles opgelos word; want eerstens sou dan vir die priesters hulle bekke toegestop wees en tweedens kon hy dan by die Romeinse Keiser beduidende hindernisse oprig, waardeur hulle moeilik sou kon breek! {mt.27,15; mt.27,15*; mk.15,06; lk.23,17; joh.18,39; mt.27,17 .21}
12] Die gedagte en wil van die opperhoof was goed. Maar toe die hele skare na vrylating van Barabbas net nog meer hardnekkig op ‘n kruisiging aangedring het en van Jesus se tronk-toe-gaanery niks wou hoor nie, en vir Pilatus ‘n lafaard genoem het, toe was hy in die hoogste graad verontrustig en het gesê: "Daar, julle ellendelinge! Neem julle misdadiger, wat meer regverdig is as julle dit is, en daar is die soldate! Gaan weg, maak met hom, wat julle wil, my getuienis oor hom en oor julle sal van my eiehandig volg!" - - Met hierdie woorde het hy weggegaan en het Jesus aan hulle oorgelaat, vir wie die priesterskap deur die soldate laat gryp en soos bekend laat kruisig het. {mt.27,26; mk.15,15; lk.23,24-25; joh.18,16}
13] Wat Pilatus verder gedoen het, is aan julle bekend, en dat hy die vriende van Jesus ondersteun het, met wat hulle ook al van hom gevra het. Maar dat Pilatus en sy vrou later in die geheim Christene geword het, en dat juis Pilatus baie daartoe bygedra het, deur sy baie noukeurige beskrywing van die baie verdagte Joodse priesterskap, dat binne die bestek van dertig jaar daarna Jerusalem van die Romeine totaal vernietig is, en die Jode in alle wêrelddele versprei is, dit sal nou net aan baie min mense op aarde bekend wees. - Maar dit is aan julle bekend gemaak, sodat julle nie der duisende en miljoene aaneen die arme Pilatus verdoem nie, alhoewel julle dit nou ook moet weet, wat alles volgens My ewige raadsbesluit moes gebeur, soos Ek dit ook vir die twee dissipels wat op pad na Emmaus was, heel openlik gesê het, om aan hulle te toon wat God wou gehad het, en hulle daarom hulle onbeperkte haat teenoor die priesters moet beteuel.
14] Julle haat nie juis vir Pilatus nie, ongeag dit wil hy vir julle nog steeds as ‘n ‘verdomde vent' voorkom, wat maklik vir My kon red, indien hy dit net ernstig wou gedoen het, maar dink nie daaraan, dat God beslis nie deur armsalige swak mense van enige gevaar gered kan word nie. Of glo julle in alle erns, dat Pilatus so iets kon gedoen het? Hom te red, wie die mere en winde gebied, en Hy wat die allenige redder van alle mense en geeste is? O sien, dit en nog ‘n paar ander dinge is by julle nog baie swak en nog taamlik sterk Babilonies (Rooms)! Die Skrif moes vervul word, en is daar aan die kruis vir almal, wat nie geweet het, wat hulle doen nie, vergewe; indien so, dan laat in toekoms die arme Pilatus ook ‘n bietjie lewe, as wat dit tot dusver by julle die geval was. Amen! Dit sê Ek vir julle, sodat julle in toekoms ook Pilatus nie moet oordeel nie! Amen, Amen, Amen!
Ligging van dorpe in Palestina waarna in die Johannes Evangelie en die Ou Testament verwys word (29/3/1864)
01] Aangesien jy vir My al verskeie kere gevra het, of die dorpname en ook ligging sodanig geplaas is, soos sommige reisbeskrywings en landkaartvervaardigers dit aantoon, en spesifiek in die groen boekie (‘Biblische Geografie für Schulen und Familien', ‘Bybelse geografie vir skole en families', 8ste Druk, uitgegee deur Calwer Verlagsverein. - opmerking deur die Uitgewer), waarin jy juis nou daagliks vir ‘n tydjie lees, voorkom. Daar moet Ek onmiddelik vir jou sê, dat van My tyd af byna geen plek êrens meer bestaan nie, wat deur my voete en die' van my Apostels betree is, en dit in die hele Jodeland, ongeag die name van dorpe en plekke wat nou daaraan toegeken is. Want baie dorpe is later deur die baie heidene, wat in hierdie land ingedring het, sodanig vertrap, dat nou niemand ook net naastenby kan sê, sien, dit is die plek, waar die Here dit of dat in die teenwoordigheid van Sy Apostels geleer en gedoen het nie.
02] Die enigste, Bethlehem, is nog steeds naastenby op dieselfde plek, en bokant die vallei, op ‘n berg, die einste kasteel van David wat deur My beskryf is, maar waarvan ook net hier en daar nog enkele los stene bestaan. Vandag staan op die' plek ‘n klooster met ‘n kerk, wie se bruin geklee' inwoners dit baie goed verstaan, om vrome pelgrims teen geld met allerlei relieke te voorsien.
03] Wat die ligging van Jerusalem betref, kan nie meer as een agste van die plek, waar op ‘n dag die groot Jerusalem gestaan het, as waar beskou word nie. Van die oord Bethanië kan geen enkele spoor meer aangetref word nie. Op die Olyfberg (direk uit Duits vertaal as ‘Olieberg') staan nog ‘n paar huise met enkele murasies, wat Bethania genoem word. Gedurende My tydperk was die blyplek en herberg op die Olyfberg wat aan Lazarus behoort het, Klein-Bethania genoem, ‘n plek wat voorheen die naam Bethphage gedra het. Dus is daar ook van Emmaus by Jerusalem nie die geringste spoor meer oor nie.
04] Hoe baie die ligging van Jerusalem verander het, word daardeur bewys, dat die Olyfberg vandag, wat nou ook reeds ‘n heel ander vorm het as destyds, nou byna heeltemal oos van die nuwe Turkse Jerusalem geleë is, terwyl die ou Jerusalem grotendeels meer oos as wes van die Olyfberg gestaan het.
05] ‘n Taamlik geruime tyd na My het ‘n Roomse keiser uit die môreland, by name Justinianus, vir die Jode toestemming, selfs opdrag gegee, om Jerusalem tesame met die Tempel, waarvan hulle die fondasiestene sekerlik nog sal kan vind, net so weer te herbou, soos dit in My tyd gebou was. Toe het uit alle wêrelddele ‘n groot aantal baie welgestelde Jode met baie bouers en werkers op die plek van die voormalige Jerusalem bymekaar gekom en wou begin om daar alles weer op te rig, soos hulle die spore van die ligging van die destydse Jerusalem aangetref het. Maar hulle is deur ‘n vroom man uit die omgewing, wat volgens die leerstellings van die Apostel Phillippus geleef het en die Evangelie gepreek het, volgens die profesie van ‘n profeet gewaarsku, om hulle voornemens te laat staan, aangesien hulle, indien hulle nie na sy woorde sal luister nie, verseker baie sleg bedien sal word.
06] Maar hulle het die profeet uitgelag en het op baie plekke, waar hulle spore van die ou Jerusalem aangetref het, begin om te grawe en die rommel weg te ruim. En sien, die werk het skaars ‘n halwe dag, toe ‘n hewige aardbewing ontstaan het, en nie lank daarna het uit die binnenste van die aarde oor die hele plek van die ou Jerusalem ‘n vulkaanagtige hewige vuur losgebars en het die belangrikste deel van die ou Jerusalem sodanig verwoes, dat werklik nie een steen en enige rots onaangeraak gebly het nie. Stene en rotse is tot ‘n soort gruis vergruis en ure ver vanaf die plek weggeslinger, sodat vandag nog die plek soos ‘n woestyn lyk, en niemand sal kan vermoed, dat op hierdie plek op ‘n dag die ou Jerusalem gestaan het nie. Tydens die uitbreek van die vulkaanagtige vuur het baie duisende werkende mense tot niet gegaan.
07] Hierdie wonderwerk is deur hulle, wat hulleself gered het deur plotselings te vlug, in Rome aan die Keiser bekend gemaak en het gesweer, dat dit werklik so gebeur het. Hy het die wonderwerk geglo. Maar na twee jaar wou hy nog steeds op die plek ‘n indrukwekkende monument oprig, om daardeur aan die nageslagte te wys, op watter plek destyds die groot Jerusalem gestaan het.
08] Daar het weer bouers en beeldhouers op die plek van die ou Jerusalem bymekaar gekom en het begin, om ‘n plek te soek, wat vir sodanige monument die meeste geskik was. Hulle het sodanige plek gevind en het begin, om die fondasie te grawe. Alleen dit het met hulle nie veel beter gegaan as met die voriges nie; binnekort het weer vuur uit die binnenste van die aarde uitgebreek en verskeie mense beseer. Maar die' wat nog betyds kon vlug, het sonder skade weggekom, en toekomstig was daar nooit weer iets onderneem, om die ou Jerusalem op te bou nie.
09] Eers na meer as seshonderd jaar het die Sarasene uit die omgewing van Bagdad na hierdie omgewing toe gekom, en wat hulle op pad as ou stede en dorpe aangetref het, het hulle alles vernietig. Selfs die ou stede wat nog hier en daar deur die Romeine onaangeraak gebly het, is in murasies omskep. En die plek van Jerusalem wat destyds uit niks anders meer bestaan het as ‘n berg, wat later heel verkeerdelik die naam ‘Sion' verkry het, en waarop ‘n ou Romeinse wagtoring en ‘n kapel uit hout gestaan het, wat reeds in daardie tyd ook heel verkeerdelik as die plek van My destydse graf aangewys en vereer was, word nog tot op die huidige dag vereer, en word daardeur baie honderdduisende pelgrims in diepste bygelowigheid gedryf.
10] Die Sarasene het later wes van die Olyfberg ‘n heel nuwe stad met die naam Jerusalem gebou, in welke tyd ook die bogenoemde kapel ‘n groter en beter voorkoms verkry het, waarin en rondom die vrome pelgrims jaarliks met knuppels en stokke nie selde terwille van al die vroomheid sodanig baklei het, dat dit op die oop terrein om die kapel gelyk het soos ‘n slagveld. En dit het gewoonlik daarom gebeur, omdat elke sekte die' Christus, wat hulle as God vereer het, ‘n ander een verbied het om te vereer.
11] Die Grieke wou van die Rooms-katolieke Christus niks hoor en weet nie, en dit ook omgekeerd; en net so baie sektes daar was, so baie vyande het daar teenoor mekaar gestaan en sou vir hulle terwille van alle geloofsywerigheid geheel en al self vernietig, indien by sulke geleenthede nie die Turkse soldate rus en orde gehandhaaf het nie. Hulle het dit daarom gedoen omdat deur sulke spektakels ook ‘n paar fooie in hulle sakke beland het.
12] Dit is wat vandag by die sogenaamde heilige oorde gebeur. En omdat Ek dit natuurlik sien kom het, het Ek, in besonder in Galilea, waar Ek die meeste van my tyd op aarde deurgebring het, al die genoemde en bekende plekke uit die Evangelies sodanig laat vernietig, dat hulle nou ook nie meer deur ‘n nog so Bybelvaste geograaf opgespoor kan word nie.
13] Van die destydse stad, Tiberias, langs die Galileërse meer is daar nog enkele oorblyfsels, maar van al die ander plekke, wat gedurende My tyd langs die oewer van hierdie meer gestaan het, is geen spoor meer te vinde nie. Daarby het die Galileërse meer van alle kante af sodanig teruggetrek, dat dit nou goed by een derde minder wateroppervlak het as wat dit gedurende My tyd was.
14] Van My woonplek Nasaret is daar ook geen spoor meer oor nie; net in ‘n vallei wes van die Galileërse meer, teenswoordig ‘n paar ure daarvandaan, bestaan daar ‘n baie ellendige Turkse dorp, wat deur die winsbejagte geloof van die plaaslike Christene en ook Turke as My destydse ware woonplek aangewys was. Op die plek van My verkeerdelik aangewese destydse woonhuis staan nou ook ‘n kerk met ‘n klein klooster, waarin die plaaslike priesterskap nog allerlei relieke uit die werksplek van die skrynwerker Joseph ten toon stel, maar ten spyte daarvan by die meeste sektes min aanvaarding daarvoor vind, omdat elke sekte voorgee, dat hulleself in besit is van daardie relieke, waarheen dit van engele deur die lug daarheen gebring is. Ander sektes weer heg in elk geval min geloof aan sodanige relieke, en so doen die huidige Nasaret net baie swak besigheid met sy heiligdom.
15] Langs die kus van die Middellandse See is Joppe nog die bes behoue plek; Tyrus en Sidon is bloot net murasies net soos Sardes en Laodicäa. Op die plek van hierdie ou wêreldstede, staan daar vandag net ‘n paar armsalige vissershutte. In die murasies kom allerlei wild voor, waar die jakkals en die hiëna nie selde nie hulle verskyning maak, en die arm vissermanne moet altyd tot hulle tande toe bewapen vis gaan vang.
16] Van al die stede wat in besonder gedurende die laaste jaar van my leertydperk deur My besoek is, en langs die oostelike oewer van die Galileërse meer en die Jordaanvallei geleë is, is net nog ‘n paar murasies oor wat so nou en dan deur Beduïnes bewoon word, en dit daarom, omdat hulle deur baie harde basaltstene gebou is, wat reeds gedurende My tyd ‘n ouderdom van byna 2,000 jaar gehad het en meestal deur Romeine en Grieke bewoon was.
17] Daar bestaan ook nog in die boonste deel van Sirië plekke wat deur My besoek is. Alleen in hulle het die mense nog nie belang gestel nie, omdat hulle eerstens te ver afgeleë is, en tweedens nie in die teenswoordige vier Evangelies genoem word nie.
18] En dus kan jy met My benoeming van die plekke in die hele Palestina gerus wees; want Ek het hulle juis op grond van die voorspelde afgodery uit die bestaan weggevee, dat vandag ook nie net naastenby ‘n teken daarvan oorgebly het nie.
19] Die mees korrekte verwysing is nog die Kisjonvallei langs die karavaanstraat, wat destyds vanaf Damaskus oor Kapernaum na Tyrus en Sidon gelei het. Maar daardie vallei, wat destyds direk langs die Galileërse meer geleë was, is vandag ten minste drie tot vier ure ver weg daarvan en is ‘n totaal onvrugbare sandwoestyn.
20] Net so staan sake met die Ebahlbai en die Ebahlvallei, waar destyds die plekkie Genesaret voorgekom het. Dit is nou ‘n taamlik uitgerekte sandwoestyn, en is twee ure vanaf die spieël van die Galileërse meer geleë. In My tyd het die meer daar ‘n uitloop gehad, en ten tye van die Kanaïete was dit ‘n hoofafloop van die Jordaan, en waar dit nou afloop, was in daardie ou tyd net ‘n spruit. Gedurende latere tye was hierdie ou Jordaanvallei sodanig deur aardrevolusies, wat in hierdie omgewing baie voorgekom het, verlê en geblokkeer, dat dit in die teenswoordige tyd geen reisiger en wetenskaplike enigsins sou kon byval, dat die Jordaan destyds daar sy loop gehad het. In My tyd was daardie vallei nog meer oop, en ‘n sytak van die Jordaan het daardeur geloop. Alleenlik deur die groot aardbewings en aardrevolusies na My het elke spoor daarvan verdwyn.
21] Maar deur sulke aardrevolusies het vernaamlik in die omgewing van die Galileërse meer, en juis die vloer van hierdie meer self, op sommige plekke met meer as tweehonderd vame gedaal, en op die’ wyse het die oppervlak van die meer ook kleiner geword en die Jordaan moes daar sy hoofafloop vorm, waar die aardrevolusies vir hom ‘n nuwe deur oopgemaak het. Gedurende die tydperk van ongeveer ‘n duisend jaar na My, het die hele Jordaanvallei tot by sy monding in die Dooie See in geheel met ‘n honderd voet gedaal, en dit ook die Dooie See self, en ‘n mens kan nie meer op ‘n sagte oewer die meer bereik nie, wat nou deur baie hoë en styl rotshange omring word, sodat ‘n mens net op baie min plekke ter besigtiging van hierdie lewelose meer toegang kan kry, wat ongeveer drie keer so groot is as die Bodensee (meer in die suide van Duitsland).
22] Wat Ek nou hieroor gesê het, is waarheid, alles andere is grootliks menslike versinsel en bespiegelings. Trouens met betrekking tot die deur My aan jou gedikteerde Johannes Evangelie is daar min geleë aan die name van die plekke of waar hulle geleë is; maar alles is geleë aan die lewensleerstellings en waarheid wat daarin voorkom. -
23] Daar bestaan nou baie narre, wat daaroor stry, waar die destydse Paradys geleë was, en waarheen Adam daarvandaan reglynig gevlug het, en in welke land Kain vir Ahbel dood geslaan het, waarheen hy daarna gevlug het, en waar Adam self hom later gevestig het. Daar bestaan dus so baie verskeie aanduidings, dat self ‘n gees wat naby sy voltooiing staan, deurmekaar kan raak; alleen dit is ‘n stryery oor die waarde van ‘n paar wolhare van ‘n skaap! Wat die waarheid daaroor is, kan in My ‘Huishouding' gevind word, en gedeeltelik ook in ‘Johannes'. Alles andere is sonder waarde, aangesien in daardie tyd die aarde ‘n heel ander voorkoms en indeling gehad het, wat na Noah se tye aansienlik verskuif is. En sou jy poog om volgens die teenswoordige voorkoms van die aarde die woonsituasie van die oer-aartsvaders te bepaal, dan sou jy met sodanige bepaling ‘n skoot in die lug aftrek, want in daardie tye was die huidige Siberië, in besonder teen die ooste, so ook Sentraal Asië tot by die Merke van China, ‘n uiters geseënde en vrugbare land. Gaan kyk julle vandag daarna, dan sal julle die skerpste teendeel vind. Siberië het byna niks as ewige sneeu en ewige ys, en die destyds so geseënde Sentraal Asië word self deur die wildste en verskeurende ongediertes vermy, aangesien daar niks as sand en klippe aangetref word. Daarom is dit ook vir die Russiese verbande onderdane onmoontlik, om te vlug en oor hierdie uitgestrekte woestenye ten minste die uitlopers van die groot Tibetanse bergreekse te bereik, aangesien hierdie groot woestyne van Sentraal Asië grootliks netso erg is as die groot Sahara woestyn in Afrika.
24] Maar daaruit kan gesien word, dat hierdie aarde deur die oormoed van die mens ‘n groot verandering gelei het - en daar sal nou geen geoloog, al sou hy ‘n honderdvoudige Alexander Humbold wees - regkom nie. Maar wat elkeen ter beter begrip van die boeke van Moses moet weet en te verstaan noodsaaklik is, het Ek al twintig jaar gelede vir jou in die pen gedikteer, en doen nou ook dieselfde in Johannes oor die plekke in die land, waar Ek geleef en geleer het. Alles andere is ydel, en met ander woorde gesê, niks anders as - leë strooi te slaan.
25] Met hierdie My beskrywing kan jy en elke ander gelowige volkome tevrede wees. Maar die sogenaamde verstandelike wêreldmuggieryers moet tot versadiging die stof van die ou murasies lek; maar dit sal vir hulle van min nut wees, aangesien hulle daarin weinig voedsaamheid sal vind.
26] Maar Ek bly die Here en verander die aarde volgens My welgevalle en volgens My wysheid. Sulke hoogwyse verstandelinge, wat self die gras hoor groei en waarvan sommiges al beweer het, dat hulle die plante hoor snork het terwyl hulle asem haal, moet net ‘n vallei van ‘n rivier tot op die bodem leeg pomp, en hulle sal daar baie voedsel vir hulle verstand kry! Maar hulle sal dit sekerlik nie doen nie en eerder met die lekkery van vogtige klipmure tevrede wees, want daar kan tog elke mens vir sodanige hooggeleerdes sê: Vriende! Net tot daar, waar daar ‘n paar doudruppels hang, sal julle met julle tonge bykom. Maar met ‘n wonderstaaf in julle hand sal julle geen fontein nes die Profeet Moses uit die binnenste van ‘n harde rots voortbring nie, van wie se rykdom miljoene mense en diere die brandende dors kan les.
27] Maar die wonderstaaf van Moses bly nog altyd Ek en nooit die ydel roem- en selfsugtige verstand se gesamentlike wêreldwysheid van ‘n gegradueerde dokter uit die hoë universiteite nie.
28] Dit ter gerusstelling vir al diegene, wat aan My glo, vir My bo alles liefhet en hulle naaste soos hulleself.
29] Dit sê weer Ek, julle Vader, Here en Meester. Amen.
Die onverstandige en verstandige boumeester (17/3/1864)
01] Skryf ‘n belangrike woordjie, waarin Ek vir julle nog verskeie dinge, wat Ek in My tyd vir die Apostels geleer het, nader wil belig.
02] Die teks uit die skrif sal nie vir julle onbekend wees nie, waar van twee mense melding gemaak word, van wie die een sy huis op sandgrond gebou het, wat ons die onverstandige wil noem; maar die ander soek vir hom ‘n vaste rots, en ons wil hom die naam verstandig gee.
03] Maar toe die onverstandige sien, dat sy verstandige buurman sy huis op ‘n rots gebou het, toe sê hy vir hom: "Sou jy daar nie in die vallei met baie minder onkoste bou as op die rots daar bo, waarheen jy eers ‘n pad moet aanlê en met baie moeite die boumateriaal moet vervoer? Sien, hoe pragtig my huis in die vallei staan, en hoe maklik die toegang is! Jou huis daarenteen staan op ‘n rots nes ‘n arend se nes, en jy het ‘n moeilike toegang."
04] Maar die verstandige sê: "Wag jy ‘n bietjie; wie weet, of jy nie binnekort vir my daaroor sal prys, dat ek my huis op ‘n vaste rots gebou het?"
05] En sien, nie lank daarna het sterk winde opgekom, het in ‘n vreeslike orkaan oorgegaan, en het daarby ‘n geweldige wolkbreuk onstaan, het die mooi huis in die vallei, waarop die onverstandige so trots was, verwoes, en sodat hy sy lewe kon red, moes hy toevlug by sy buurman op die rots gaan soek.
06] Nou het hy wel ingesien, dat sy verstandige buurman goed gedoen het, om sy huis op ‘n rots te bou, en die voormalige onverstandige het dan ook besluit, om nooit weer ‘n huis in ‘n sanderige vallei te bou nie.
07] En nou vra Ek, wat hierdie beeld in diepte ter diepte moet beteken? - Want aan dit, wat die priesterskap van alle aan julle bekende sektes tot op enkeles, - wat in die leerstellings van Schwedenborg en andere (teosowe) en hulle in die gees opgewekte voorgangers staan, - tot hulle eie voordeel vertolk, en een vertolking teenoor die ander net so vergelyk soos die vuis teenoor die oog, kan daar nie ‘n enkele ware vonk teenwoordig wees nie.
08] Hoekom(?) sal julle vra. Omdat elke sekte, sê Ek, nie volgens die waarheid uit My, maar, soos baie ander dinge, tot hulle eie voordeel vertolk. Maar Ek sê:
09] "Alle sektes behoort saam met hulle aanhang in die omgewing van die onverstandige, wat sy huis op sand in die vallei gebou het, en net alleen daardie een, wat op My en My suiwer leerstellings bou, daarvolgens doen en handel, die behoort tot die skaars verstandige, wat sy huis op die rots gebou het. En toe daar die tyd van storms kom, het sy huis vas bly staan. Maar die huis en baie ander huise, wat in die vallei op die sand staan, is weggespoel."
10] Maar hoe moet die mens lyk, wat sy huis op die rots gebou het? - Hy moet deurgaans nie lig- of bygelowig wees nie, maar alleen die waarheid in alles soek, wat hom alleen vry en verlig kan maak.
11] Ja, sal sommige vra: Hoe moet ‘n mens dit nou aanvang? Die antwoord lê ook in My leerstellings, wat Ek My Apostels gegee het, en lui kortliks soos volg:
12] Wie in My glo, volgens My leerstellings leef en handel, na hom sal Ekself kom en vir My aan hom getrou openbaar, net soos aan julle nou.
13] Dat daarin ook die enigste kriteria van waarheid oor My leerstellings lê, het julle nou self meer as tasbaar in baie nog lewendige voorbeelde voor julle; want daarom het Ek ook vir My Apostels gesê, toe dit self vir hulle nie heeltemal duidelik was, vir wie hulle My nou eintlik moet hou nie: "Indien julle aan My glo, en volgens My leerstellings handel, dan eers sal julle volledig in julle erken, dat die woorde, wat Ek tot julle gespreek het, nie mens-, maar Godwoorde is."
14] En weer het Ek destyds vir My Apostels gesê: "Nie net julle, maar in die vervolg ook elke mens, wat werklik na My toe wil kom, moet van God self geleer word. Want vir hom vir wie die Vader - of die ewige liefde in My - nie trek nie, die' kom nie na My toe nie", of met ander vir julle meer verstaanbare woorde gesê: Vir wie die ware (suiwer) liefde nie na die waarheid en tot die lig trek nie, en wat in sy traagheid en slaperigheid behaaglik verkeer en in die wêreld so veel as moontlik in die arms van alle plesier en vermaaklikhied rus, sal hy eendag tot die lig van waarheid kom?
15] Ek sê vir julle, net so min (sal hy dit), soos ‘n trae student, wat sy studies meestal in restaurante en koffiehuise, op die dansvloer en in die kamers van maklike meisies deurbring, nie ‘n groot astronoom sal word nie; want om dit te word, vereis van jeugdae af uiterste fluksheid en ‘n groot hoeveelheid selfverloëning. Maar met groot liefde vir sodanig verhewe moeilike wetenskap kan hy in tyd wel daarin slaag, om dinge te bereken, waarvan die gewone wêreldmens nie kon droom nie. En daar wys dit weer: Wie die Vader nie trek nie, die kom nie na die Seun nie; want die Seun is dan die lig, voortspruitend uit die vlam en die vuur van liefde of die Vader. {joh.06,44}
16] Maar gaan heen na die meeste Christelike Sektes en ondersoek spesifiek hulle priesterskap en vra vir hulle: Watter liefde het dan vir julle na julle vermeende waarheid, wat julle preek, getrek? En ongelukkig sal julle dikwels op hulle gesigte en hulle mae geskrywe vind: die bes moontlike tydelike versorging sowel as ‘n epikuristies gedekte eettafel met allerlei voorbereide lekkernye, wat net iewers op die liewe aarde aangetref kan word; en hoe hoër sodanige priesterskap opgang kan maak, hoe meer epikuristieser word hulle deugdes en daarmee saam ook hulle selfsugtigheid en heerslus.
17] Sodanige volgelinge van My Apostels en Dissipels kom dit verseker nie na, wat Ek vir My Apostels en Dissipels gesê het, dat hulle nie vir die komende dag moet sorg - wat hulle moet eet en drink en wat hulle moet aantrek nie, maar net - om My ryk en sy geregtigheid te soek; alles andere, wat hulle benodig, sal vir hulle bygegee word. {mt.06,33}
18] Toe Ek My Dissipels uitgestuur het, het Ek vir hulle gesê: "Julle moet nie twee rokke dra nie en in julle klere moet nie sakke gewerk wees nie, om nie allerlei gawes wat vir julle aangebied word te bêre nie; ook moet julle nie stokke dra, om julle mee te verdedig nie; want indien julle vir My lewendig by julle het, dan is julle in elk geval vir hier en die hiernamaals met alles versorg." {mt.10,10; mk.06,08; lk.09,03}
19] Sou in die teenswoordige tyd die priesters ook met hierdie versorging te vrede wees, wat onder allerlei Godplaasvervangerskap hulle werke bedryf, en vir geld skynbare Godverdienstelike werke verrig, waaraan hulle dikwels self nie ‘n enkele vonk geloof heg nie? Sal hulle tevrede wees met een rok sonder sakke, wat met goud omboorde klere rondloop en ywerig gemoeid is om alle volk deur hulle glans te verblind? - ‘n Hedendaagse Biskop wil ‘n volgeling van enige van die Apostels wees!? Loop hy sonder stok rond? O beslis nie! Verkoop sodanige stok (of staaf), en julle kan ‘n arm familie vir ‘n lang tyd baie goed versorg. ‘n Hele land kan vir baie jare goed versorg word, indien dit net in besit kon kom van die pous se tiara en verskeie kardinaalhoede; want sodanige tiara bestaan uit suiwer goud en die grootste kosbare edelgesteentes soos: diamante, robyne en smaragde en groot pêrels, en sal verseker so veel miljoene werd wees, as wat Ek Apostels getel het, en ‘n kardinaalhoed kos 80,000 Dollar! Sou dit nie ‘n aansienlike som geld vir ‘n arm land wees nie? (in terme van 1850! - die vertaler) Maar laat ons hulle bly by hulle sogenaamde ‘triomfantlike kerk'; ten spyte daarvan het hulle nog steeds nie hulle huise op ‘n rots gebou nie, en die groot storm staan voor die deur, wat vir hulle sal wys, hoe verstandig hulle was! - Maar wanneer die storm sal kom, dan sal daar baie geween en gekners van tande wees, en dan sal dit sê: {mt.10,10; mt.07,26; mt.08,12; mt.13,42 .50; mt.22,13; mt.24,51; lk.13,28)
20] Wee almal, wat wil vlug en probeer om hulleself op die vaste rotse te vestig. Want wie daar nie sal hê nie, soos al hierdie (My verstandiges), van hom sal ook geneem word, wat hy gehad het, en hulle sal nie na die lig toe kom nie, maar deur My storm na die buitenste duisternis uitgestoot word, en daar sal nog meer geween en gekners van tande wees - of met ander woorde gesê, nog meer wedersydse vervolging en verwensings. Die gelowiges wat bedrieg is, sal hulle ‘verskaffers van die hemel' oorval en hulle nie veel beter behandel as een grimmige vyand sy teenvyand. Want iemand wat bedrieg is laat die bedrog net vir solank toe, as wat hy nog blind is, dat hy die bedrog nie kan insien nie; maar kom hy dit eers eenmaal agter, dan wee die bedrieër! - En hierdie wee staan nou reg voor die deur!! Daar is reeds ‘n groot aantal skerpskutters, en hulle sal die teiken nie mis nie. {opb.06,15; mt.13,12; mt.25,29; mk.04,25; lk.08,18; lk.19,26; mt.08,12; mt.13,42 .50; mt.22,13; mt.24,51; lk.13,28}
21] Ek meen, die deur My aan die begin vir julle verskafte tekste uit My woord sal hierdeur vir julle voldoende insig verleen. -
Gehoorsaamheid teenoor die owerhede
01] Die teks, waarvan gister onder julle gepraat was, waarvolgens ‘n mens aan elke owerheid gehoorsaam moet wees, ongeag of dit goed of boos is, aangesien dit geen mag sou hê, as dit nie van bo gegee was nie. - {a röm.13,01}
02] Daardie teks is in ‘n sekere sin reg; maar ‘n byvoegsel, wat Ek by ‘n geleentheid gemaak het, soos by die Apostel Paulus, is weggelaat. Maar die byvoeging lui: "Solank die besit van die gees van waarheid uit My die owerheid inwoon." -
03] Indien julle agterkom, dat dit nie meer die geval is nie, dan is dit ook tyd, om sodanige owerhede wat nie meer uit die hoogtes geïnspireer word nie, op die gevoeligste die rug te draai, want sou dit nie die geval wees nie, dan moes Ek in alle erns gesê het: Wees aan alle duiwels onderdanig en gehoorsaam! Dit sal julle tog van My nie verwag nie, waar Ek tog uitdruklik gesê het, dat julle alles moet beproef en net die goeie en ware moet behou.{1.thess.02,04}
04] Trouens moet by die teks, wat, soos Ek reeds gesê het, swak vertaal is, opgemerk word, dat in plek van goed of boos - mild of streng gebruik moes word. En indien julle dit nou weet, sal julle dan wel insien, dat Ek nie gesê het, julle moet ook aan die duiwels gehoorsaam wees nie.
05] Indien julle dit reg beskou, dan sal julle wel insien, dat sodanige kras onsin nooit uit My Mond kon gekom het en nooit sal kom nie.{rom.13,01}
06] Indien enige iemand van julle nog iets in die skrif vind, wat met die gesonde verstand nie strook nie, die kom met sodanige teks voor ‘n dag, en daar sal vir hom daaroor lig gegee word. Amen.
Skynbare teenstrydighede in die verskillende Evangelies (17/3/1864)
01] "En het haar nie erken nie, totdat sy haar eerste seun gebaar het; en het hom die naam Jesus gegee." (Mt.01,25) {lk.02,07}
02] "Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy moeder dan nie Maria nie? En is sy broers dan nie Jakob en Joses en Simon en Juda nie?" (Mt.13,55){lk.04,22}
03] "En sy susters - is hulle dan nie almal by ons nie? Waarvandaan het hy dit dan alles gekry?" (Mt.13,56)
04] Hierdie plekke het (by sommige kritikusse) rede verskaf tot die aanname, dat Maria nog ander kinders gehad het.
05] "Die koningin op die middag sal by die jongste oordeel teen die geslag optree, ens." (Mt.12,42)
06] "Dus sal dit ook gaan aan die einde van die wêreld, ens." (Mt13,49)
07] "Want dit sal gebeur, dat die Menseseun in die heerlikheid van die Vader met sy engele sal kom, ens." (Mt.16,27)
08] Maar Jesus het vir hulle gesê. ens. "Julle sal ook sit op die twaalf stoele en oordeel die twaalf geslagte van Israel." -
09] Hierdie verse het tot die aanname gelei van ‘n jongste dag en oordeel.
10] "Toe is Jesus van die Gees in die woestyn gelei, sodat Hy van die duiwel versoek sou word." (Mk.01,02-11){Mark.01,12-13; lk.04,02-13}
11] "Maar Ek sê vir julle, dat julle nie die euwel moet vergeld nie, maar indien iemand vir jou ‘n hou op jou regter wang gee, vir hom bied ook die ander wang." (Mt.05,39)
12] "En wanneer iemand met jou wil stry en jou rok wil neem, vir hom gee ook die mantel." (Mt.05,40) {lk.06,29}
13a] "Julle moet nie dink, dat Ek gekom het, om vrede na die aarde te stuur nie. Ek het nie gekom, om vrede te stuur nie, maar die swaard." (Mt.10,34)
13b] "Want Ek het gekom, om die mens op te sweep teen sy vader, die dogter teen haar moeder en die skoondogter teen haar skoonouers." (Mt.10,35)
13c] "En die mens se vyande sal sy eie huisvriende wees." (Mt.10,36)
13d] "Sien, Ek stuur vir julle soos skape onder die wolwe; daarom wees slim soos die slange en sonder valsheid soos die duiwe." (Mt.10.16)
13e] "Maar wees versigtig vir die mense, ens" (mt.10,17)(lk.12,51 .52 .35.)
14] Letterlik is hierdie tekste teenstrydighede en in die menslike lewe nie toepasbaar nie, want daardeur sou enersyds die geweld van die sterker gesanksioneer word, die minder sterk tot slawe, die hoogmoedige net nog meer trots maak en elke ongeregtigheid ‘n breë basis verskaf. Andersyds is weer die geveg gegee en dus ook die weerloosheid van die skaap teenoor sy vyand.
15a] "Dus sal die Menseseun (nes Jona) drie dae en drie nagte in die middel van die aarde wees." (Mt.12,40)
15b] "en op die derde dag sal hy weer opstaan, ens." (Mt.17,23)
15c] "Ek wil na drie weer opstaan." (Mt.20.19)(lk.13,32; mt.26,61)
15d] "Op die aand van die Sabbat egter, wat begin op die môre van die eerste weeksdag na die Sabbat, het Maria Magdalena en die ander Maria gekom, om na die graf te kyk." (Mt.28,01){mk.16,01 .02; lk.24,01 .06; joh.20,01}
15e] "en op die derde dag sal hy opstaan." (Mk.12,40)(mk.10,34)
15f] "Hy het opgestaan en is nie hier nie." (Mt.16,06)
16] Lk.23,44-46 - (Hierdie word aangevoer rakende die uur van dood teenoor die tyd van die opstanding) en Johannes 19,31. Verwydering van die kruis.
17] Hoe stem hier die tyd van die dood met die tyd van die opstanding ooreen volgens die verskillende verse? Het die liggaam van die Here drie dae in die graf gelê, soos dit dikwels aangeneem word, of het, indien die begrafnis volgens ons aanname op ‘n Vrydag gebeur het, die opstanding op Sondag oggend, dus op die derde dag plaasgevind?
18] "Want nes Jona was hy drie dae en drie nagte in die walvis se maag." (Mt.12,40) Wat was dit vir ‘n vis, of was die vis net ‘n geestelike ooreenkomstige uitdrukking?
19] "Toe gaan die koning na binne, om die gaste te bekyk - en sien toe was daar ‘n mens, wat geen paslike rok vir die troue aangehad het nie, ens." (Mt.22,11-12)
20] "En daar was ‘n jongeling, wat hom gevolg het, hy was op sy blote vel met linne geklee; en die jongelinge het hom gegryp." (Mk.14,51) "Maar hy het die linne laat vaar en het nakend van hulle af gevlug." - Wie was die jongeling, en waarom word hy net by Markus genoem?
Die Evangelis Mattheus (18/3/1864)
01] Wat die eerste vraag betref, is in die opsig reeds ‘n klein verduideliking in die eintlike Johannes-Evangelie aangeraak. Alleen om hierdie saak vir julle nog baie duideliker te maak, moet julle weet, dat die Evangelis Mattheus eers dan deur My opgeneem is, toe Ek hom op My reis na Kis, by ‘n middelstasie tussen Kapernaum en Kis, as ‘n tollenaar in Romeinse diens aangetref het; hoekom daar ook beskuldigings na My geslinger was, dat Ek met tollenaars en sondaars te doen het. {jev01.037,04-06; mt.09,11; lk.07,34}
02] Maar aangesien hierdie Mattheus goed met die pen was en nie meer van My af wou weggaan nie, is hy toe deur My as skrywer opgeneem, maar eintlik net vir feite, terwyl My Johannes die Woord, dit beteken dit wat Ek geleer, opgeteken het, en Mattheus dus minder geestelike dele van My leerstellings en preke aangeteken het, maar dit nog altyd by geleentheid deur Johannes laat korrigeer het; want Mattheus het vir feite ‘n goeie geheue gehad, maar vir die leerstellings ‘n swak een. {jev01.037,04-06; jev01.038,03-09; jev01.082,04}
03] Van My familie-aangeleenthede het hy (Mattheus), solank as wat hy met My rondgetrek het, baie min geweet, en wat hy geweet het, dit het by tye Jakobus, Simon en Johannes vir hom vertel, maar wat hy nie onmiddelik opgeskryf het nie, maar eers ‘n paar jaar later na My opstanding, toe hy in die plek van Judas Ischariot tot ‘n Apostel verkies was. {Apg.01,24}
04] Hierdie Apostel Mattheus, as ‘n Evangelis, het sy Evangelie baie ordentlik en korrek saamgestel en daarmee na die suid-oostelike streke van Asië gereis.
05] Maar toe het daar dan in Jerusalem, in Galilea, in Samaria, in Tyrus en Sidon vyf Mattheuse na vore gekom, en elkeen het ‘n Evangelie Mattheus geskryf; waaronder die’ een wat in Sidon verskyn het onbetwisbaar nog die mees aanneemlikste een was.
06] Die ander vier is by die groot kerkvergadering in Nicäa, wat nie met hierdie maar ook nie onder mekaar ooreengestem het nie, geheel en al as apokrief verwerp, terwyl die Sidonese, as die mees waarskynlik egte een behou is. En so is hierdie een gedeeltelik ook apokrief, alhoewel die skrywer alle denkbare moeite gedoen het, om die saak so waar as moontlik daar te stel.
07] Hyself het eintlik - in plek van hierdie een - veertien Evangelies geskryf, afhangende van hoe iemand vir hom die saak as vermeende ooggetuie oorvertel het. Uit hierdie veertien het hy dan ‘n vyftiende een geskryf, wat volgens die beoordeling van baie gesaghebbendes as die belangrikste en mees korrekte een verklaar is; en hierdie pseudo-Mattheus, wie se eintlike naam L'Rabbas was, is die skepper van die huidige Mattheus Evangelie.
08] Maar die werklike een bevind hom vandag nog in ‘n groot boeke- en skrifversameling in ‘n beduidende bergstad in Agterindië, wie se skrif- en boekeversameling, na die’ een wat in Alexandria afgebrand het, waarskynlik die grootste en rykste een op die hele aarde is. Dit bestaan uit verskeie miljoene boeke en geskrifte van alle soort, tot watter versameling ongelukkig net die hoëpriesters, wat onder die opperste priester Brahma staan, toegang het. Die Birmane alleen besit ‘n egte, maar baie verkorte afskrif daarvan.
09] Julle wil seker ook weet, wat met die Apostel Mattheus in hierdie lande van Indië tot sy einde gebeur het? Hy is daar heel goed ontvang, maar durf sy leerstellings net aan die priesters en aan geen ander mens meedeel nie. Maar in sy ou dae het hy tog deur die leiding van My Gees, ‘n geleentheid gevind, om na die Birmane te kom, het vir hulle allerlei wysheid geleer en het dan ook vir hulle die reeds voorheen genoemde verkorte Evangelie geskryf.
10] In sommige beter tradisie word hierdie Apostel en nog ‘n kollega ‘die Apostel van Indië' genoem.
11] Hieruit kan julle maklik aflei, hoe dinge met die' aan julle bekende ‘Mattheus Evangelie' staan, so ook met die aangehaalde 13 Hoofstuk, waar gesê word: "Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy moeder dan nie Maria nie? En is sy broers dan nie Jakob en Joses en Simon en Juda nie? En sy susters - is hulle dan nie almal by ons nie? Waarvandaan het hy dit dan alles gekry?" {mt.13,55; mk.06,03}
12] Om dit te verstaan, moet ‘n mens weet, wat reeds in Johannes genoem is, dat Ek eenmaal na Nasaret gekom het, daar in die sinagoge gepreek en sommige wonderwerk verrig het; en toe selfs daaroor my Apostels en Dissipels opmerkings gemaak het, Ek vir hulle gesê het: ‘'n Profeet geld nêrens minder as in sy vaderland', en het dan ook Nasaret verlaat en het daarna nooit weer daarheen terug gegaan nie.
13] Maar wat My sogenaamde broers en susters betref, was hulle wel kinders van Joseph uit sy eerste huwelik; maar nie kinders van Maria nie, wie se enigste en nie eerste, dit is wel eerste maar enigste Seun, Ek was. {mt.01,25; lk.02,07}
14] Maar wat die susters betref, was hulle nie dogters van Joseph nie, maar kinders van sy arm familie, en ‘n mens het ook na hulle as susters verwys, omdat hulle geheel en al na die sin en wil van Joseph en ook Maria geleef en gehandel het.
15] Drie van die broers het saam met My getrek, naamlik Jakobus, Simon en Johannes; maar twee het agtergebly en die beroep van Joseph beoefen en het vir Maria versorg tot op die stadium, toe Ek vir haar aan Johannes vir verdere versorging oorgegee het.
Lukas Evangelie en die ‘jongste oordeel' (19/3/1864)
01] Die genoemde skynbare teenstrydighede sal julle ook in die Evangelie van Lukas vind; want hierdie Evangelis het eers vyftig jaar na My die Evangelie geskryf en ook die Apostelgeskiedenis; maar ook sy Evangelie is ‘n samevoeging van dit, wat hy deur ywerige navorsing oor My en die Apostels tot stand gebring het.
02] Alles, wat hy geskryf het, het hy vir sy bekende vriend Theophilus na Atene gestuur, watter Theophilus dan weer ‘n evangelie uit die evangelies van Lukas geskryf en met verskeie byvoegings verryk het, maar onder andere ook sommige foute daarin vermeng, wat tot sommige teenstrydighede gelei het, besonder ten opsigte van die natuurlike letterbetekenis, vernaamlik My hoogs tirannieke optrede met betrekking tot die ‘jongste oordeel', wat met die enigste nou nog mees korrekte kort Evangelie van Johannes glad nie ooreenstem nie; tog geestelik nog altyd ‘n beligting toelaat, - en ons sal daaroor en nog baie ander dinge in die volgende woord praat. En dus eers genoeg vir vandag. Amen. {lk.01,03; b mt.25,31-46; lk.21,25-27; Apg.17,31}
03] Ek het al gister vir julle genoem, dat van die' besondere ‘jongste oordeel' in die Evangelie Mattheus (L'Rabbas) en nog meer by die Evangelis Lukas breedvoerig melding gemaak word, en dat hoofsaaklik juis daardie jongste oordeel skuldig was en nog is, dat daar baie mense hulleself van My leerstellings afgewend het, vir hulleself leerstellings uit suiwer vernuftigheid volgens hulle verstandelike vermoëns gevorm het, daarvolgens vir hulle medemense geleer, self gehandel en geleef het, en van die skrikdag leerstelling en die profete niks meer wou hoor en weet nie. {mt.25,31-46; lk.21,25-27; Apg.17,31}
04] Want hulle het gesê, en was ook nie verkeerd nie: "Hoe kan ‘n oneindig wyse God, uit wie se groot en klein skepsels sig- en voelbaar net die liefde asem, juis die grootste aantal van mense alleenlik daarom geskep het, net om hulle na ‘n kort lewe op ‘n materiële wêreld, wat in elk geval net deur allerlei dood en ellende saamgestel is, na die oorgang in die hiernamaals vir ewig te martel en te pynig vir die oortredings, wat hulle in hulle liggame op aarde begaan het?"
05] Ek sê vir julle, so iets sal nie eers vir die ergste en kwaadwilligste tiran op aarde moontlik wees nie, want dit is sekerlik vir sommige van julle uit die geskiedenis van die oer-, voor-, na- en teenswoordige tyd nie onbekend nie, dat te groot tiranne ten slotte vir hulleself bang geword het - en sommige van hulle begin het om te vlug, sonder enige spesifieke rede, behalwe op grond van ‘n steeds toenemende vrees vir hulleself, en het ook gewoonlik op sodanige vlug hulle ondergang gevind.
06] Alleen, hier kan Ek vir julle met betrekking van sulke uitwerpsels van menslike boosheid dit byvoeg (as verduideliking van sodanige verskynsel), dat hulle na ‘n sekere tyd van tirannieke heerskappy van steeds meer en meer bose of ongegiste demone in besit geneem is en hom as werktuig vir hulle demoniese wraaksug, wat hulle teen ‘n volk wil uitoefen, moes dien.
07] Wanneer ‘n mens hierdie tiranne, wat voor die oë van die wêreld werklik gruweldade der gruweldade opgehoop het, daarom reeds vir ewig na die hel moes verdoem, dan sou jy as regter mos self ‘n groter tiran wees as wat hulle dit was. Hoe kon Ek daar (as Ek so ‘n skerp regter was), vir die Vader, as die ewige liefde in My, onder die grootste pyn van My liggaam vir al daardie, wat vir My gekruisig en laat kruisig het, smeek, dat Hy vir hulle moet vergewe, aangesien hulle nie weet, wat hulle doen nie! {lk.23,34}
08] Want die fariseërs, vanaf die hoëpriester Kaiphas tot by die soldate, wat My liggaam aan die kruis geslaan het, van hulle het werklik niemand geweet, met Wie hulle dit nou eintlik in My te doen gehad het nie. Want die fariseërs het vir My, ten spyte van My dade en leerstellings, eerstens vir ‘n hoofmagiër uit die skool van die Esseners (hierdie gedagte spook nog), wat by hulle uiters gehaat was gehou, en tweedens het hulle vir My as ‘n opsweper van die Jodevolk gehou, wat vir die Romeine ‘n geleentheid berei het, sodat hulle vir die Jode alle vryheid en ten slotte ook hulle geloofskultuur sou verbied.
09] Daarom, hoe groter tekens Ek dus volbring het, des te meer het My vyande, wat aan julle bekend is, gegroei.
10] Maar wat die soldate betref, was die meeste soldate Romeinse huursoldate wat uit alle nasies van die Romeinse ryk bymekaar gegooi was en was vir die Romeine des te meer voordelig en bruikbaar, hoe meer grusaam en harteloos hulle hulleself tydens gevegte en kleiner teregstellings gedra het; want ‘n gevoelvolle Romeinse soldaat sou ‘n onding vir die oorloggesinde Romeine wees. Maar hieruit kan afgelei word, dat die gewone Romeinse huursoldate nog minder geweet het, wat hulle doen, as My aan julle bekende aartsvyande self, en hier kan weer gevra word: Of dit volgens My goddelike wysheid werklik reg en regverdig sou wees, om hulle almal, vir dit wat hulle aan My gedoen het, vir ewig na die hel te verdoem en hulle in ewige marteling en pyn te gooi? {mt.25,31-46}
11] Het Ek dan die regterkantse misdadiger, wat soos bekend vir My aan die kruis gespot het, daarom verdoem? - Dit staan werklik nêrens geskryf nie; maar die ander misdadiger, wat vir My as ‘n regverdige erken het en vir die regterkantse misdadiger weens sy spottery ‘n goeie berisping gegee het, het Ek daarvoor die versekering gegee, dat hy nog op dieselfde dag by My in die Paradys sou wees, alhoewel hy vir roof en moord aan die kruis moes sterf. (Paradys, toestand van vrede, maar nie hemel nie.) {lk.23,39-43}
12] Waar bly dan daar die sodanig verskriklik gesketste oordeelsdag, waarvolgens skaars ‘n desiljoenste deel van alle mense in die hemel sou beland, maar al die ander vir ewig in die hel?!
13] Hoe kon Hy van sodanige skrikdag gepreek het, wat in die Tempel vir die vrou wat owerspel gepleeg het die skuld in die sand geskryf het, en by ‘n ander geleentheid in teenwoordigheid van baie sondaars hardop uitgeroep het: "Kom almal na My toe, wat vermoeid en belas is, Ek wil julle verkwik!" {joh.08,03-11; mt.11,28}
14] ‘n Skrifgeleerde, wat so ‘n halwe geloof vir My betuig het, het vir My op ‘n tyd gevra: "Meester! Ek erken, dat Jy reg en regverdig geleer het, en ‘n mens kan niks daarteen sê van dit wat Jy geleer het; maar tog sê Jy in Jou boodskap: ‘Wie aan Jou glo en volgens Jou woord handel, die' sal die ewige lewe hê, ook dan, wanneer hy indien dit moontlik was eenhonderd maal in die wêreld sou sterf!' Maar nou kyk vir die volkere en mense op hierdie aarde, wat van Jou en Jou boodskap in twintigduisend jaar en meer niks sal verneem nie; hoe sal hulle aan Jou glo en volgens Jou woord lewe? Sal daardie byna tallose mense almal na die ewige dood oorgaan, omdat hulle nie aan Jou kon glo en nie Jou woorde kon hou nie?" {joh.08,51; joh.06,40 .47}
15] Aangesien daardie skrifgeleerde by ‘n geleentheid sodanige vraag aan My gerig het, het Ek vir hom met twee vingers die uitspansel wat oortrek was met sterre, gewys: "Daar kyk op, dit is die huis van My Vader! In daardie eindelose groot huis bestaan daar baie kamers. Wie nie hier vir My kon leer ken het nie en nie My lewendige woord verneem nie, vir hom sal beslis in hierdie groot huis ‘n geleentheid vir die doel van sy ewige lewe gevind kan word! Daarom moet jy jou nie oor hulle bekommer nie, wat nou en ook in die latere vervolg van My hier niks sal verneem nie, want ‘My Vader' ken hulle almal en het ook nie een tot die ewige val, maar tot die ewige opstanding uit Sy liefde en wysheid in die lewe geroep! En Jy het daardeur aan My ‘n skynbaar wyse, maar tog steeds ydel vraag gerig." {joh.14,02}
16] Het Ek daarom die ‘slegte opsigter', wat julle almal meer of minder is, weens sy swak huishouding verdoem, omdat hy sy werkgewer bedrieg het, maar daarbenewens aan die skuldhouers ‘n weldaad begaan het, en dit nog boonop daarom, omdat hy wel geweet het, dat sy werkgewer hom sal afdank? Ek het toe nie gesê: Moenie soos sodanige opsigter word nie - maar wel gesê: doen dieselfde, soos wat ook hy gedoen het, en hulle, vir wie julle op rekening van My Naam geestelike en liggaamlike weldade verrig het, sal vir julle eendag in hulle hemelse wonings opneem! {lk.16,01-09}
17] Waar is by sodanige boodskap enige iets van die skrikwekkende jongste oordeelsdag te sien, waarin die twee aan julle bekende wraakevangeliste, L'Rabbas in plek van Mattheus en Theophilus in plek van Lukas, hulle skuldig gemaak het aan verskeie dinge rakende My liefde en wysheid?
18] Maar die mees skrikwekkendste is eers na die groot kerkvergadering in Nicäa - sowel van Griekse kant, en nog meer van die Romeinse hoofbiskoppe gedoen; want hulle het geen moeite ontsien, deur gedeeltelik uit die heidense Tartarus en deels uit die oud Joodse Scheol, aan die jongste oordeel, die vagevuur en die hel die mees lewendige kleure toe te voeg en het uit My, wat een persoon is, die' aan julle bekende Äakus, Minos en Rhadamantus, wat die regteramp in die hiernamaals oor die verstorwe siele beklee, gemaak. Ek moes daarvolgens alles onverbiddelik en onbarmhartig veroordeel, verdoem en vir ewig in die in hel vervloek, wie nie aan die verordeninge en bevele van die sogenaamde ‘heilige vader' in Rome gehoor wou gee nie.
19] Ek meen, om ook hierdeur voldoende aan te toon, dat nóg Ek, nóg enige van My egte Evangeliste die uitvinder en leermeester van dit alles was en kon wees nie. Want Ek kan tog nie van Myself wil beweer nie, dat Ek die hoogste liefde en barmhartigheid is en môre die hoogste wraakgierigheid, onverbiddelike onbarmhartigheid en ewige straf- en martelsugtigheid teen My kinders handhaaf, op grond van hulle oortredings, waaraan hulle grondoorsaaklik dikwels nie die honderdste deel werklike skuld dra nie. Ek het nie gekom, om dit, wat verlore was, nog meer verlore te maak nie; maar om dit in alle liefde op te soek en weer na die lig toe te bring, sodat dit nie verlore gaan nie. As Heiland het Ek tog net ter wille van die siekes en nie vir die' wat gesond is in die wêreld gekom nie. Moes Ek dan die siekes nog sieker maak as wat hulle dit in elk geval reeds was? Dit sou by die leerstellings, soos vertolk deur die fariseërs, gepas het, en in besonder vir die baie sogenaamde heilige vaders in Rome, maar nie volgens My siening, aangesien Ekself vir My as mens nie eers deur ander mense ‘goeie meester' laat aanspreek het nie. Dan is dit tog onmoontlik! Ek het gesê: "Wat noem julle My goed, niemand is goed as net God alleen"; dus moet julle ook niemand ‘Vader' noem, behalwe julle Vader in die hemel, en niemand is heilig, as net julle God alleen! {mt.18,11; lk.15,04-07; mt.19,17; mt.23,08; mt.23,10; mt.23,09}
20] Wat moet dus van sodanige ‘Plaasvervanger van God op aarde' gehou word, wat homself ‘Heilige Vader' en ‘U Heiligheid' laat noem, en wat moet van die jongste oordeel en voorafgaande besondere oordeel, vagevuur en hel gehou word, wat die meeste deur hom voorgehou word?!
21] Ek sê vir julle, net so min as van sy heiligheid, van sy onderdanige hoogwaardigheidsbekleërs, van die stoel Petri in Rome, watter stad Petrus nooit gesien het nie, en van die kruispartikels van daardie kruis, waaraan Ek gekruisig is, wat op grond van baie wyse redes op die hele aarde net so min as eg nêrens gevind kan word, net soos My liggaamskleed wat in Trier in Duitsland al dikwels vertoon is, nie eg is nie; of die gebeentes van die liggame van die drie konings in Köln, of die drie ysterspykers in Mailand, aangesien van hulle in alle Romeinse en Griekse kerke tesame sodanige groot aantal bestaan, dat daarmee ‘n klein trein gebou kon word. Oor die ander dinge kan julle julle eie afleidings maak en dit is nie meer vir My nodig om nog iets daaroor te sê nie. Dat ‘n mens tot nou toe reeds drie egte koppe van Johannes die doper gevind het, sal meer of minder aan julle bekend wees, so ook, dat in die (vermeende) grot van My geboorte nog steeds versteende melk van My moeder Maria opgetel en vir geld aan die vrome pelgrims verkoop word, langs baie ander heilige relieke! -
22] Hou dus net by die Evangelis Johannes; want daardie Evangelie, soos sy Openbaring, is deur sy hand geskryf. Maar wat die twee ander Evangeliste betref, d.w.s. Matteus en Lukas, het Ek vir julle reeds gewys, watter omstandighede met die' twee Evangeliste geheers het. Na Johannes is Markus nog die belangrikste om na te kyk, want dit, wat hy baie kortliks gee, het hy meestal uit die geskrifte en leerstellings van die Apostel Paulus geskep. En hiermee puncto met die vermeende aller verskriklikste aan die einde van alle tye komende jongste oordeelsdag - Amen!
Die 40 dae in die woestyn {lk.04,01-13; mk. 01,12-13;} (20/3/1864)
01] Vervolgings die voortsetting van die verduideliking van daardie verse, wat reeds sedert lang tye alle geleerdes en ook baie teosowe, selfs van die beste soort, ‘n steen van aanstoot was.
02] Onder hierdie verse, wat daar spesifiek baie van by Matteus en Lukas voorkom, behoort ook daardie, waar daar sprake is, hoe Ek deur die Gees in die woestyn gelei is, daar vir veertig volle nagte en dae gevas het en vir My uiteindelik driemaal deur die duiwel laat versoek het, aangesien Ek reeds baie honger was.
03] Onder natuurlike omstandighede is hierdie storie natuurlik totale onsin, want as ‘n gewone mens (en in ‘n normale toestand) kan niemand so lank sonder spys en drank bly nie, aangesien ‘n kwart van daardie tyd vir elke mens voldoende sou wees, om die fisiese lewe in te boet.
04] Verder sal tog elkeen kan insien, of daar in ‘n werklike woestyn ook werklik net vir die uiterste noodgeval iets om te eet en te drink gevind kan word! ‘n Mens moes dan hoogstens met ‘n bietjie dorre mos, verdroogte seidisselbossies en dies meer tevrede wees, en ure lank loop, tot jy op ‘n bietjie vrot water afkom, om die dors te les. Daaruit kan gesien word, dat sodanige manier van vas in natuurlike opsig hoogstens net by daardie diere kan plaasvind, wat ‘n winterslaap ondergaan, maar nooit by die mens, waar niemand langer as agt dae sonder spys en drank die fisiese lewe kan behou nie.
05] Maar mense sal hier op grond van ‘n sekere selotiese oogpunt die' opmerking kan maak: Ek was tog nie net ‘n gewone mens nie, maar gelyktydig ook God, en die Godheid in My kon My liggaam maklik vir veertig dae en nagte sonder spys en drank aan die lewe gehou het! - Maar Ek sê daarteen: Indien dit die geval was, dan het Ek nie gevas nie, want die natuurlike kos het ook net, van God so bestem, die krag, die menslike liggaam te voed en te onderhou. Is dit dan nie een en dieselfde, of iemand direk of indirek deur die goddelike krag en mag gevoed, onderhou en versterk word nie?!
06] In Asië, naamlik in sommige grotte van die hoë Indië, bestaan daar vandag nog ‘n eiesoortige lugsoort, waarin mense baie weke lank sonder spys en drank kan deurbring. Hulle word derhalwe ook ‘lewensgrotte' genoem. Daar kom sodanig versterkende en voedsame uitwasemings voor, dat dit die menslike liggaamsorganisme net so goed kan onderhou soos ‘n spaarsame kos en ooreenkomstige drank. Daardie grotte, en ook vir ‘n taamlik lang afstand die omringende grond, is - en word gedeeltelik nog - vir heilig gehou, en dien vir menigte arm mense, wat daarheen reis, vir maande lank as blyplek; want eerstens word hulle in sulke grotte gevoed en spesifiek siekes op ‘n eiesoortige manier versterk en daardeur weer genees. Indien die grotte dikwels nie voldoende plek het nie, dan word in die reeds bogenoemde grond grafte gegrawe en die siekes en die wat honger is daarin neergelê, sommige in ‘n soort doodskis met gate daarin, die meeste egter heel nakend, met net die kop in ‘n doek gehul, en daarna met skoenhoogte grond bedek, waar hulle dan in sodanige graf ook vir ‘n paar weke kan uithou, en daar soos van ‘n magnetiese fluïdum versterk en van baie siektes genees, weer kan terug gaan na hulle tuistes, natuurlik nadat ‘n klein offer aan die priesters wat die grotte en grafte bewaak, gegee is; en tweedens lok sulke pelgrims, wat as lewendige getuies deur hierdie wonderwerk gevoed en genees is en wat hulle baie kleurvol weet om oor te vertel, baie vreemde mense, sodat hulle dan met groter skatte belaai na hierdie wondergrotte en grafte reis en vir die priesters vir hulle genesingsbewyse aansienlike hoeveelhede goud en silwer agterlaat.
07] Die vraag ontstaan nou: Waarvandaan kry hierdie grotte en die grond in die’ omgewing sodanige voedingstowwe? Die antwoord sal vir 'n wetenskaplike navorser seker niet te moeilik wees om te verstaan nie. Die hoë Tibet is in besit van uitgestrekte rye van die hoogste bergreekse van die hele aardoppervlakte. Hierdie baie uiters hoë berg- en respektiewelike gletserpieke trek dan ook voortdurend die sterkste hoeveelheid van die elektromagnetiese fluïdum hoofsaaklik uit die noorde en as uitruiling ook van die suidpool aan. Die elektromagnetiese fluïdum van die noorde (positief) verbind spesifiek in die meer suidelik geleë dele van hierdie indrukwekkende gebergtes met die' uit die suide opstromende negatiewe fluïdum en vorm daar ‘n heel eiesoortige lewenstof, wat dikwels so sterk is, dat takke wat van ‘n boom afgekap en op die grond gelê word, nie verdroog nie, maar aaneen groen bly, nuwe wortels in die grond dryf en opnuut tot nuwe bome groei, met watter (lewenskragtige) rede ‘n mens in daardie omgewing nog op ‘n hoogte van 14 000 voet bo seespieël ‘n ryke gras- en struikvegetasie aantref soos nêrens anders op die hele aardoppervlakte nie.
08] Ek het hierdie voorbeeld daarom hier geplaas, om vir julle te wys, dat daar in die verre en hoë Indoasië, waar op hoogtes van 5 000 tot 8 000 voet bo seespieël nog ryk draende wingerde verbou word, wel vir veertig dae en nagte gevas kon word; alleen in ‘n woestyn, en dit nog die klipperige Arabië, en spesifiek die woestyn Sahara in Afrika moet dit net iemand probeer, om veertig dae en nagte te vas, en ek waarborg hom, dat hy in daardie tyd reeds in ‘n volmaakte mummie sal verander. {mt.04,01; lk.04,02; mk.01,13; Ex.34,28; 1 kon.19,08; jev09.134,11a}
09] In die omgewing van Galilea, net soos Kanaan en Samaria, het in My tyd geen sodanige woestyn bestaan nie, waar ‘n mens om versadig te raak, nodig gehad het, om uit klippe brood te maak. En Ek as God en Mens sou, om vir My te onderhou, soos reeds gesê, dit nie nodig gehad het nie; want sou Ek natuurlike kos in die’ tyd, al was dit hoe min, geëet het, dan sou Ek volgens die begrip van die selote nie gevas het nie, en sou Ek vir My deur die Godheid in My wonderbaarlik onderhou en laat versterk het, dan sou Ek net so min vas soos ‘n pelgrim in die boegenoemde hoog geleë Tibetanse grotte. Dus is My vas (in die woestyn) soos beskryf in die ware pseudo-Mattheus, net soos baie ander dinge, geheel en al verkeerd verstaan, net soos op die einde van die vastydperk die letterlik vertelde versoeking deur die duiwel, wat Ek weens die een of ander rede oor My laat bring het, en Ek sou by al My oneindige wysheid werklik nie verstaan, waarom nie? Want - wat is dan eintlik die duiwel of die Satan? Dit is die dooie materie en die' daarin gebonde en daardeur dikwels vir uiters lang tye geoordeelde geeste, wat nêrens meer star en meer geoordeel is, as juis in ‘n woestyn, waar daar meer dood en minder lewe voorkom. {mt.04,02; lk.04,02; mk.01,13; Ex.34,28; 1 kon.19,08; b mt.04,03-10; lk.04,03-13}
10] Maar indien dit die duiwel of Satan is, en Ekself sedert ewigheid uit die hoogste liefde en wysheid bestaan, met watter rede moes Ek dan vir My deur die Satan op sodanige manier laat versoek het, waaroor ‘n net bietjie helder denkende mens, net die kop moet skud? Ek kon ook vir My sonder sy raad brood en drank verskaf het, om daarmee My liggaamlike persoon te voed, aangesien Ek tog dikwels daarna in staat was, vir ‘n paar keer baie duisende met baie min brode te versadig, en ook baie kere die leë spense met brood, meel en soortgelyke dinge, en die leë wynpypype in kelders vol gemaak het.
11] En waarom moes Ek vir My deur die versoeker op ‘n toring van die Tempel van Jerusalem laat plaas? Vir die doel sou tog enige hoë rotswand ook voldoende wees, waar Ek nie deur so baie mense, wat altyd om die Tempel was, gesien en dopgehou moes word nie. Sou Ek werklik op ‘n uitgeboude muurkrans van die Tempel gestaan het, dan sou seker die een of ander vir My gevra het, hoe Ek daar opgekom het en wat Ek daarbo sou gemaak en gesoek het, en die mense sou dan vir My ook nie meer so maklik toelaat, om weer van die’ plek af na die woestyn terug te keer nie. Van Jerusalem af sou daar oor sodanige gebeurtenis verseker notisie geneem wees waarvan weer oorvertellings gemaak sou word.
12] Ten slotte vereis die duiwel op die kruin van ‘n hoë berg, wie se naam die Evangelis nie noem nie, waarskynlik op grond van die eenvoudige rede, omdat die Sidonees (L'Rabbas, skrywer van die Mattheus Evangelie) Galilea of Kanaan te min geken het en dus ook enige naam van ‘n onbekende berg geleen het, waarop Ek, as Eienaar van die totale oneindigheid sou gestaan het, deur vir hom te aanbid, die rykdom van hierdie aarde sou ontvang, wat in sy totaliteit vir My niks beteken nie, waarna Ek eers vir hom die consilium abeundi gegee het. {mt.04,01-11; lk.04,01-13; mk.01,12-13}
13] Ja, daar is wel iets aan die verhaal van die werklike Evangelis Mattheus geleë, maar wat in julle Evangelie totaal verkeerd begryp en verkeerd verstaan is; maar dit is nie in die geringste materieel nie!
14] Ek het vir My van die huis van Joseph werklik vir veertig dae onttrek en het na die omgewing gegaan waar Johannes die Doper dan hier en dan daar naby die Jordaanrivier sy boetepreke gehou het; en Ek het vir My ook in My menslike natuur op dit voorberei, wat Ek binnekort daarna aktief begin doen het.
15] Dat Ek as mens by daardie geleentheid net baie spaarsaam geleef het, is vanselfsprekend, aangesien Ek tog as timmerman nooit ‘n swelger was nie.
16] Ek het met My Gees nie net die hele aarde deurdring nie, maar die hele oneindige materiële skepping met die doel (‘n verdere oorweging), hoe dit die vinnigste en maklikste sou wees, om aan al die in die materie gevange geeste die volle vrywording van hulle eie ek en volste selfstandigheid van hulle ten volle geoordeelde wese te bewerkstellig. Daarvoor het Ek juis hierdie toets met My Gees in verbinding met My liggaam onderneem.
17] En sien, daar het in Myself drie volmaakte moontlikhede vertoon.
18] Die eerste het daarin bestaan, om die hele materiële skepping in een oomblik op te los en vir al die daarin gevange geeste ‘n eie bestaan te gee, waarin hulle vir My wel sou kon erken, maar nooit ten volle gelyk aan My kon word nie.
19] Tweedens, om vir hulle nog ‘n kort tyd in die materie te laat, maar om hulle dan sonder die baie ontwikkelingsvlakke te laat opstaan; om hulle dan in sekere groepe te deel en op die’ wyse laat voortbestaan. Maar in daardie geval sou hulle, deurdat hulle met ‘n baie hoë intelligensie toegerus is, binne hulle groepe sodanig vorm en ontwikkel, dat hulle maklik van die hoë torings van hulle erkentenis kon afstort, en vir My sou dan weer ‘n tweede gevangenskap in ‘n meer vaste materie noodsaaklik word.
20] ‘n Derde moontlikheid het ook daarin bestaan, om al die gevange geeste weer op een slag op te wek en hulle op die vlak van die oer-geskape groot geeste, maar afsonderlik, te plaas. Maar dit sou beteken, om hulle aan die oer-hoogmoed bloot te stel, en daar sou uit die een verlore seun tallose eons geword het, wat baie moeiliker die ware pad huis toe sou gevind het. Hierdie groot idee was dus deur My as onbruikbaar beskou, en die weg, naamlik, dat Ekself die materie in My volle Goddelikheid moet deurbreek en deurwandel, vir alle ewigheid die aangewese en finale een was, waardeur alle kreatuur tot hulle volste vryheid en selfstandigheid gelyk aan My kan word.
21] En sien, daaruit bestaan geestelik My vas en die' van die Evangelis te materiële verhaal van die versoeking van die duiwel aan My persoon.
22] Dit is dan hoe hierdie evangeliese saak aangeneem, geglo en verstaan moet word. Maar wie dit volgens die materiële daarstelling aanneem, die sal maar op die verduideliking en die verstaan daarvan in die groot hiernamaals moet wag; en sulkes wat sonder eie skuld moet wag, is daar reeds baie. Daarom sal dit ook nie vir hulle as ‘n sonde gereken word nie, maar hulle sal in ‘n meer helder sielstoestand van iets beter in hulle innerlike gewaar word. Want hoe wil ‘n mens dit dan vir die totaal stok blinde mense as ‘n sonde reken, waaraan hulle nie die geringste skuld dra nie? Soos vanself onstaan hier nog twee vrae wat beantwoord moet word.
23] Die eerste: Waarom het Ek as alwetende en almagtige God en Here dit dan toegelaat, dat My suiwer woord wat aan die Apostel en selfs baie ander mense gerig was, deur hierdie en so baie ander Evangeliste nie selde nie op die mees teenstrydige wyse oorlewer is, en daar deur My so weinig waarneembare aksies onderneem was om dit tee te werk?
24] Hierdie vraag is dieselfde, soos iemand wat vir My sou vra, waarom Ek op hierdie aarde nie net hawer, koring en gars en goeie vrugtebome uit die bodem van die aarde laat groei nie. Ek glo, dat hierdie vraag nie nader beantwoord hoef te word nie, aangesien reeds sedert lang tye die mense deur sy navorsing die ondervinding opgedoen het, dat daar nie éen soort onkruid op die hele aarde voorkom nie, waaruit, by korrekte aanwending, nie iets nuttig en heilsaam berei kan word nie. Die aptekers en dokters sal dit die beste verstaan, dat ‘n mens uit suiwer koring, graan en gars geen koors kan genees, geen uitslag verdryf en geen maagongesteldheid kan kalmeer nie!
25] Soos wat dit hier van toepassing is, dat alles sy nut en doel het, so het ook die baie dwaal- en bygelowige mense op hierdie aarde hulle nut en doel; want sou almal, terwyl hulle op die wêreld aanland, sodanig verlig wees soos die aartsengel Raphael, maar nogtans hulle trae liggame dra, dan sou ook geen mens meer roer, om oor enige iets na te dink nie en gemoeid wees om die reine waarheid te soek en te vind nie. Daar sou binnekort ‘n algehele letargie intree, aangesien geen mens vir die ander van nut kon wees of hom skade toe voeg nie. So word die mense wat met ‘n meer helder verstand begaafd is, eers deur diegene wat dom is in regverdige ywer geplaas, om die domheid en duisternis, hoe meer dit dreig om uit te brei, met meer ywer en energie teen te gaan, en het dan ‘n groot vreugde daaraan, indien hulle deur hulle ywer ‘n groot aantal blinde dwase op die weg van lig geplaas het.
26] En vir hierdie behoefte deug dan ook die in die materiële letterbetekenis teenstrydige Evangelies; die suiwer Gees is nog steeds daarin teenwoordig, wat elke deur My net ‘n bietjie verligte mens kan raaksien.
27] Maar wat die sogenaamde gewone mensdom betref, wat in hulle blinde eenvoud nes kinders ook die messingwasser vir die werklike munt aanneem, doen dit hulle geen skade nie; want julle weet dan, dat in My Vader se huis baie wonings en skole is, waarin sulke geestelik verarmde siele tot ‘n regte lig kan kom en ook sal kom. En daarin lê die oorsaak, waarom Ek met die sogenaamde verstand-, vernuf- en sinnelose goewerneurs van God op hierdie aarde geduld het en dra. Maar alles het hier sy tyd en duur. Wat vandag nog blom en bestaan, kan môre reeds verdor en vergaan! Dit sou dan die antwoord wees op die eerste vraag.
28] Maar die tweede vraag bestaan daarin: Hoe kon Ek as die hoogste wysheid van ewigheid, daaroor met Myself so te sê ‘n selfversoekende raad hou, op watter wyse al die in die materie gebonde geeste op die mees doeltreffende manier na hulle vryheid en selfstandigheid sal kan oorgaan? Nou, hierdie vraag blyk natuurlik moeiliker te beantwoord, as die eerste een. Alleen Ek sê: Kan Ek, as die ewig hoogswyse wese, dan nie ook van tyd tot tyd vir My die genot gun, om by baie groot en gewigtige skeppingsaangeleenthede met My inwendige liefde (die Vader) bietjie beraadslaag, hoe dit of dat beter en meer doeltreffend gedoen kan word nie? Sulke beraadslaging is vir My ‘n verhoogde saligheid, net so ook vir alle My gelykend hoogs wyse engelsgeeste in die hele oneindigheid!
29] Die dieper nadink oor ‘n hoogs belangrike aangeleentheid dien dan vir ‘n goeie en wyse mens van hierdie aarde as ‘n groot en besaligende genot; waarom sou dan Ek as die Oer-Skepper van tallose gedagtes en wense in die mens en engele - die genot, om goddelik te dink, geheel en al ontbeer? -
30] Ek kon ook op aarde alles sodanig inrig, dat die vrugte, wat daar eers mettertyd ryp word, reeds ryp, soos die reën, hael en sneeu en destyds die Manna vir die Israeliete in die woestyn, op die aarde geval het, of dat hulle minstens op die bome en struike van vandag tot môre ryp word. Maar Ek meen, dat juis volgens My raadsbesluit alles op die beste manier op hierdie aarde ingerig is, soos wat dit nou ingerig is. En die mense is ten slotte oor ‘n boom wat blom net so bly soos oor ‘n boom wat reeds met ryp vrugte behang is.
31] Sodanige vrae, wat mettertyd hier en daar deur enige hoogwyse geleerde aanvoer mag word, kan vergelyk word met die twis van die ou absurde wêreldwyses, wat daar die hoogs belangrike vraag opgebring het: Wat die Godheid nou eerste geskep het, die eier of die hen? Want sonder die eier sou nie ‘n haan nog ‘n hen op die wêreld kon kom nie, en sonder die hen en ‘n haan sou egter ook geen bevrugte eier in die wêreld geplaas kon word nie! Maar Ek vra daarteen: Of vir die geboorte van ‘n sentrale - of ander son of ‘n aarde ook ‘n voorafgaande eier nodig was? - Wie dus hierdie groot dinge uit Homself kan voortbring, vir Hom sal tog die hoë geleerdheid van die mense van hierdie wêreld die magtiging verleen - om hetsy ‘n eier of dan die hoenders met ‘n haan eerste die bestaan te gee.
32] Die eerste menspaartjie het ook nie ‘n eier benodig, om daaruit ten voorskyn te kruip nie. Die mens is deur My net soos enige ander kreatuur volmaak in die materiële wêreld geplaas, en terselfdertyd met die verlening van die daaropvolgende voortplantingsvermoë (tot infinitief), watter aksie baie meer natuurlik is, as wat Ek vooraf ‘n klomp eiers op die aarde sou plaas, waaruit dan alle soorte kreatuur deur die hitte van son sou moes uitbroei.
33] Ek meen, met dit sal julle ook oor die tweede vraag regkom; en dus niks verder meer van My veertig daagse en nagtelike vas en oor My duiwelsversoeking in die woestyn. Dus goed vir nou, en vervolgens weer ‘n ander teks uit die Evangelies wat nie met die suiwer verstand en suiwer rede ooreenstem nie. Amen.
34] ‘n Aanmerking: Tot die' in die Evangelies genoemde versoeking deur die duiwel in die woestyn, op die toring van die Tempel en op die kruin van ‘n hoë berg dien nog volledigheidshalwe die volgende van hierdie vir al die wêreld mistieke aangeleentheid, maar wat nie na die uiterlike verwys nie, maar net in terme van die geestelike wêreld aangeneem en verstaan moet word. (Gegee op grond van sommige bedenkinge deur vriende van Lorber; - die uitg.)
35] In daardie tyd van veertig dae ter voorbereiding van My leeramp het Ek dit teogelaat, dat op die een of ander dag allerlei goeie en ook slegte siele van verstorwe mense na My toe kon kom om hulle probleme voor te lê. Toe het teen die einde (van hierdie geeste-oudisie) ook ‘n siel uit die oertyd na My toe gekom. Dit was op ‘n tyd ‘n baie bose heerser en het tot My die bekende woorde, wat in die Evangelie opgeteken is, gespreek, en het hom in die gees op die drie bekende punte beroep. Daarom het Ek vir hierdie nog baie arm siel, wat op ‘n dag ook op hierdie aarde as mens gewandel en gehandel het, gesê: ‘Die mens leef nie van brood alleen, maar ook van elke woord, wat uit die mond van God kom'; en op die toring van die Tempel (ook net in die gees) ‘jy moet vir God alleen dien en Hom nie versoek nie, soos jy Hom op ‘n tyd as mens op die aarde versoek het'; en op die kruin van die berg, waar die' gees van hierdie bose koning vir My belowe het om alle ryke te gee, waaroor hy op ‘n tyd gebied het, as Ek vir hom ‘n goddelike verering sou gee; waarop Ek hom dan beveel het om van My af weg te gaan. Want die gees of siel van hierdie koning was baie dieselfde soos daar was die gees of siel van die Babiloonse koning Nebukadnezar, wat dit, wat hy met sy naam uitgedruk het, van sy volk ook by die doodstraf verwag het. Maar sy naam beteken dit: "Daar bestaan behalwe vir my geen ander God nie! Vir my moet julle aanbid en julle God met kosbare offers hoogs vereer." Dat Ek vir Nebukadnezar ‘n baie seldsame consilium abeundi (uittrede) gegee het, hoef julle net in die skrif na te slaan en op te lees. Sodanige mens of gees verdien ook niks beter nie as dit: ‘Gaan weg Satan!' om onder daardie gestalte nooit meer voor My aangesig te kom nie. Hierdie kort opmerking mag vir julle nog as regstellende verduideliking tot My veertig dae en nagte se vas in die woestyn en tot die duiwelse versoekerei dien. En nou mag julle met ‘n ander evangeliese teenstrydigheid na vore kom. Ek sal dit reg stel. {mt.04,04; dtn.08,03; lk.04,04; mt.04,05; lk.04,09; mt.04,07; lk.04,12; mt.04,08; lk.04,05; mt.04,10; lk.04,13)
Oorwaks en mantel {mt.05,39} (21/3/1864 van 10:30 die oggend tot 1:00 die middag)
01] Wat die 5de hoofstuk en die 39ste vers in Mattheus betref, waarin dit sê, "dat hulle nie aan die euwel moet toegee nie, maar indien iemand iemand anders ‘n oorwaks gee, dan moet hy dit nie vergeld met ‘n teen oorwaks nie" ens., vers 40, "indien iemand met jou wil stry oor jou rok, dan gee hom eerder nog die mantel by", moet die volgende in aanmerking geneem word:
02] Indien iemand net ‘n bietjie helder kan dink, dan sal hy dit op die eerste oogopslag insien, dat dit wat Ek gesê het nie eens van ver af in die materiële konteks ‘n aanwending moet vind nie en nie kan vind nie; want Ek het dit by ‘n geleentheid gesê, toe mense vir My vra, of Moses se verordeninge deur My suiwer liefdespreek opgehef sou word. Maar Ek sê: "Ek hef nie ‘n enkele woord van die wet van Moeses op nie, en vervul dit sover, as wat dit die liefde inhou.
03] Dit is wel waar, dat vir die voorvaders deur Moses gesê is: ‘n Oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand! En wie iemand doodslaan, moet ook weer deur die dood gestraf word; maar onder julle My dissipels, moet dit anders wees." En juis daar het Ek die voorbeeld van die oorwaks en van die twis oor die regmatige besit van die rok gegee, wat natuurlik nie heel korrek neergeskryf is nie en daarby kom nog die onakkurate vertalings vanuit die Hebreeuse taal na die Griekse taal, van daar in die Romeinse taal, en lank daarna eers van die drie eersgenoemde tale na Duits, wat in die tyd van die vertaling nog baie woordarm was en vir sommige uitdrukking in die drie tale nie een woord gehad het, om dit korrek weer te gee nie.
04] En die verse moet meer presies soos volg lees: "Wanneer jy met ‘n broer of buurman oor ‘n klein saak in ‘n twis beland het en hy vasberade teen jou optree, dan moet jy nie nog heftiger reageer nie, sodat die ou vriendskap tussen julle weer lewendig kan word!" {vgl. HaG1.174,14; Mt.05,39}
05] Daarin is dus van ‘n oorwaks geen sprake nie. Juis daardeur sou Ek vir die sterker een die reg beaam, sy swakker broer of buurman, so dikwels dit hom pas, nie net met een, maar ook met twee oorwakse by te kom.
06] En dieselfde geld ook vir die saak van die stryery oor die rok. Maar om hierdie stryery oor ‘n rok beter te verstaan, moet ‘n mens betreffende die Joodse huistradisies en gebruike ‘n ten minste halfpad voldoende kennis besit. {Mt.05,40}
07] Dit was onder hulle van ouds af ‘n gewoonte en gebruiksvorm, indien iemand op ‘n tyd, wanneer hy gewoonlik geen geld en geen verkoopbare huisdiere gehad het nie, maar ten spyte daarvan nog steeds ‘n rok of ‘n mantel of altwee kledingstukke terselfdertyd benodig het, dat hy dan na die een of ander kleremaker van sy gemeente van die dorp gegaan het, het aan hom sy probleem gestel en het dan die betalingsdatum bepaal. Maar nou het dit dikwels gebeur, dat sommige nie by sy betaaldatum kon hou nie of dan ook nie wou nie, en die rok- en mantelvervaardiger was dan verplig, om vir nog ‘n volgende tweede, ja selfs tot ‘n derde en laaste datum - maar teen ‘n klein rente - te wag, tot uiteindelik die derde en laaste datum verbygegaan het. Na die derde termyn het die rok- en mantelmaker die reg gehad, om die ooreengekome bedrag van hom te verlang, vir wie hy die mantel en rok gemaak het, en daar het dit voor die regter nie selde ‘n baie warm debat afgegee. Die rokmaker wou sy ooreengekome geld kry, terwyl die eienaar van die rok en die mantel allerlei redes aangevoer het, hoekom hy ook nie na die afloop van die derde termyn sy skuldeiser kon bevredig nie. Vir die’ geval het by die Jode ‘n wet bestaan, dat in die geval waar iemand werklik nie kon betaal nie, die gemeente verplig was, om die kleremaker te vergoed, om hom daardeur in bedryf te hou. Die gemeente het dan die reg gehad, om mettertyd by die gemeentelid wat in gebreke gebly het om te betaal, te eis, indien hulle sou gewaar, dat hy wel in staat was om te betaal. Maar onder tien sulke skuldenaars was daar skaars een wat gewillig was om te betaal en het die ander dit verstaan om allerhande redes aan die gemeente vir hulle permanente onvermoë om te betaal, voor te lê. Daardeur het dit dikwels tot jarelange stryery in sodanige gemeente gelei, en Ek was op ‘n keer daaroor gevra, wat daar na regte gedoen moet word, om sodanige euwel teen te werk. En juis daar het Ek gesê: Die beste en mees doeltreffende middel bestaan daarin: om eerstens volgens die wet van Moses volkome redelik en eerlik te wees, waarvolgens iemand nie iets moet begeer of verlang nie wat aan sy naaste behoort. Maar aangesien dit oor ‘n twis van ‘n rok gaan, dan moet dit vir die skuldenaar en skuldeiser geld: ten minste een- tot twee maal eerder die rok en ten slotte ook nog die mantel te syde te stel, as om die hele gemeente in baie onnodige stryery en twissake te lei.
08] Nou, wie dit weet, sal onmoontlik vir My van ongeregtigheid kan beskuldig, omdat Ek sodanige raad uitgedeel het, sodat in die vervolg vrede en enigheid onder hulle sou heers.
09] Maar die Evangelis wou dit, aangesien die skrywery vir hom ‘n bietjie lastig geword het, met so min woorde as moontlik weergee, om tyd en moeite te spaar; want die skrywery het in daardie tyd nie so vinnig verloop nie, maar net baie moeisaam en stadig. Vir ‘n bladsy, wat vandag net enige bietjie geoefende skrywer in ‘n tyd van twintig tot dertig minute neergeskryf het, het l'Rabbas uit Sidon, of Lukas in Jerusalem of Theophilus in Atene, Korinth of Syrakus, waar hy dikwels woonagtig was, by alle fluksheid ongeveer agt dae geneem; óf hy moes sy letters met ‘n staalgriffel in spesifiek daarvoor voorbereide klipplate inkerf, óf hy moes hulle met ‘n fyn kunstenaarskwas op perkament feitlik teken. Vir die geoefende tekenaar of skrywer met ‘n kwas het die teken van die letters natuurlik aansienlik vinniger verloop, maar ook nie baie vinniger as die ou griffel nie. En dit was dan ook die rede, waarom die skrywers in My tyd net die nodigste neergeskryf het, en l'Rabbas, tot hy sy laaste, d.i. is die vyftiende Evangelie op perkament voor hom gehad het, vir sodanige werk naby aan vyfentwintig jaar benodig het, ten spyte daarvan dat hy baie fluks en ywerig was. Dat dan sulke skrywers net die nodigste geskryf het, net die belangrikste woorde so te sê aangeraak het en die bykomstige sake ter verduideliking van die hoofbegrippe uitgelaat het, sal vir julle nou verstaanbaar wees.
10] Maar, sal daar maklik iemand vra: "Moses en ook ander profete uit die voortyd het tog ook uitgebreide boeke geskryf; hoe lank het dan Moses gebruik, om net die bekende vyf boeke te skryf, met die weglating van die sesde en sewende boek, en ‘n beduidende profetiese aanhang?"
11] Daarop sê Ek vir julle, dat volgens sy destydse skrif alle deur hom geskrewe boeke in terme van alle volumes nie langer was as een Evangelie van Johannes nie. Moses het nog in die' aan hom goed bekende Egiptiese hiëroglieweskrif geskryf. Eers in die tyd van die Rigters, wat met daardie skrif nog goed bekend was, sowel as met die ooreenkomstig korresponderende betekenis daarvan, is die boeke van Moses met ou Hebreeuse letters op perkament gebring, wat mense in die ou stad Pergamus goed verstaan het om te vervaardig. Maar selfs daardie skrif was vir die meeste Jode wat in My tyd geleef het nie verstaanbaar nie, omdat die vokale tussen die konsonante nie voorgekom het nie. Hulle was genoodsaak, om ‘n nuwe afskrif te maak, waaraan die sogenaamde ou skrifgeleerdes meer as tweehonderd jaar deelgeneem het, en die naam skrifgeleerde het ook daarvan sy oorsprong, nie dat hulle die regte betekenis van die skrif sou verstaan nie, waarin die meeste skrifgeleerdes tesame met die fariseërs suiwer skaapkoppe was, maar omdat hulle die ou vokaallose skrif uit die tyd van die Rigters kon lees. Daarom moet julle julle nie verwonder nie, dat dit tussen My en sulke skrifgeleerdes dikwels tot ‘n woordgeveg gekom het, waaraan hulle op grond van hulle bewese blindheid geen plesier gehad het nie. Hierdeur sal die twee twyfelagtige skrifgedeeltes duidelikheid kry.
Jesus bring in plek van vrede die swaard {mt.10,34-36}
01] Maar nou kom die 10de hoofstuk van Mattheus met die verse 34 tot 36:
02] "Julle moet nie dink, dat Ek gekom het, om vrede op aarde te versprei nie. Ek het nie gekom om vir julle die vrede van hierdie wêreld te bring nie, maar die swaard om te veg. Want Ek het net gekom, om die mens teen sy vader, die dogter teen die moeder en die skoondogter teen die skoonouers op te sweep. En die mens se huisgenote sal sy vyande wees."
03] Wie hierdie drie verse letterlik opneem, wat boonop nog baie onvoldoende vertaal is, die beland noodwendig in ‘n labirint van verwarring, waaruit hy ook nie met die lig van ‘n oersentraalson sal kan uitkom nie . Want soos uit die voorafgaande gesien kan word, leer Ek en begeer Ek alle denkbare toegeeflikheid, vreedsaamheid en vriendelikheid onder die mense; en Moses self leer in sy vierde gebod uit My mond: "Eer en ag en wees lief vir vader en moeder, sodat dit goed gaan met jou op aarde en jy lank mag lewe."
04] Hoe kon Ek dan presies ‘n teenoorgestelde leerstelling opstel, waarvolgens ‘n seun met sy vader, die dogter met haar moeder, die skoondogter met haar skoonouers ens. met die swaard in die hand in voortdurende onmin, boonop nog in een huis, met mekaar moet lewe!?
05] Om hierdie tekste, wat oorspronklik werklik van My af is, te verstaan, en om hulle as My leerstelling te waardeer, moet ‘n mens eers weet, by watter geleentheid Ek hulle uitgespreek het, en ook hoe, met betrekking tot ‘n korrekte vertaling.
06] Die geleentheid was, toe Ek in ‘n plek in Galilea vir die volk die pligte geleer het, wat hulle vir God en ondermekaar moet skuldig wees. En Ek het vir hulle gesê: "Ek leer vir julle niks anders, as wat My Vader van ewigheid af vir My geleer het nie, van wie julle ook sê, dat hy julle Vader is, maar wat julle nog nooit geken en erken het nie. Want sou julle Hom ken, dan sou julle ook vir My ken, aangesien daardie Vader vir My na julle toe gestuur het."
07] Hulle het toe daarop gesê: "Wat maak jy van jouself; is ons dan nie kinders van Abraham nie, en het God nie vir Abraham gesê, dat ons almal, wat van hom afstam sy kinders is nie?" Maar toe word Ek opgewonde en sê: "Julle moet volgens afstammelinge van Abraham God se kinders wees, maar julle is dit al lankal nie meer nie, maar julle vader is die Satan, julle moeder is die legioen van duiwels, en julle skoondogter se skoonouers is julle skaars meetbare blindheid, traagheid en boosheid; en hierdie grootste vyande van die mens is julle huisgenote! - En wie van julle weer die ware kindskap van God wil bereik, die gryp die swaard van waarheid, wat Ek vir julle preek, en veg vir solank teen sodanige huisgenote, tot hy hulle oorwin het."
08] Toe het natuurlik die hopie fariseërs en skrifgeleerdes gevra, hoe Ek dit kon waag - om hulle kinders van Satan, alle duiwels en hulle eie blindheid, traagheid en boosheid kan noem, aangesien dit tog bewys is dat hulle almal afstammelinge van die stam Levi is?
09] Maar Ek het gesê: "Volgens die vlees wel, maar volgens die gees is julle nie gelyk aan Levi nie - wat van bo is, waar ook Ek vandaan kom, maar van onder af; daarom julle ook nie vir My erken nie, maar vir My haat en vervolg."
09] Hieruit sal vir elkeen duidelik wees, en spesifiek vir ‘n flukse en deeglike kenner van die Hebreeuse skrif, dat Ek hierdie van die pseudo-evangelis Mattheus of dan beter die vir julle reeds bekende l'Rabbas uit Sidon se drie verse uit die 10de hoofstuk wat vir julle opgeval het, juis net by daardie geleentheid uitgespreek het, wat Ek so pas aan julle verduidelik het, en woordeliks op die’ wyse, soos Ek dit nou vir julle weergegee het. Want die vertaalde verse, wat julle as heel teenstrydig met My Gees uit die Evangelis uitgelig het, sou dan mos van selfsprekend My hoofleerstelling van naasteliefde, sowel as die wet van Moses, regstreeks tot niet maak.
10] Wie van julle almal, indien hy net ‘n enkele vonk geloof in My en My leerstelling besit, kan van My dink, dat Ek vandag as die heiligste vir alle mense op die hart druk, om vir God bo alles lief te hê en te erken, en sy naaste soos homself, en môre met ‘n ander gebod kom, en sê: "Haat en vervolg mekaar en waar moontlik met die swaard in die hand." Ek meen, dat ‘n mens genoodsaak is, om sodanige leraar uit die ryk van die barbare klaarblyklik in veilige bewaring te bring, aangesien sodanige leraar baie duidelik in ‘n malhuis behoort. En aangesien Ek nou vir julle hierdie tekste in die regte en ware gees verduidelik het, sal julle tog insien, dat Ek daardeur nie in die geringste My goddelike wysheid teengegaan het nie en sodoende ook nie ‘n malhuisinwoner is nie, soos wat sommige skrywer van die moderne tyd al vir My uitgekryt het, wat vir My ten spyte daarvan nie met grimmigheid teenoor hulle vervul nie, maar Ek vergewe hulle dit, omdat hulle werklik nie weet, wat hulle doen nie. Eers genoeg oor die twyfelagtige verse vir nou. Amen.
"Wees slim soos die slange maar sonder valsheid" ens. {mt.10,16-17;} (22/3/1864 van 11:00 soggens tot 4:00 die namiddag)
01] Skryf wat daar betref die 16de en 17de vers uit die 10de hoofstuk van die Evangelie Mattheus, waaroor reeds in die deur My gedikteerde werk Johannes nie net eenmaal, maar verskeie kere melding gemaak is. Desnieteenstaande wil Ek vir julle daaroor nog ‘n nadere verduideliking gee.
02] Ek het dit vir die Apostels reeds destyds gesê, toe Ek hulle vir die eerste keer voor My uitgestuur het, en dit was in My eerste leerjaar, in welke tyd die mense in die algemeen nog min van Myself geweet het. In Galilea hier en daar, in Samaria ook, maar in die omgewing van Jerusalem het ‘n mens nog baie min van My geweet, en wie ook iets geweet het, het die saak uit vrees vir die fariseërs so geheim as moontlik by homself gehou, en daarom het Ek vir die op ‘n kort tyd vooruit gestuurde Apostels gesê:
03] "Sien, Ek stuur vir julle nou soos skape onder die wolwe; daarom wees slim soos die slange, maar nogtans sonder valsheid soos die duiwe. Wees op julle hoede voor sekere van die hoë wêreldmense, want dit is hulle, wat sal poog om julle te vernietig. Kom julle in ‘n stad, waar julle sulke mense sal aantref, moet nie daar bly nie, maar vertrek binnekort en skud nog die stof van sodanige stad van julle voete af; want vervolg hulle vir My, die Here, soos aan julle bekend is, hoeveel meer sal hulle nie vir julle as engele van God groet nie. Wanneer Ek vir julle die tweede keer in alle wêreld sal uitstuur, sal julle terwille van My naam allerhande moontlike vervolging ly, en ‘n mens sal vir julle aan die gereg oorhandig. Alleen, moet nooit vir hulle vrees, wat wel die liggaam kan doodmaak, maar verder vir die siel geen skade kan toevoeg nie, en wanneer hulle vir julle in die howe wil eksamineer, moet nie vrees, hoe en wat julle sal antwoord nie; want daar sal vir julle die antwoord in die mond gelê word, waarteen die regters niks sal kan sê nie. Maar Ek sê dit vir julle, My woord sal nog lank nie al die mense bereik het, alvorens EK nie weer onder julle sal tree en die volk, wat altyd gemoeid was om vir My en vir julle vyandig teen te staan, sal oordeel nie."
04a] Die’ profesie is eerstens op die ondergang van Jerusalem gerig, en vir latere tye op alle van watter aard ook al heidendom van die hoer van Babel.
04b] Hier het die ietwat verskrikte Dissipels, respektiewelik Apostels gevra, of hulle ook hierdie keer voor die howe van allerlei maghebbers gesleep sal word? En Ek het vir hulle gesê: "Hierdie keer sal julle min met die vyande van die lig te doen kry. Maar wanneer Ek eendag liggaamlik hierdie aarde sal verlaat, dan sal julle ter wille van My naam, vernaamlik deur die Jode en hulle priesters, baie beproef word. Maar dink altyd, dat Ek nooit vir julle alleen sal laat nie en julle vooraf die krag en mag sal laat toekom, om vir julle in die hoogste noodgeval teen My vyande kragtig te beskerm. En die wolwe, onder wie Ek vir julle sal stuur, sal Ek ook nou vir julle stuur, sal min of niks aan julle kan doen nie, indien julle waaragtig in My naam slim sal wees nes die slange, maar daarby sonder valsheid nes die duiwe. Julle sal op slange, skerpioene en salamanders loop, en hulle sal geen skade vir julle kan berokken nie, en wanneer iemand vir julle sal gif gee om te drink, dan sal dit geen uitwerking hê nie. Dit vir julle troos! Vertrou altyd op My, en Ek sal ook nooit vir julle verlaat nie, maar in die gees by julle bly met al My liefde, wysheid, mag en krag, wat vir julle die grootste en mees effektiewe hulp sal wees teen elke vyand van watter aard ook al.
05] Daarop het My Apostels in pare na verskillende rigtings uitgegaan en My naam gepreek en hoe die ryk van God baie naby na die mens toe gekom het. Maar in die omgewing van Jerusalem het hulle nie gekom nie; maar wel in die omgewing van Sidon, Tyrus en Joppe, Galilea en ‘n paar het selfs tot Sirië geloop. Maar hierdie hulle sending deur My het nie al te lank geduur nie. Toe Ek op My eie in Kis by Kisjona gekom het en daar na ‘n paar dae in geselskap van hierdie My vriend en verskeie van sy huisgenote op ‘n taamlik hoë berg geklim het, het Ek op die bekende wonderbaarlike wyse al My twaalf uitgestuurde Apostels met behulp van My onsigbare helpers deur die lug op hierdie berg laat bring, waarop Ek vir My bevind het, en het vir My van hulle sommiges laat vertel. En sien, hulle het My vertel, dat hulle met alles goed uitgekom het maar net op een plek ‘n besete knaap aangetref het, waar die bose geeste nie op hulle bevel gereageer het nie. Ook het hulle beswaar gemaak oor die' aan julle reeds bekende Johannes van Samaria, wat op eie vrye aandrang My naam en My in Samaria gehoorde boodskap gepreek het, en in My naam ook wonderwerke verrig het; en Ek het hulle dan gevra, of hy vir My of teen My is? En hulle sê: Vir Jou, en Ek sê toe: Dan laat ons hom ongestoord sy werk doen.
06] Hierdie Johannes is juis dieselfde, wat later in Damaskus sodanig suksesvol My woord en My naam gepreek het, dat hy in daardie groot wêreldstad baie duisende na My toe bekeer het, en Paulus, voormalige Saulus, wat nog in diens van die fariseërs gestaan het, genoodsaak was, om met ‘n bende na Damaskus te trek, om ook daar die Christene op die mees wrede manier te vervolg.
07] Alleen, toe het Ek Myself, soos julle weet, teen hom opgetree en hom sodanig verander, dat hy reeds twee dae daarna een van My aller ywerigste Apostels geword het, en met betrekking op die uitbreiding van My boodskap, vernaamlik onder die heidene, baie meer en beslissend werksaam was, as al die ander apostels en hulle baie dissipels. Hulle het wel na baie van die bekende ryke op aarde getrek, maar het min verrig, selfs in die groot Jodeland, waar hulle vir twaalf jaar lank na My, gemeentes gestig het. Maar hulle, soos ook die' in Laodicea, Sardes, Tyrus, Smyrna en nog ander gemeentes, het na ‘n kort tyd sodanig ver van die grondprinsiepe van My boodskap afgedwaal, dat Ek genoodsaak was, om deur Johannes (die Evangelis) die meeste gemeentes in sy Openbaring as verwerplik te laat daarstel.
08] Petrus self, voordat hy nog van Jerusalem weggetrek het, waar hy spesifiek in die huis van Lazarus of in die huis van Nikodemus of by Joseph van Arimathea gebly het, was genoodsaak, juis in Jerusalem ‘n sogenaamde kerkvergadering te hou, waarin hy aan hierdie gemeentes geskryf het, wat hulle as deels Jode en deels Christene moet nakom, watter kerkvergadering deur die Evangelis Lukas ook kortliks aangeraak word en min vrugte gedra het. Daaroor het weer Paulus by ‘n samekoms vir Petrus skerp verwyt, aangesien hy met die Jode nog volkome ‘n Jood wou wees, en aan hulle doktrines, wat Ek opgehef het, te groot waarde geheg het en daardeur vir die Jode wat aan My geglo het, die gewete beswaar het; maar wanneer hy alleen onder die heidene was, oor die opgehefte gebruike en tradisies van die Jode gespot het.
09] Op grond hiervan het Ek Myself later vir Petrus geroep, dat hy na die Romeinse opperhoof Cornelius toe moet gaan, omdat die begeer het, om hom en ook sy hele familie in My naam te laat doop en hulle daardeur in staat te stel - deur My gees, wat in hulle werksaam sal word, na My toe te kom. Petrus het gegaan, en toe hy by die huis van Cornelius, wat in die middel van ‘n groot tuin gestaan het, aangekom het, het hy baie honger geword, en het vir My gevra, dat Ek hom vir die amp op hande ook met betrekking tot die liggaam moet versterk. En sien, Ek het vir Petrus sigbaar ‘n engel uit die hemel gestuur, wat vir hom, in ‘n wit doek toegedraai, kos gebring het, wat vir die Jode verbied was. Petrus sê toe daarop: “Here! Dit is dan alles onrein voedsel wat vir die Jode verbied is om te eet, hoe kan ek dit inneem?” Maar Ek het toe vir hom gesê: "Wat Ek gereinig het, dit is ook vir die Jode rein; daarom eet en gaan dan heen en verrig, wat aan jou opgedra is." Petrus het toe die onrein kos geëet en het na Cornelius gegaan, waar hy weer teenoor My onwillig geword het, omdat Ek intussen die doop van Cornelius en sy familie Self uitgevoer het, en Petrus hulle dus almal in besit van die heilige gees aangetref het. -
01] Vrae rakende My Opstanding en die Johannes Evangelie {mt.28,01; mk.16,01; lk.24,01; joh.20,01}
02] Eerstens het Ek reeds voorheen dikwels vir My Apostels en Dissipels gesê, dat Ek op die derde dag - en nie eers na die verloop van volle drie dae nie - uit eie krag sal opstaan, soos Ek ook die mag het, om die lewe van die liggaam vrywillig af te staan, sodat alle kreatuur tot saligheid kan kom. {mt.16,21; lk.24,46; hos.06,02; 1 kor.15,04}
03] Wat die verskillende variasies in die Evangelies betref, is hulle almal op dieselfde rede gegrond waarop ook die teenstrydighede berus en wat reeds vir julle verduidelik is. Wat Johannes sê, is alleen volkome waar. Dit sou net so volkome waar wees, wat die ander Evangeliste en Apostels oor die aangeleentheid gesê het; rakende die egte Evangelie van Mattheus weet julle reeds, wat die omstandighede daarvan is; die pseudo-Evangelis Mattheus was wel ‘n volkome eerlike, die waarheid soekende man en was vir twintig jaar lank hoogs ywerig met die navorsing van die waarheid daarvan, wat daar gebeur het, totdat hy sy Evangelie saamgestel en begin het om te skryf. In daardie tyd was in die hele Jodeland geen Apostel van My teenwoordig nie, alhoewel daar geen te kort aan ander getuies was nie. Maar soos dit by sulke geleenthede nou maar gebeur, het baie mense uit baie oorde, wat Ek besoek het, verskeie dinge gehad om van My te vertel; gewoonlik net dit, wat hulleself in hulle dorpe van My gesien, gehoor en beleef het. En so is dit ook begryplik, dat dit vir l'Rabbas, net soos baie ander Evangeliste, selfs met die beste bedoelinge onmoontlik was, om oor alles wat Ek gedoen, geleer en aan Myself volbring het volkome duidelikheid te bekom.
04a] Ja, sal ‘n mens hier vra: Waarom het Ek dan nie Self vir sulke mense meer helderheid gegee, sodat hulle dan in staat sou wees, om net die volkome reine waarheid op die perkament te bring nie? Maar Ek sê, dat Ek by baie eerlike mense, wat daarna gestreef het, ook nooit die lig weerhou het nie.
04b] Maar wat later die reeds baie selfsugtige wêreld uit sulke eerlike oorlewerings gemaak het, daarvoor kan Ek nie instaan nie, aangesien elke mens sy volkome vrye wil het. Dat Ek dit nooit aan sifting laat kort kom het nie, wys vir julle reeds so te sê in My tyd al die groot en klein vergaderings, vir wie deur My Gees die taak gestel was, die kruipende leuen van die waarheid te skei en om dit voor die hele gemeente te verwerp. Alhoewel die onkruid in alle oorde onder die koring woeker, was dit vir hulle nie moontlik, om dit geheel en al uit te roei nie. -
04c] En so geskied ook in hierdie tyd, soos hier - en ook ander oorde - geweldige siftings, en die vyand van die waarheid sal nie meer in staat wees om teen hulle iets te vermag nie.
05] Daarom bou Ek nou indrukwekkende damme teen die vloed van die leuen, en stel die ware rots Petri op, wat nie meer deur die poorte van die hel oorwin sal word nie.
06] Daar sal wel nog baie stryery en gevegte op hierdie aarde onder die mense voorkom, by watter stryery en gevegte die leuen voortdurend aan die korter end sal trek, en dit vir solank, totdat vir ‘n heel groot vrag hooi, wat net uit onkruid bestaan, geen mens meer ook net een duit sal bied nie, en elkeen aan die strale van die ware lig uit die hemele sy hoogste vreugde sal hê. -
07] Wat verder nog die geestelike verduideliking oor die manier van My opstanding betref, is dit reeds lankal deur My gegee, net so ook, soos wat elke mens van die drie-enigheid moet neem en moet verstaan. Wat die verwekking van Lazarus betref, sal Ek daarvan in die verloop van die verdere boodskap in die Johannes Evangelie praat so ook oor sommige andere aspekte. -
08] "Vanuit ‘n srekere geleerde kant word daar nou die bewering gemaak, dat die Johannes Evangelie nie deur sy hand geskryf is nie. Natuurlik, solank as wat hy as Apostel met my rondgetrek het, het hy net gedeeltes, dit wil sê die mees gedenkwaardige gebeure aangeteken. Maar in sy sogenaamde ballingskap op die eiland Patmos (wat vir hom hoegenaamd geen verbanning was nie, omdat hierdeur ‘n redelike en maghebbende Romein vir hom net voor die vervolgingswoede van die Jode beskerm het), kon hy in die uit die Groot Johannes Evangelie reeds aan julle bekende kasteel van die Griek Cado, wat vir tye ook in Jericho geleef het, aan die sy van Maria ongehinderd sy Evangelie in orde bring en het daarin vir die nageslag soveel opgeteken, as wat vir hulle saligheid nodig is. Maar van al die ander dinge sê hy ten slotte, dat "Ek nog baie ander dinge gedoen en geleer het, wat nie in hierdie boek geskrywe is nie, en sou iemand dit in boeke skryf, dan sou die wêreld sodanige inhoud (nog steeds) nie verstaan nie". En met hierdie treffende opmerking het hy sy Evangelie afgesluit, juis presies in die tyd (70 na Chr.), toe Jerusalem deur die Romeine vernietig was, waarna Johannes vir nog ‘n geruime tyd geleef het en sy gesigte onder die titel ‘Openbaring van Johannes' op perkament geplaas het. {opb.01,09; jev08.171; joh.21,25; 70 n. Chr}
09] By hierdie geleentheid was hy dikwels deur ‘n besonder goeie vriend met die skrywery ondersteun, aangesien hy reeds oor die honderd jaar oud was. Daardie sy vriend het ook die naam Johannes gedra, wat hy egter vir hom deur Johannes by die’ geleentheid laat gee het, toe die Evangelis hom gedoop het en My Gees oor hom uitgegiet het. Want van geboorte af was hierdie Johannes ‘n Griek en het natuurlik ook ‘n heel ander naam gehad, waaraan vir ons weinig of niks geleë is nie, omdat hy histories deurgaans geen beroemdheid verwerf het nie, ofskoon hy een van die bediendes van die Griek Cado was.
10] Wie daar tyd het en vermoënd is, kon hom vandag nog van die blyplek van Johannes in die suidooste van hierdie Asiatiese skiereiland oortuig, watter skiereiland egter in die tyd van die vloed van die seë byna heeltemal ‘n eiland geword het, aangesien dit net deur ‘n uiters smal rotsagtige landtong met die vasteland Asië verbind was. {opb.01,09}
11] En sodoende weet ons nou ook dit, hoe dit met Johannes in waarheid verloop het, hy is, hy was en bly My liefling, en wie volgens sy Evangelie lewe en handel, sal deur My - net soos hy gehou word.
12] Indien daar deur julle in die Evangelies nog enige iets skynbaar teenstrydig gevind kan word, dan wend julle daaroor aan My, en Ek sal dit vir julle verduidelik, soos wat Ek dit tot nou toe verduidelik het. Maar Ek meen, dat julle daarin nie meer veel des aanstoot sal vind nie; want baie is reeds in Johannes verduidelik, en dit wat vir al die geleerdes ter wêreld die meeste aanstoot gee, sal Ek nou vir julle verduidelik.
13] Maar Ek sal in hierdie tyd nog heel sonderlinge wêreldgeleerdes oor My laat lostrek. Ek vestig julle aandag daarop, sodat julle nie aan hulle geskrifte moet aanstoot neem, wanneer julle hulle onder julle oë sal kry nie; want Ek laat dit toe, om aan die heidense priesterskap op alle kante ‘n einde te maak. Want indien hulle vir Salvator Mundi (Heiland van die wêreld, die uitg.) tot niet gemaak word, wat sal hulleself en hulle kerklike instellings dan wees? Ten slotte niks anders as betaalde graftegrawers nie; en by hulle sal dit dan geld: Laat die dooies die dooies begrawe, maar julle lewendiges volg vir My. Amen. - {mt.08,22; lk.09,60}
Verdere skrifverduidelikings (1/4/1864)
00] Betreffende die drie opmerkings: die walvis van die profeet Jona; oor die mens sonder bruilofsklere by die veesmaaltyd wat deur My gegee was, en oor die vlugtende jongeling tydens My inhegtenisname by die Olyfberg in die tuin Getsemane. {jona.02,01; mt.22,11; mk.14,51}
01] Wat die "walvis" betref, is dit natuur histories sowel as geestelik korrek; want daar moet die een sowel as die ander een reg wees, aangesien sonder hierdie korrektheid of sonder die natuur historiese basis daar geen geestelike betekenis sou wees nie.
02] Maar om die natuurlike deel te verstaan, moet ‘n mens weet, dat in daardie tyd, spesifiek in die Middellandse See, ‘n soort reuse vis bestaan het, wat deur sommige, vernaamlik die Egiptenare, die naam "Leviathan" en by die ou Grieke ten tye van die bekende skrywer Herodot die naam "Phalos" gehad het. Hierdie vissoort, waarvan ook in die boek Hiob gepraat word, het kort na die deurbreek van die see (by Gibraltar) verdwyn en is dan in die Atlantiese Oseaan deur geweldige seestrome na die suide gedryf, waar hulle grotendeels in die koue waters nes ander groot vasteland diere ten volle tot niet gegaan het.
03] Hulle het ‘n ongelooflike groot bek gehad, wat met net so ‘n groot maag deur ‘n wye opening verbind was - het geen tande, ook geen tong, maar in plek daarvan nes die huidige noordwalvisse ‘n groot aantal vinne gehad, wat by ‘n volkome uitgegroeide Phalos nie selde nie ‘n lengte van twee tot drie vame gehad het en vir die reuse vis van nut was, soos die olifant se slurp. Met hierdie vinne het hulle die voedingsbuit gevang en onbeskadig in die groot maag gestoot, wat geen water, maar aan die binnewande ‘n soort sap uitgesweet het, wat na ‘n paar dae enige in daardie maag nog lewende buit begin het om te verteer en dit mettertyd heeltemal vernietig het. Om hierdie reuse vis te laat vlug, wat ook ‘n soogdier was, lewendige kleintjies in die wêreld gebring het en nes die huidige noordelike walvis asemhaal en dikwels by die oppervlakte van die see moes deurbring, om nie te verstik nie, was die groot aantal ook baie reusagtige haaie nodig, wat vroeër in die noordelike Middellandse geleef het, maar gedurende die deurbreek van die' aan julle reeds bekende "deukaliese" (Duits: ‘deukalischen') land vernouing, waaruit dus die huidige see vernouing van Konstantinopel en die Dardanelle ontstaan het, in die teenswoordige Middellandse See ingeburger het. Hierdie indrukwekkende seesnoek het begin, om sterk jag op die groot Phalos te maak, het vir hulle die vinne afgebyt en ook die ander nie onbeduidende uitgroeisels, waaronder spesifiek die groot borste so ook aan weerskante van hierdie borste, reusagtige swemvinne wat byna soos ‘n mens se hand gelyk het. Hierdie uitgroeisels kon die haaie as voeding goed gebruik, en die Phalosse het dan ook meer en meer op vlug geslaan en het in die Middellandse See ‘n meer en meer selde verskynsels geword; en in Jona se tyd was in die genoemde see skaars meer as ‘n paar honderd stuk woonagtig. Jona, toe hy by ‘n baie onstuimige see oor boord gegooi was, was nog - deur My toelating - baie gelukkig om deur so ‘n Phalos verslind te word en daarop drie dae in sy maag deur te bring. - En Ek het dit verder toegelaat, dat juis hierdie Phalos, deur haaie vervolg, sy toevlug op ‘n Asiatiese vlak oewer geneem het, en by die' geleentheid van die kos in sy maag ontslae geraak het. Wat ook ‘n eienskap van hierdie reusagtige vis was, dat hulle op land gekruip het, wanneer hulle in die water ‘n gevaar bespeur het, of hulle kleintjies, wat gewoonlik in ‘n vlak see-oewer groot gemaak was, so te sê besoek en hulle met voedsel hetsy uit hulle borste of ook met nog lewendige buit uit hulle mae voorsien het. Want hulle het hulle kleintjies nie eerder in die dieper water toegelaat, totdat hulle nie ‘n sekere grootte, krag en sterkte bereik het nie. By sodanige geleentheid het ook ons Jonas by die Asiatiese kus aangekom, en toe hy deur die Phalos op grond van bogenoemde rede in die vlak oewer opgegooi was, het hy hom vinnig reggeruk, het land toe gehardloop, waarheen nóg die ou Phalos nóg een van sy vier kleintjies vir hom verder kon volg nie. {jona.02,01}
04] Daar is vir julle die natuurlike verloop daargestel, soos wat dit in daardie tyd was, en nou ook sedert baie lang tye nie meer is nie.
05] In die voormalige museums, spesifiek in Alexandria, was daar nog oorblyfsels van ribbes van hierdie destydse reuse vis, maar is in latere tye net soos die boeke deur die Sarasene vernietig. ‘n Paar stukke bevind hulle egter vandag nog in London so ook in Parys, en dit word vir ribbes van destydse uiters groot hetsy land- of seediere gehou, alhoewel meer uit die waterryk afkomstig, omdat hulle gewoonlik hier en daar in die sanderige omgewing in die nabyheid van die see gevind was. ‘n Hoofribbebeen van ‘n volgroeide Phalos het nie selde nie ‘n lengte van vyf tot sewe vame (1 vaam ongeveer gelyk aan 1.7m) en ‘n gewig van twintig tot dertig sentenaar gehad. Soos gewoonlik het, soos reeds gesê, hierdie reuse vissoort nes die ander groot landdiere totaal uitgesterf en kom sedert drieduisend jaar geen lewendige stuk meer voor nie. ‘n Mens moet beslis nie die Phalos of Leviathan met die’ sekere see-ongedierte verwar nie, wat so nou en dan in die Atlantiese Oseaan, spesifiek in die omgewing, waar, soos reeds aan julle bekend gemaak, voor die algemene vloed ‘n eilandketting in ‘n taamlik reguit lyn van Wes-Afrika tot by die oostelike punt van die teenswoordige Brasilië gestrek het, en waar vandag nog in daardie rigting groot en uitgestrekte sandbanke voorkom, te voorskyn kom en vir kleiner skepe nie selde gevaarlik kan word nie. Hierdie see-ongedierte is beslis geen vis, maar net ‘n mees indrukwekkende seepoliep, wat uit die in die see teenwoordige sandbanke en hulle modderinhoud nes die ander poliepe ontwikkel en vir so lank op die bodem vassit, totdat hy deur een nof ander ondersese seeuitbarsting aan die oppervlakte van die see gebring word en dan nie selde soos ‘n drywende klein eiland lyk nie.
06] Met die walvis in die Middellandse See uit die Bybel wat moeilik geglo kan word, is ons nou klaar. Alles verdere oor hierdie Profeet kan elkeen in die Bybel oplees.
Die mens sonder bruilofsklere {mt.22,11}
01b] En so gaan ons nou oor na die mens sonder bruilofsklere by die feesmaaltyd.
02] Die gasheer is natuurlik Ekself en die spyse van hierdie feesmaaltyd bestaan uit My boodskap. Die mense in die agterstrate en by die heinings is hulle, wat My boodskap aangeneem en ook nagekom het, en daarom ook ‘n geestelike bruilofskleed dra.
03] Maar onder die een, wat geen bruilofsklere aangehad het nie, word die Jode en fariseërs verstaan, wat net My leerstellings as ‘n rookskerm gebruik het, dus nie om te verbeter nie, maar sodat hulle vir My kon opspoor, om daaruit ‘n rede te formuleer, om vir My as ‘n misdadiger voor God en die menslike owerhede daar te stel en om dan aan My wraak uit te oefen.
04] Maar Ek as die gasheer het sodanige spioen verseker en onmiddelik erken, met ander woorde: Ek het onmiddelik die skynheilige fariseërskap tot in hulle binnenste slegte wortel uitgekyk en hulle by elke geleentheid, waar hulle probeer het om by die feesmaaltyd in te sluip, vinnig laat gryp en in die buitenste duisternis van hulle hartnag laat gooi.
05] Hoofsaaklik is hierdie beeld gemik op die vernietiging van Jerusalem en die uitstoot van die Jode onder al die volkere van die aarde, waar hulle tot op hierdie uur eerstens geen eie land, geen eie koning en dus ook geen eie tuiste het nie, en orals, waar hulle ook al bly, vervolg en verag word. Hierdie Jode stel dus al daardie mense voor, wat by My feesmaaltyd opgedaag het en geen bruilofsklere aangehad het nie. - En tweedens: ook hy, wat figuurlik in die buitenste duisternis uitgestoot was, waar hy hom tot op hierdie uur nog steeds bevind, wel hier en daar poog om hom as ‘n Christen voor te doen, om by daardie geleentheid by die Christene aanvaarding te verkry om dus van hulle ‘n materiële voordeel te wen.
06] En soos die Jood hier leef en handel, so leef en handel in die hiernamaals ook sy siel; daarom die Jode in die hiernamaals ooreenkomstig figuurlik ook soos varke voorkom wat voortdurend in die modder van die aarde woel. Hulle vorm daarom in die hiernamaals ook ‘n heel eie groep, waarin nie maklik iemand anders toegelaat word nie, en by die Jode geld die getuienis, wat Petrus vir hulle gegee het, wat daar sê: Die vark keer steeds na sy moddergat terug, waarin dit gewoel het, en ‘n hond na dit wat hy in te groot haas verslind en dan weer opgegooi het. En volgens Paulus geld dit, dat ‘n boom, wat afgekap is, so bly lê, soos hy geval het, en word dan verwerk of verbrand of vir ‘n ander materiële doel gebruik. -
Die jongeling wat vlug sonder klere en die vernietiging van Jerusalem deur die Romeine {mk.14,51-52}
01] Aangesien ons nou weet, hoe ons die bruilofgas aan My tafel moet verstaan, wil ons nog aandag skenk aan die jongeling wat by die geleentheid gevlug het, toe Ek in die tuin Getsemane in hegtenis geneem is.
02] Hierdie voorval word ook net baie kortliks deur die Evangelis Markus aangeraak, maar kon ook sonder enige skade uit sy Evangelie uitgelaat gewees het, aangesien dit byna geen morele waarde het nie.
03] Maar om hierdie werklike feit en sy oorsaak beter te verstaan, moet ‘n mens weet, dat in My tyd ‘n sekere groep van jong mense ‘n bende gevorm het, wat enersyds die fariseërdom verag het en geweet het hoe om hulle wonderwerke deur middel van oëverblindery getrou na te maak en nie selde nie in sekere kringe die fariseërs se produksies nageboots het, waardeur hulle die fariseërs baie belaglik laat lyk het, en andersyds by die Romeine, wat dit verwelkom het, hulle guns gewen het en daardeur geheime beskerming geniet het, om die vromery en wonderwerkery van die fariseërs, spesifiek in die aangesig van die Romeine en Grieke, ongestraf belaglik te laat lyk.
04] Tot sodanige klub het ook ‘n jongeling behoort, wat vir My verskeie kere in Jerusalem hoor praat en dopgehou het, aan My boodskap en My dade ‘n besonder ernstige welgevalle gevind het, en nie met sy kollegas, wat deur allerlei middele ook probeer het om My wonderwerke na te aap, wou saamstem nie. Hierdie jongeling het hulle daaroor berispe en het vir hulle daarop gewys, dat My leerstellings en My dade van ‘n heel ander gees afkomstig is as die' van die dom en blinde fariseërs. Maar sy kollegas het vir hom daaroor uitgelag en het by verskeie geleenthede vir hom gesê: Indien die Galilese wonderwerker nie ook onder ‘n besondere beskerming van die Romeine sou staan nie, dan sou hy die Tempel se wraak net so min ontduik as ons, indien die Romeine en Grieke nie vir ons sou beskerm nie. En sien, die jongeling het nou baie daarop aggeslaan, tot Ek weer na Jerusalem sou kom, om te sien, wat daar met My volgens die Tempel se geswore wraak aan My, sou gebeur. Toe Ek nou op die aan julle bekende tyd na Jerusalem gekom het, daar verraai en deur My eie toelating gevange geneem en aan die streng gereg oorhandig was, toe was die jongelingsklub ook, alhoewel op ‘n afstand, teenwoordig, en toe hulle agterkom, wat daar met My sou gebeur, toe het sommige ook vir die jongeling wat van My gehou het en wat in ‘n nabygeleë huis besig was om te gaan slaap, gaan haal en het hom nader gesleep, om vir hom te wys, hoe hulle voorspelling en bewering ten opsigte van My werklikheid geword het. Toe die jongeling, wat in alle haas net ‘n linnedoek van sy bed om die lyf gehang het, gesien het wat met My gebeur het, en van mening was, dat sy kollegas ook vir hom aan die Jode wou uitlewer om gestraf te word, het hy homself losgeruk, en het so vinnig as wat hy kon weggehardloop, en het vir sy kollegas, van wie hy van mening was dat hulle hom sou vervolg, weggekruip, maar wat hulle ter wille van hulle eie heil nie gedoen en ook nie maklik sou gedoen het nie.
05] Daar het julle die eintlike, met die hande maklik tasbare rede vir hierdie verskynsel, waarvan die Evangelis melding gemaak het, maar wat eintlik niks sê nie behalwe net dit, dat hierdie jongeling deels uit vrees vir sy kollegas, maar grotendeels uit vrees vir die oorgroot wraaksug van die fariseërs sy heil op vlug gesoek het; maar later, toe hy van My Opstanding nuus gekry het, weer ‘n vaste aanhanger van My boodskap geword het, egter nie in Jerusalem gebly het nie, maar na die Esseners oorgeloop het, vir wie hy as eerste persoon die nuus oorgedra het, wat met My gebeur het.
06] Hulle het daaroor self bodes na Jerusalem gestuur, wat deeglike kennis moes opdoen, van wat met My gebeur het. Hulle het ook binnekort die nuus gehoor, aangesien die afstand van Jerusalem tot in die half-Arabiese omgewing van die huidige Suez nie te ver was nie, wat met ‘n matige stap binne drie dae afgelê kon word.
07] Toe die Esseners volgens hierdie weg die volle bevestiging daarvan ontvang het, het hulle ook nie een sekonde lank gehuiwer nie, om hierdie boodskap aan die Romeinse Opperhoof Cyrenius na Tyrus oor te dra, by watter missie ook ons jongeling teenwoordig was. Cyrenius het die hele geselskap goed ontvang en het die jongeling as deel van sy bediendes agtergehou, wat vir die ou grysaard baie kon vertel, wat hyself van My gesien en gehoor het.
08] Dit het vir Cyrenius en later ook sy broer Cornelius met die bitterste wraak teen alle Joodse priesterskap vervul, sodat altwee ‘n eed geneem het, om alles wat moontlik is te doen, om hierdie misdaad teen My aan alle aarts-Jode op die mees onverbiddelike manier te vergeld.
09] Pilatus, die landsopsigter in Jerusalem, het daardeur ook binnekort die consilium abeundi gekry, durf nie eers heeltemal na Rome terugkeer nie, maar moes sy tuiste in die nabyheid van die huidige Neapel, en dit in ‘n grot nie ver vanaf die vernietigde Pompeji oprig, waar nog vandag ‘n gang wat in ‘n rots gekap is, met die opskrif: "Behuising van Pontius Pilatus" gevind kan word, en in ‘n taamlik diep in die rots ingekapte spleet, wat toegemessel aangetref was, was verskeie geskrifte, wat op My betrekking het en teenswoordig in ‘n biblioteek in Neapel bevind, ontdek, maar wat skaars bruikbaar is, omdat dit in ‘n half verkoolde toestand aangetref was.
10] Dit was dus die eerste wraak van Cyrenius, wat hy op Pilatus geneem het. Die tweede was op Kaiphas, toe hy na ‘n bepaalde tyd die hoëpriesterskap moes neerlê en dit aan iemand anders moes afstaan, aangesien ‘n hoëpriester net vir drie jaar lank die' amp mag beklee het. Vir hierdie Kaiphas was reeds in die verloop van ‘n paar jaar al sy besittings rondom Jerusalem weggeneem en aan die Romeine verkoop; en moes hy later sy toevlug langs die grens van die Arabiese woestyn soek en het daar ellendig aan sy einde gekom.
11] Wat die ander fariseërs betref, was hulle onder streng toesig van die nuwe landsopsigter geplaas, waar hy hulle ook nie gespaar het nie; en dit was vir hom des te meer aangenaam, omdat hy uit die bekende familie Agricola afkomstig was, en ook hierdie naam as sy handtekening gebruik het, ofskoon sy naam Antonius was.
12] Dat hierdie nuwe landsopsigter geweet het, om ook vir Herodes Antipas alle denkbare knuppels onder die voete te gooi, word bewys, deurdat hy binne ‘n kort tyd baie Romeine en Grieke na Palestina gelok het, waardeur die inkomste van Herodes baie ingeperk was, en hy op die einde genoodsaak was, sy laaste tyd in ‘n sterk kasteel langs die Middellandse See deur te bring, omdat hy in Jerusalem nie meer veilig gevoel het nie.
13] Ondergeskik tot die landsopsigter was die bekende hoofman Pelagius, wat oor verskeie stede op die Aurangebergtes geregeer het, wat vir die landsopsigter met alle hulpmiddele tot beskikking was, en nog meer die hoof Cornelius, wat oor die hele Galilea en ‘n groot deel van Sirië tot by Damaskus geheers het. En die’ twee broers, Cyrenius en Cornelius, sou hulle wraak nog meer vrye teuels gegee het, as Ek nie persoonlik kort na My opstanding aan hulle verskyn en hulle daarvan weerhou het nie, omdat Ek vir hulle haarfyn voorspel het, dat hulle voornemens op Jerusalem en in die hele geloofde land reeds in veertig jaar in vervulling sal gaan, en dit ook deur die mag van die Romeine.
14] Soos vir die twee genoemde Romeine, het Ek ook aan baie ander mense na My opstanding verskyn en het hulle van te streng wraakgedagtes op die Jode en fariseërs weerhou. Sou Ek dit nie gedoen het nie, dan sou in ‘n kort tyd na My in hierdie land ‘n bloedbad ontstaan het, soos wat die mensdom dit nog nie gesien het nie.
15] Die sekere jongeling egter, wat Ek by Cyrenius aangetref het, het Ek geseën en het hom van My Gees deel laat word, en hy was daarop ook ‘n flukse dissipel in My naam, het weer na die Esseners gegaan en het daarvandaan oor ‘n groot deel van Noord Afrika My boodskap versprei, was gekenmerk deur ‘n besonder liefdevolle lewenswyse en het baie tekens in My naam gedoen. {mk.14,51-52}
16] Die eienaardige van hom was, dat hy geen persoonlike naam wou aanneem nie. Sy titel was: "Mees onwaardige kneg van die allerhoogswaardige God-Meester." By tye het hy hom ook die naam "Kneg van knegte" gegee, watter titel ook die ou sogenaamde kerkvaders wat van Kartago af na Rome oorgetrek het en soos na hulle ook deels die pouse gedra het, maar volgens daad nooit nagekom het nie. Markus het dit wel geweet, maar het nie verder daarvan melding gemaak nie, want hy het daarby volstaan, dat hy hierdie jongeling bloot genoem het, soos wat hy op vlug geslaan het.
17] Wat julle verder, van hierdie jongeling wou weet, het hy (Markus) mondelings oorgedra; daarom ook verskeie mondelingse oorlewerings daaroor bestaan, wie hierdie jongeling was, en spesifiek in die Roomse kerk algemeen vertel was, daaronder die allerdomste een was en deels nog is, waarvolgens gepoog was om van die jongeling die Apostel Johannes te maak. En nou weet julle ook van hierdie Jongeling die waarheid en die belangrikste. En met al dit wees in My Naam tevrede. Amen.
Die Evangelis Lukas (7/4/1864)
01] Ek ken jou verdere vier punte, waaroor jy meer wil weet, en dus wil Ek ook baie kortliks iets daaroor sê.
02] Wat die Evangelis Lukas betref, het Ek by verskeie geleenthede al dit en dat gesê
03] Wat sy Evangelie betref, is dit deur hom ‘n versameling van dade, wat deur sy navorsing in en om Jerusalem oor My en My dade en leerstellings deur verskillende mense aan hom oorgedra is. Hyself het dit daarna volgens sy manier georden en in hoofstukke en verse ingeklee, waarby hy hom natuurlik nie aan die getal van hoofstukke en verse van ‘n ander evangelis kon bind nie; daarom by hom sommiges in ‘n heel ander hoofstuk en vers voorkom, as by ‘n ander evangelis, wat elkeen van julle maklik kan insien, deur die aangewese parallelle plekke met mekaar te vergelyk. {lk.01,01-03; lk.01,03}
04] Wat sy persoonlikheid betref, was hy ‘n grafiese kunstenaar en tekenaar (ontwerper), met welke produkte van sy hande hy die wewers, doek- en tapytmakers kon voorsien; ook die tekeninge van die Joodse serpe en gordyne was dikwels van sy hand afkomstig. Daarbenewens was hy ook ‘n skriftekenaar en ook skrywer (kalligraaf), spesifiek indien iemand iets volkome mooi en gelykmatig geskryf wou hê, het Grieks, Latyns en Hebreeus verstaan en gepraat en kon in nood ook in ander tale, wat rondom Judea algemeen voorgekom het, kommunikeer.
06] Boonop was hy, soos daar baie mense is en was, ‘n ywerige nuusversamelaar en het dus alles uitgevind, wat besonders in My tyd gebeur het en waarvan onder die mense baie gepraat en ophef gemaak was. Hy het sy vreugde daaraan gehad, wanneer hy aan die baie nuuskierige mense, waarmee hy verkeer het, buitengewone nuus kon vertel, waarby hy deurgaans nie ‘n eklektikus was nie, maar vir hom was die naaste en beste reg, indien dit net die skyn van iets buitengewoons gehad het.
07] Aan die begin het by sy verhale ook baie dinge, besonders waar werklike feite ontbreek het, op sy eie grond en bodem gegroei.
08] Eers in die tyd, toe die Apostel Paulus My woord in Griekeland hier en daar gepreek het, was hy (Lukas) deur sy vriend Theohpilus, wat ook in Griekeland gewoon het, ernstig opdrag gegee, om oor My betroubare inligting bymekaar te maak, dit dan op te teken en vir hom te stuur. Hy, Theophilus, het oor die sekere Nasarener sowel van die kant van die Jode as ook van die Grieke uiteenlopende dinge gehoor, dat hy nie duidelikheid daaroor kon kry, wat nou werklik besonders aan hierdie mens was nie. Die vraag was, of hy ‘n boaardse wese was of net ‘n ervare mens was wat veelvoudige wysheid uit boeke opgedoen het. {lk.01,03; han.01,01}
09] Toe Lukas hierdie brief in Jerusalem in sy hande gehou het, het hy die saak meer ernstiger opgeneem en het hy oor alles navraag gedoen, wat besonders my persoon en My boodskap betref, maar het ook, wat hy opgeskryf het, nie maklik uit die mond van My werklike dissipels verneem nie, maar meestal van ander mense wat van My en My boodskap gehou het, wat deels vir My nog persoonlik geken het, maar wat grotendeels van My dissipels inligting oor My ontvang het. Want tussen My bestaan as mens op hierdie aarde en die voltooiing van die Lukas Evangelie het vyfendertig jaar (dus anno 68), na watter tyd hy dit eers vir sy vriend Theophilus in Griekeland kon stuur; watter Evangelie hierdie Theophilus dan met sy eie aantekeninge vergelyk het. {lk.01,03}
10] "Maar hoe dit met sy Evangelie staan, staan dit nog meer met sy apostelgeskiedenis, wat hy ook op aandrang van sy vriend Theophilus op perkament gebring het, en dit eers aan die einde van sy leeftyd, dus in ‘n tyd, waar daar nie meer ‘n enkele oorspronklike apostel of dissipel van My in Jerusalem teenwoordig was nie. {han.01,01-02}
11] Ook die apostelgeskiedenis het in die hande van sy vriend sommige verandering ondergaan, en selfs die' van hom in die Jodeland bymekaargemaakte data was dikwels versinsels deur sulke dissipels en verspreiders van My woord, wat dikwels sonder innerlike beroep hulleself as sodanige mense voorgestel het, en elkeen van hulle alles beter wou weet.
12] So het dit dan ook gebeur, dat sowel in die Evangelie van Lukas, en nog meer in sy daaropvolgende apostelgeskiedenis, versinsels en oordrywings voorgekom het, waarvan My werklike apostels en dissipels min of niks geweet het nie; want hulle was nie baie in Jerusalem tuis nie en was meer in Galilea, Samaria en in die ander van Jerusalem verder afgeleë streke werksaam.
13] Indien julle dit nou weet, dan sal julle ook insien, dat die bepaalde aardbewing en die duisternis tydens My dood aan die kruis, die oopgaande grafte in die vallei Josaphat, My hemelvaart op twee teenstrydige berge, so ook die bepaalde stuur van die heilige gees grotendeels die resultaat van die fantasie van My verskillende destydse luisteraars en aanhangers is, en selfs moet wees, aangesien die mees betroubare van alle Evangeliste (Johannes), wat nog by elke belangrikste geleentheid teenwoordig moes wees, van al dit geen melding gemaak het nie. Ook sê Lukas nie, of hyself by die uitstorting van die heilige gees teenwoordig was of nie! {mt.27,52; mt.27,45; mk.15,33; lk.23,44-45; mt.27,52-53; mt.28,16; mk.16,19; lk.24,50-51; han.01,09-10; han.02,04}
14] Sy Evangelie en sy Apostelgeskiedenis was by die groot kerkvergadering in Nicea ook naby daaraan, om as apokrief verklaar te word. Maar die Westerse biskoppe was daarteen gekant, en sodoende was ook alles wat deur Lukas geskryf was as outentiek verklaar, en hierdie Lukas bestaan dus vandag nog onder die getal van die mees geloofwaardige Evangeliste, en word van hom tot op hierdie uur meer ophef gemaak as van Johannes.
15] Alleen alles, wat daar onwaar is, sal mettertyd self verdwyn, en sou dit nie gebeur nie, dan sou beswaarlik ooit ‘n tyd kom, waarvan Johannes sê, dat daar een herder en een trop sal wees. {joh.10,16}
16] Trouens lê ook in hierdie episodes, soos Ek reeds gesê het, iets wat geestelik goed en waar is. Maar in die natuurlike werklikheidsfeer is hulle natuurlik niks beter as die beelde van die hoë lied van Salomo, waarvolgens die dogter van Zion ‘n vorm sou hê, waaraan ‘n mens net ‘n geringe welgevalle sal vind, maar inwendig lyk dit dan in die gees heel anders daar uit.
17] Waarom moes Ek dan tydens My dood die son heel duister maak, en dit vir volle drie ure lank?! En sou dit die geval wees, dan moes die son ook in Indië, China, Japan, Amerika ens. nie gelig het nie, wat die skrifkundiges van daardie volkere sekerlik sou opgeteken het. So weet ook selfs die Romeinse geskiedenisskrywers niks van sodanige gebeurtenis nie. Die saak moes dus net vir Jerusalem gegeld het, dat deur My toelating alle aanwesige mense vir drie ure lank blind geword het, en Johannes moes alleen sy sig behou het, omdat hy van sodanige sonsverduistering geen melding gemaak het nie. {mt.27,45; mk.15,33; lk.23,44}
18] Maar soos dit met die sonsverduistering staan, so staan dinge ook met My in hierdie wêreld sigbare hemelvaart; want waar sou dan sodanige hemel moes wees, waarheen Ek opgevaar het?! Of waarheen moes die Alomteenwoordige vaar, om vir die mense daardeur aan te wys, waar hy nou eintlik tuis is?! Ek meen tog, dat Ek orals in die hele oneindigheid gepas tuis sal wees, aangesien Ek in alles en iets die oer-lewendige en behoudende prinsiep is, en sonder My nêrens iets is en bestaan nie! Sodoende is die hemel orals, waar My liefde en wysheid heers, en in die starre materie bestaan orals die’, deur die mag van My wil uitgaande oordeel en die skynbaar ewige dood; en daarom sê dit ook, die hemel is My troon, en die aarde, wat die totale materie daarstel, die bankie onder my voete. Nou sal tog niemand vir hom wil voorstel, dat die ruimtelike eindelose hemel niks anders daarstel as My sittroon nie, en sodat Ek tydens die sit nie moet moeg word nie, Ek vir My die aarde as bankie onder My voete geplaas het! {mt.27,45; lk.23,44; mk.15,33 mt.28,16; mk.16,19; lk.24,50-51; han.01,09-10b; mt.05,35; han.07,49}
19] Ja, daar bestaan wel in die ryk van die suiwer geeste ‘n geestelike son, waarin Ek met die wat Myne is persoonlik woon; hierdie son is ruimtelik orals vir al daardie engele en geeste sigbaar, wat vir My deur die liefde in hulle harte besit. Vir die ander is sy egter ook nêrens sigbaar en kan nie gevind word nie, en sou hulle vir haar ook in die hele oneindige ruimte probeer soek en probeer vind; want by hulle waar die hart blind is, is ook hulle geestelike sig blind, en hulle sien van die geestelike son nog minder as ‘n stokblinde mens op hierdie aarde iets van die natuurlike son kan sien nie.
20] Maar Ek is deur hierdie (geestelike) son orals teenwoordig en kan ook My verskyning maak en (persoonlik) werksaam wees, wanneer en waar Ek wil, en hoef My met niemand vooraf te beraadslaag nie, hetsy in die wêreld van die geeste en nog minder in die wêreld van die materie; alle salige engele en geeste vra egter by My raad, indien hulle ‘n groot daad in My naam wil volbring.
21] Wat daarenteen hulle gewone werksaamhede in My ryk betref, vind hulle die instruksies voortdurend in hulle hemelse wonings. Maar hoe hulle daar uitsien, daaroor het julle al in die ‘Geestelike Son' ‘n boodskap ontvang.
22] Wat die geestelike sy van ons Evangelis Lukas betref, was hy vol ywer vir My saak, en dit sou goed gewees het, indien hy met sy ywerigheid ‘n paar kerwe dieper op die saak ingegaan het. Alleen hy was, is en bly ‘n flukse werktuig van My liefde- en genadebetoning vir sy tyd sowel as vir die teenswoordige tyd, want hy was met die geskrifte van die vorige verbond beter vertroud as enige met die neus in die lug hoogdrawende skrifgeleerde uit die Tempel en kon daarom ook maklik My dade, waaroor hy inligting ontvang het, as waar beoordeel en dit ook vir die ander, wat hom daaroor gevra het, verduidelik.
23] Moet julle dus nie oor sommige van die foute van hierdie man, wat in sy geskrifte voorkom kwel nie; want eerstens was nie hy die eintlike skepper daarvan nie, maar eerder sy opvolger en proeflesers, waarvan Ek vir julle ‘n hele dosyn kon opnoem. En tweedens was hy vir al in sy latere jare vol van ‘n goeie wil en vol ernstigheid, om vir die nageslag die mees suiwer geskrifte agter te laat. Alleen, hy kan nie daarvoor, wat die latere gemeentevoorsitters uit hom gemaak het nie. Hulle het onkruid onder sy koring gesaai, wat met die koring opgegaan het. Hulle het baie goed geweet hoe om die koring vir hulle skure te versamel, maar die onkruid het hulle as voer vir hulle volgelinge benut en gebruik dit nog steeds daarvoor. Hierdie volgelinge bestaan nou nie uit My lammers en skape nie, maar uit esels, osse, varke en ander dom diere, wat met sydissels en dorings tevrede is. Laat ons hulle vir eers by daardie kos bly; wanneer dit op ‘n tyd vir hulle ernstig walglik word, dan sal hulle self na ander kos kom soek, waarby hulle dom ander voorkoms verander sal word, en hulle ook met wol van opregte skape in My skaapkraal opgeneem kan word, waar daar dan net een ware herder en een regte trop - met die regte kos voorsien - sal wees.
24] Met dit weet julle nou vooruit, wat julle van Lukas moet hou, alles verdere sal vir julle nog by die beloofde geleentheid meegedeel word. Amen.
25] Ja, My liewe Kneg, die op die een oor dowe beer het vir jou na ‘n indrukwekkende evangeliese teenstrydigheid gelei, waarop jy vroeër vanaf jou kinderdae, ten spyte daarvan dat jy die Nuwe Testament herhaaldelik deurgelees het, nie afgekom het nie. Ekself sou vir jou in die vervolg daarop gewys het. Maar dit is beter vir jou en ook vir baie ander, dat hierdie saak reeds nou aan die daglig gekom het, dat elkeen kan erken en insien, dat Ek nou in die gees ten volle waarneembaar op hierdie aarde gekom het, om die laaste werkers vir My wingerd te werf en op te neem. En hierdie arbeiders is juis daardie wêreldverstandige en wêreldwyse filosowe, wat so pas in hierdie tyd volernstig die moeite doen, om vir My, soos wat Ek tans onder die sogenaamde Christelike sektes bestaan, heel uit te roei en tesame met daardie evangeliste te verdelg, wat deur die heidense en Joodse intriges eers twee- tot driehonderd jaar na My dit geword het, wat hulle nou nog is.
26] Die blinde mensdom, wat niks beproef en nog nooit iets beproef het nie, glo gedeeltelik nou nog aan sodanige grotendeels heillose konkelwerk in My naam. (d.i. as die suiwer Woord van God)
27] Ek wil daarom nóg vir Lukas, nóg Markus nóg Mattheus nie oordeel nie; want hulle het ten minste in hulle tyd die moeite gedoen - uit die leerstellings van My wat reeds baie vervormings ondergaan het die suiwerste en beste uit te soek. Maar wat die materiële feite betref, het hulle dit gedeeltelik self uitgedink, en grotendeels moes hulle dan nog ten slotte uit dit iets neem, wat hulle uit monde van sulke mense verneem het, wat daar sonder om te skroom voorbarig voorgegee het, dat hulle van dit en dat oog- en oorgetuies was. Daarop het hulle dit met aan hulle bekende plekke uit die ou profete vergelyk en die ooreenstemming gekry, met wat hulle geskryf het, en sodoende was vir hulle die kriteria vir die waarheid daarvan, wat hulle neergeskryf het, afgehandel en geldig.
28] Indien die Evangelies so sou gebly het, sou dit stukke beter gewees het, as wat dit nou is; want in hierdie Evangelies het veels te min wonderbaarlikhede, grusaamhede en skrikwekkendes vir die mensdom gestaan, waarom mense dit later noodsaaklik geag het, veral onder die Jodechristene, Grieke en Romeine, reeds eenhonderd jaar voor die groot kerkvergadering in Nicea (325, die uitg.), baie byvoegings te maak, veral daardie, wat sterk na wonderbaarlikheid ruik, en wat ‘n ongelooflike sterk strafregtelike gesig gehad het, om van My die Saligmaker van die mensdom, wat vir die mens niks so na aan die hart gelê het, as die liefde en waarheid nie, presies die teenoorgestelde te maak.
29] Ek het nog nooit teen die regte wetenskap van die mense geywer nie, maar by baie geleenthede die mense oor baie dinge selfs onderrig, waarin hulle vroeër in volle onwetendheid en blindheid gestaan het, waarom ook die bedrogsugtige fariseërs vir My die meeste gehaat het, omdat Ek die volk in alles onderrig het, waarin vantevore die fariseërs die grootste moeite gedoen het, om die volk waar moontlik dom te maak, om hulle los doelwitte te behaal. En hulle het dit ook werklik so ver gebring, dat, toe ‘n hoëpriester Hannas of ook Kaiphas, om die volk tot groter offerbereidwilligheid te beweeg, in die Tempel met grimmige stem uitgeroep het, dat in die spruit Kydron vir drie dae niks as bloed sal vloei en die son vir ‘n hele dag nie mag skyn nie, die volk sulke onsin geglo het, uit vrees vir sodanige straf in hulle kamers weggekruip het, en wanneer die straftyd verby was, vol vrees, angs en bewerasie die Kydron gaan besigtig het, of daar nog bloed sou vloei; en wanneer die Kydron sy natuurlike water gehad het, dan het die volk niks meer ywerig te doen gehad, as om swaar offers in die Tempel te bring en selfde vir die Priesters voor die voete te lê.
30] Die son het natuurlik ook op sodanige dag geskyn, en in die spruit Kydron het geen druppel bloed gevloei nie, waarvan die verstandige Jode hulleself oortuig het en daarvan ook die armsalige en te bygelowige gemene Jode wou onderrig, maar in die meeste gevalle sonder sukses; want hulle het in hulle verbeelding en vrees bloed sien vloei en ook die son vir ‘n hele dag lank nie sien skyn nie.
31] En soos die gemene volk in alle tye hulle in die mees blinde bygelowigheid bevind het, so is dit nog vandag. Julle kan vir sodanige mense die mees absurde sprokiesverhale vertel, en hulle sal dit glo, en wanneer hulle dit vir hulle bure oorvertel, dan sal hulle nog baie daarby aanlas, en dit ook in wonderbaarlikhede omskep, indien hulle meen dat van die kant van die eerste storieverteller te min wonderbaarlikhede voorgekom het. Maar met enige waarheid kan jy by hulle niks uitrig nie.
32] Daarom was dit ook in My tyd uiters moeilik, om die eintlike stokjode tot erkenning van die waarheid te bring; daar moes ‘n wonder plaasvind, om hulle uit die slaap wakker te skud, sodat hulle dan by hulleself begin het om ‘n bietjie na te dink, wat Ek tog met dit of dat wou gesê het.
33] Maar Ek het al vir die Apostels in My tyd verskeie kere gesê, dat hulle by die verspreiding van My boodskap minder van My wonderwerke en baie meer van die innerlike waarheidsdiepte van My boodskap moet praat en preek.
34] Johannes was die enigste een, wat aan hierdie riglyn getrou gebly het, al die ander baie minder. Hulle het eerder baie graag by die wonderwerke begin en dan eers van die ryk van God en die innerlike waarheid gepraat, wanneer die luisteraars reeds vooraf met die wonderwerke vasgevang was.
35] Die verslawing, om wonderwerke te vertel, het dan van een desennium tot die ander sodanig toegeneem, dat ‘n groot aantal van deels geskrewe en nog meer tradisionele evangelies sodanig vermeerder het, dat daaruit geen mens meer kon wys word nie.
36] Lukas, so ook pseudo-Evangelis Mattheus (l'Rabbas), het nie baie lank na My nie begin om hulle evangelies op te teken, maar nog steeds ten opsigte van sommige aspekte sodanig deurmekaar geraak het, dat op die einde onder mekaar met betrekking tot verskeie baie belangrike dinge die grootste teenstrydig na vore moes kom.
37] Om te toets, was in daardie tyd in elk geval geen sprake nie; want elke Evangelis het sy sekere lesers en luisteraars gehad, en was min gepla oor ‘n ander Evangelis, en die evangeliste self het ook net by dit gehou, wat hulle neergeskryf het, en het onder andere ‘n groot vreugde daaroor gehad, wat die een of die ander een (alleen) in sy evangelie besit het.
28] So was dan ook l'Rabbas min of glad nie bekommerd oor die besnyding van Jesus in die Tempel na die agste dag nie, en so ook nie oor die drie wyse manne uit die ooste nie, nie oor die vlug na Egipte en die wrede kindermoord deur Herodes in Bethlehem nie. L'Rabbas (pseudo Mattheus) het sodanige boodskap in Tyrus en Sidon ontvang en ook op sy manier opgeteken. Maar aangesien hyself, minstens voorheen, meer ‘n heiden as Jood was, was hy ook nie baie bekommerd oor die besnyding van die Jesus kind nie, en op die manier kom een van die merkwaardigste teenstrydighede tussen die' twee Evangeliste na vore, terwyl hulle in baie ander gedeeltes, behalwe vir die plek- en tydaanwysing, met mekaar harmonieer. {lk.02,21; mt.02,01-12; mt.02,13-23; mt.02,16-18}
29] Volgens Lukas bestaan daar ‘n volledig besnyde Jesus volgens alle Joodse wette en gebruike, wat in Bethlehem in ‘n skaapkraal gebore en net deur die herders gegroet was, maar wat nie deur die drie wyse manne uit die ooste besoek was nie, en nie nodig gehad om Egipte toe te vlug nie, maar in plek daarvan heel gemaklik na Nasaret terug gekeer het, om daar sonder enige vervolging van die kant van Herodes sy twaalfde lewensjaar af te wag en dan met sy ouers ‘n reis na Jerusalem te onderneem. {lk.02,21; lk.02,07; mt.02,11; lk.02,15-17; mt.02,01-12; mt.02,13-23; lk.02,39; lk.02,41-52}
30] By Mattheus sien ons hoe Jesus in ‘n ordentlike huis in die wêreld gekom het, was nie deur die herders gegroet nie, maar in plek daarvan deur die drie wyse manne uit die ooste besoek - waarvan Lukas in sy Evangelie nie eers gedroom het nie, ook nie van die vlug voor Herodes na Egipte en ook nie van die terugtog van Jesus uit Egipte na Galilea onder die koning Archelaus nie -, maar in plek daarvan het Mattheus van die besnyding van Jesus in die Tempel na agt dae, en van sommige ander dinge, wat daar gebeur het, niks gedroom nie, en so het julle volgens die skrif van hierdie twee Evangeliste ‘n besnyde Jood-Christen en ‘n onbesnyde heiden-Christen! {lk.02,07; mt.02,11; lk.02,15-17; mt.02,01-12; mt.02,13-23; mt.02,22; lk.02,12-39}
31] Na die twaalfde lewensjaar van Jesus begin die twee Evangeliste weer ooreen te stem, behalwe vir sommige minder belangrike bysake {lk.02,41-52}
32] Nou vra elkeen vir homself: Wie van die twee Evangeliste het nou by die waarheid gebly? En die antwoord daarop lui: Eintlik niemand nie! Want elkeen het net daarvan melding gemaak, waarvan hy hoor praat het. In Jerusalem het niemand uit vrees vir die straf dit gewaag om van die oormatige wreedheid van Herodes te praat nie; in Sidon en Tyrus egter, in die destydse Colesirië, was Herodes meer as die dood gehaat en was sy wreedhede nie verswyg nie, en so ook nie die rede, wat daartoe gelei het nie.
33] Met dieselfde maatstaf sou julle by ‘n noukeurige deurlees van die twee Evangelies nog op sommige ander beduidende teenstrydighede en ongelykhede afkom, maar wat nog steeds tot ‘n sekere mate uitgestryk en gekorrigeer kon word as die Joods besnede en heidens onbesnede Jesus.
34] Daarom moet juis in hierdie tyd sowel die oue en nog meer die nuwe onsin wat in teenstryd met My is, volledig uit die Evangelies uitgewis word, en selfs Ek daarmee saam, sodat die enigste en blywend ware Evangelie van Johannes in sy volle lig kan tree.
35] Want elkeen sal dit maklik verstaan en begryp, dat Ek onder die gesigspunt van hierdie vier Evangelies soos dit nou bestaan, en so ook sommige brief van Paulus en die ander Apostels - op die lange duur nie meer kan bestaan nie, omdat elke teenstrydigheid daarin vir My voor die geleerdes van die wêreld self tot ‘n teenstrydigheid maak - net soos by die teenswoordige Christensektes, waarvan elke sekte ook sy eie Christus het, wat hom die vryheid neem, om elke ander Christus van ‘n ander sekte kruis en dwars te verdoem.
36] Wie dit nie wil glo nie, die kyk net minstens na die katolieke oorloopvereistes, b.v. wanneer ‘n Protestant na die katolieke kerk wil oorgaan. Hy lees dit, en hy sal hom van die wedersydse Christus verdoeming kan oortuig, want in die laasgenoemde moet die oorloper sy nog Protestantse ouers, sy geboorte met alles en elkeen en ook al sy Protestantse geloofsdinge tot in die diepste afgrond van die hel verdoem; dan eers word hy in die gemeenskap van die gelowiges van Rome onder allerlei seremonies opgeneem. En so staan dit meestal tussen die hoofsektes; hoe moet daar eendag een herder en een trop tot stand kom, waar die sekte-Christusse selfs erger teenoor mekaar kwaad is as die mees verskeurende en wildste diere van die woude?
36] Dus, alles dit moet weg, en daarvoor het Ek alreeds die werkers in My wingerd gewerf, en hulle werk ywerig en fluks (as kritikusse van die Evangelies ens.) en daar sal binnekort nog baie na hulle toe kom, wat nog meer ywerig, fluks en doeltreffend sal werk, sodat Ek dan in waarheid na die mense toe kan kom, as ware Christus en God van Ewigheid, en nie soos nou, wat Ek volgens die goedkeuring van elke sekte in geheel niks anders het om te doen, as om voortdurend te oordeel en te verdoem nie, en net diegene in die hemel gelukkig en salig mag maak, wat van hulle sektevoorsitters en plaasvervangers van God daartoe as waardig en bevoeg bevind word! - -
37] Wie bv. in die genade van sodanige voorsitter, veral deur uitstaande offergawes, staan, moet hom dan - volgens hulle leerstellings - ook in My genade bevind! Julle kan dit nou self insien, dat sodanige heillose onsin, waarvolgens Ek nou reeds eenmaal as weerlig aan die firmament opgegaan het, vir die vervolg ten spyte van alle konkordate nie meer houbaar is nie. Daarom laat ons vir die wetenskap sy speelruimte; want dit is nou ‘n doeltreffende vee-instrument, om die uitskot uit die wêreld te verwyder, en gelyktydig ‘n kragtige reus Herkules, wat geweet het hoe om die groot stal Augias van mis te reinig, wat as ‘n goeie fabel uit die oeroue heidense tydperk - nog in hierdie tyd goed gebruik kan word. Dit wat nou vir julle gewys en gegee is, moet julle goed oordink, en laat julle daardeur verlig; want dit is vir julle gegee deur My, die alleen ware Christus, en nie van ‘n pseudo-Christus nie, vir wie die waarheid ‘n verdoemende afskuwelikheid is. Amen.
Geskiedkundige oorsig oor die ontstaan van die Nuwe Testament (25/4/1864 van 11:00 soggens tot 1:00 die middag)
01] Ek het vir jou reeds gister op ‘n hele aantal ander kleiner teenstrydighede gewys, wat in die drie Evangelies van Mattheus, Lukas en Markus voorkom, en Ek wil nog party ander onder jou aandag bring, wat in latere tye nie net onder die drie bekende Evangeliste, maar ook by verre meer onder die groot hoeveelheid van die ander, sowel Joodse en ook heidense verspreiders van My leerstellings, wat ook evangeliste genoem was, in die verskeie gemeentes sodanig ingewortel was, dat skaars 30 jaar na My weens die verskillende uitsprake in die geskrifte oor My - letterlik oorloë en ander bakleiery ontstaan het, waar onder andere in Nero se tyd in Rome, tussen die baie Joodchristene en die heidenchristene volgens Pulus sodanige vyandig uitgebreek het, dat Nero genoodsaak was, om die groot en oorwegende aantal van die Joodchristene in Rome saam met ‘n groot gedeelte van die stad waar hulle gewoon het te vernietig, en selfs daardie Romeine nie te spaar nie, wat die banier van die Joodchristene so te sê as kenteken openlik vertoon en gedra het.
02a] Maar ook hierdie grusame vervolging van die Joodchristene van die kant van Nero het weinig vrugte gedra; want onder die latere opvolgers van hierdie Keiser het die Jode weer geweet hoe om hulleself in Rome in te smokkel en het van Rome ‘n tweede Jerusalem gemaak, net soos die Grieke van Konstantinopel. En soos dit gebeur het, en in besonder die Romeinse Jerusalem (Rome) steeds magtiger geword het, het hulle deels uit die Jood-evangelies, deels met die aanname van die ou Jerusalemse Tempelgebruike en ook met die' van die Romeinse heidene, naamlik wat die Romeinse pontifikaat betref, hulle rituele gevorm.
02b] Die Romeine was daarvolgens in besit van alle moontlike Jode-evangelies, so ook die ou Joodse geskriftes en ook die heidenevangelies, en het daar sogenaamde kerkvaders aangewys, wat die hooffabrikante van die Romeinse dogma was, maar wat dikwels lynreg die teenoorgestelde van die Griekse evangelies was, en dit des te makliker en des te meer, omdat die Romeinse owerherder niks meer ywerig te doen gehad het nie, as om sy sendelinge na die Grieke toe te stuur, wat na driehonderd jaar, (325 na Christus) onder die gelowiges sodanige verwarring tot stand gebring het, dat baie van die Grieke weer begin het, om heidense altare en tempels op te rig en daarin (in die tempels) vir die godin Minerva, vir die god Apollo, vir Jupiter en vir Ceres hulle offers te bring.
03a] Keiser Konstantin, wat opsigself ‘n ywerig Christen was, het besluit om hierdie onsin daardeur perke te stel, deur in die stad Nicea, as die hoofsetel van die verskeie geloofsmenings, ‘n groot kerkvergadering (325 na Christus) byeen te roep, waartoe ook die Hoofbiskop van Rome genooi was. Hyself (Konstantin) was die voorsitter en het vir hulle op die nadelige gevolge gewys, wat in die jongste tyd uit die groot geloofsverskeidenheid oor Christus gespruit het.
03b] Hy het vir hulle ‘n volledige sifting van al die geskrewe evangelies voorgestel, en nog meer van die tradisionele evangelies en het gesê, dat ‘n mens van al die baie heel teenstrydige evangelies net een enkele een, en dit die' van Johannes moet gebruik, sodat die Christene in geloof eenstemmigheid kan bereik en nie meer weens geloofsverskille mekaar soos die wilde diere moet vervolg nie, en dat die heidene nie liewer na hulle ou heidendom moet terugkeer nie, as om by sodanige leerstelling te bly, waarvan ‘n mens by die beste kennis en wil nêrens meer iets wat waar en reg is in ervaring kan bring nie.
04] Want indien daar met die Christelike leerstellings enigsins ‘n stigter was, dan moes dit net een gewees het, wat ook net een boodskap aan die mense oorgedra het, en hierdie een boodskap moet een betekenis en een gees besit. Maar so bestaan daar lankal reeds ‘n groot aantal mond tot mond oorlewerings van verskillende evangelies, waar elkeen van sy eie Christus praat, wat met die ander Christusse net rakelings ooreenstem.
05] Al die baie evangelies behalwe een, wat waarskynlik die oudste is, moet volledig verwerp word. En as dit nie deur die biskoppe goedgekeur sal word nie, dan sal hy homself van die Christendom heel afwend en orals in sy groot ryk weer die heidendom laat oprig, wat op sy eie - ten spyte van die baie gode - aansienlik meer eensgesindheid teweeg gebring het as die versplinterde Christendom. -
06] Toe het die Griekse biskoppe aan hom voorgestel, dat die name Mattheus, Markus en Lukas ook tot die ou Christendom behoort, en nie iewers dubbeld of meervoudig onder dieselfde evangelistenaam moet verskyn nie. En die Keiser het daartoe ingewillig onderhewig aan die vereiste, dat ‘n mens daarby ook die boodskap van die heidense Apostel Paulus in aanmerking moet bring en daarmee al die ander evangelies uit te vee. Hy was daarop gewys, dat Paulus met sy leerstellings ook nie altyd dieselfde gebly het nie, omdat hy aan die heidene heel ander briewe geskryf het, en aan die Jode weer ander, wat in betekenis en gees nie heeltemal dieselfde is nie. En Konstantin het gesê, dat dit nie saak maak nie; want Paulus het tog die meeste deur woorde en dade bewys, dat hy geen valse Christus preek nie, maar net Die', wie se gees hom voor Damaskus wonderbaarlik in die amp van ‘n Apostel geplaas het.
07] Na meer as dertig jaar van beoordeling is uiteindelik tog alles verwerp tot op die vier nog teenswoordig behoue Evangelies saam met die Apostelgeskiedenis van Lukas en die briewe van Paulus en sommige briewe van ‘n paar ou Apostels van Christus, insluitende die Openbaring van Johannes; dit alles was volgens ordelikheid in ‘n boek geskryf en hulle het dit volgens die twee briewe van Paulus aan die Hebreërs "Die Nuwe Testament"! genoem, wat dan deur al die biskoppe aangeneem was. In latere jare daarna is dit egter weer sodanig hervorm, dat die Evangelis Johannes in die agtergrond geskuif is en vir Mattheus, Lukas en Markus voorrang gegee is, ook met betrekking tot die hoofstukke en verse klein veranderinge gemaak is en orals bepaal is, op watter feesdae die een of die ander Evangelie vir die volk voorgedra moet word (sogenaamde perikope indeling, die Uitg.), wat deur die Grieke en ook sommige ander Christelike sektes vandag nog gebruik word.
08] "Maar Rome het ten spyte daarvan nog steeds sy eie indeling gemaak en in latere tye vir die volk ‘n verkorte uittreksel-evangelie vir Son- en feesdae gefabriseer. Die hele Evangelie egter, sowel as die ou boeke van die Jode, was vir die volk ten strengste verbied om te lees en oortreders van hierdie gebod was selfs met die dood gestraf.
09a] Op hierdie wyse het dus die teenswoordige ‘Nuwe Testament' ontstaan en is mettertyd as sulks deur die Christene voor ongeveer dertienhonderd jaar aangeneem.
09b] Maar spesifiek deur die Romeinse biskoppe is nog allerlei veranderinge en onder andere eiemagtige toevoegings gemaak, soos in die Romeinse Vulgata, wat in besonder uit die van die Romeinse kerkvaders afkomstige eksegese (vertolking, die Uitg.) gesien en erken kan word, en enige net ietwat helder denkende mens kan vinnig gewaar word, watter gees se kinders dit is.
10] Daar kom spesifiek ‘n toegevoegde leerstelling voor, waarvolgens die siele van verstorwenes tot op die jongste dag moet slaap, welke leerstelling met die Griekse uitdrukking ("Duits = Psychopanechia") - d.i. sielslaap - aangedui word. Hierdie leerstelling het net vir solank behoue gebly, totdat ‘n pous die vandag nog bestaande Roomse misoffer ingevoer het en daarby met alle grootdoenery vir die Roomse Christene verduidelik het, dat dit as ‘n nie-bloedige offer dieselfde krag en mag het soos op ‘n tyd die bloedige offer van Christus aan die kruis, en dat Christus Homself op ‘n wonderbaarlike wyse vir die ware Christengelowiges van die Roomse kerk voortdurend aan sy vader opoffer, en dat ‘n opreg gelowige Christen, wat sodanige offer tot sy heiliging sal laat lees in ruil vir ‘n klein wêreldse offer, onmiddelik na die dood van die liggaam, sonder die lang sielslaap, deur Christus opgewek en tot ewige geluksaligheid beroep sal word. En indien die Christen nie heel volmaak is nie, dan kan hy meervoudig sulke offers gee, sal daardeur die ewige verdoeming ontgaan, en sal na ‘n kort suiweringsperiode in die hiernamaals in die sogenaamde vagevuur nog steeds in die hemel kom.
11] Dus het die dogma van die sielslaap, wat met die behoud daarvan en die nuut uitgedinkte misoffer nie winsgewend sou wees nie, mettertyd self gaan slaap, so ook die uiters belaglike dogma, wat in alle erns bepaal het, dat God net ‘n geringe deel van die mense vir die hemel, die grootste deel egter vir die hel geskep het! - ! -
12] Hierdie twee dom leerstellings is mettertyd uiteindelik in geheel opgehef (in die Roomse kerk), maar in ruil daarvoor is die bekende vyf kerkgebooie en etlike nuutkragtige sakramente ingevoer, wat Ek nie vir julle hoef te noem nie, aangesien elkeen dit self maklik kan raak sien.
13] Ofskoon daardeur die Christelike leerstellings op die streng aanbeveling van die Keiser Konstantin aansienlik vereenvoudig is, het nog steeds baie vullis in oorvloed agtergebly, ten spyte van die dikwels toegelate en voorgenome siftings, waarvan elkeen ‘n bepaalde sekte-afstigting tot gevolg gehad het, waardeur dan weer verskeie Christusse ontstaan het, wat tot op hierdie uur as aartsvyande mekaar se hare trek.
14] Daarom moet nou die laaste en grootste sifting plaasvind, en - soos reeds vroeër genoem - die siftingsmasjien heet: "Die Wetenskap". Die mekaar vyandig gesinde Christusse moet saam met hulle aanhangsel uit, sodat die Een van Johannes gepreekte Christus onder die mense kan verskyn en woning neem.
15] Dit sal sommige harde en swaar geveg meebring, waarvoor die ware aanhangers van Christus nie hoef te vrees nie; want hulle sal in alles veelvoudig versterk word, waaruit dan ook die ander tot nou toe minder gelowiges ‘n lig sal opgaan, wat hulle nie in staat sal wees om te blus nie.
16] En Ek, die Here, wat hierdie destyds al deur die mond van Johannes vir julle gesê het, sal die aarde op alle plekke en punte met allerlei oordeel en kalamiteite, soos geweldige oorloë, groot duurheid en hongersnood, allerlei pestilensie onder mense en diere, groot aardbewings en ander aardstorms, groot oorstromings en ook verskeie vure beproef. Maar diegene wat aan My behoort sal Ek in die groot liefde behou, en hulle sal geen tekortkominge moet lei nie. {opb.01-22}
17] Wie nou vir My met hierdie My tweede koms (as die reine waarheid) sal poog om vir My hoe en waar ook al te vervolg, vir hom sal Ek van die aarde af verdelg.
18] Maar wat die ander teenstrydighede in die vier behoue Evangelies betref, sal hulle vanself in die Johanneswerk verdwyn, en Ek sal in plek daarvan, soos gesê, ten slotte nog ‘n eie aanhang toevoeg, waardeur alles wat nie reg is nie volledig en deeglik erken kan word.
19] En dus wees voorlopig tevrede met dit, wat Ek vir julle gegee het, en werk fluks aan die lewendige studie van Johannes, want daarin sal julle nog ‘n oorvloed van lig bekom.
20] Het iemand nog iets, wat hy wil weet, mag hy vra, en Ek sal bereid wees, om vir hom daaroor ‘n kort en helder lig te gee!
Verdere teksverklarings (18/5/1847)
Baie is geroep, maar min is uitverkies {mt.22,14}
01] Hierdie plek in die Evangelie word - soos nie maklik enige ander nie - deur alle Christelike geloofskonfessies totaal verkeerd verstaan, want byna almal is van mening en by die Roomse word dit selfs van alle preekkansels af verkondig, dat net die weinig uitverkoses in die hemel sal kom, al die ander, die baie wat geroep is, sal beslis na die net so verkeerd vertolkte jongste oordeelsdag reguit hel toe gaan en dit vir ewig! -
02] Maar sodat hierdie sin in die Evangelie deeglik verstaan sal word, wil Ek vir julle ‘n beeld gee op ‘n manier, soos dit eintlik in die gees en in waarheid verstaan moet word en dus verneem die beeld, wat daar lui: (Gelykenis van die koninklike feesmaal) {mt.22,08-14; lk.14,16-24}
03] In die ooste was daar ‘n groot, magtige en wyse koning. Sy ryk was groot en baie volkere het voor sy septer gebuig. Hierdie koning het op ‘n dag by homself besluit, om die veelvoudige vaardighede van sy onderdane nader te leer ken, ‘n uiters groot feesmaal te hou, waar alle huisvaders met hulle oudste seuns en dogters genooi was, sodat die koning die mees wyse en geesryke seuns uit die baie wat genooi was vir sy baie uiteenlopende hof- en staatsdiens kon kies en die dogters - indien hulle baie mooi en goed geleerd was - as vrouens en geselskapdames te kies.
04] Toe die onderdane sodanige uitnodiging verneem het, was hulle in die geheim onsteld, aangesien hulle gemeen het, dat dit net ‘n slinkse voorwendsel van die magtige koning was, hom hulle almal na sy paleis te nooi en wanneer hulle daar is, hulle dan almal sal doodmaak sodat hy hom aan die bloed van sy onderdane kan verlustig. - Daarom het elkeen ‘n verskoning aangebied en niemand van die genooide gaste het in die koninklike paleis opgedaag nie. Toe die koning agterkom, uit watter geheime rede die baie genooide gaste dit nie gewaag het, om sy feesmaal by te woon nie, toe sê hy vir die boodskappers: "Wat moet ek nou doen? Sien, die groot feesmaal is voorberei, wie moet dit eet? Alhoewel ek baie nuuskieriges in die agterbuurte en op die strate sien sowel ook baie, wat op die heinings klim en daar wag en oppas, om te sien, wat ek met die genooide en by die feesmaal aankomende gaste sal doen. Gaan dus met groot mag na die heinings, agterbuurte en strate en wie julle ook al daar aantref, bring hom in, sodat my groot maaltyd opgeëet word. Moet nie op betaamlike klere kyk nie, óf vir ‘n bruilof geklee of nie, dit maak nou nie meer saak nie; want nou gaan dit veral daaroor dat die maaltyd opgeëet word, sodat dit nie moet sleg word nie. Wanneer dit afgehandel is, dan eers sal ons ondersoek instel, watter gaste by my feesmaal was en of hulle almal waardig was, om aan hierdie my tafel deel te neem." {mt.22,08; mt.22,09}
05] Toe die gaste dit van die koning verneem het, het hulle baie bly geword en het die groot goedheid en wysheid van die koning geprys. Toe die uiters baie gaste dus jubel, was daar onder hulle ook ‘n mislike skaap van ‘n gas. - Terwyl al die ander gejubel het en vrolik was en vir die groot koning "Hosianna" toegejuig het - het hy begin, om die koning te skel en het sodanig eiewillig eenvoudige verwerdiging van die koning teenoor sy volk vervloek. {mt.22,11}
06] Die koning het hierdie een onmiddelik laat gryp en na hom toe laat bring. Toe hierdie enigste belediger, geklee in vieslike ou klere en lappe, voor die koning gestaan het, het die koning hom verbitterd gevra: "Ellendige belediger wat my groot goedheid en liefde vir my volk vervloek het, hoe kom jy in sulke onwaardige klere in my koninklike kamers? Weet ek tog, dat jy van altyd af my goedheid en wysheid teengestaan het! Jy het nog nooit bruilofsklere voor my gedra nie. Daarom gryp hom, julle my getroue bediendes en gooi hom in die mees donker kerker, waar hy sal ween en geweldig met sy tande sal kners!" {mt.22,12; mt.22,13}
07] Sien, net van die' een word gepraat, dat hy in die kerker gegooi word, maar die genooides nie. By hulle word net hulle wêreldse onverstandigheid en nie hulle boosheid berispe nie. Maar net die enkele mislike skaap kom hier as geoordeel voor. Daarom leer dit nou deur hierdie beeld, wat daar die regte innerlike betekenis van bogenoemde skrifgedeelte is en moet dus daarom nie net die uitverkose nie maar ook die wat geroep is as waardig vir My ryk beskou . Amen. Amen. Amen. {mt.22,14}
08a] Die land in die ooste beteken hier die ryk van God, wat die regte ryk van die lewe of die ewige lewe in homself is.
08b] Die koning is Ekself, die Here en Skepper van alle wesens en dinge van ewigheid.
08c] Die groot feesmaal is My menswording (in Jesus Christus) en die daarmee verbonde groot verlossingswerk, tot watter deelname baie, ja uiters baie geroep is en vernaamlik die hoofstamme van Israel, maar wat soos bekend tot op hierdie uur nog nie wou verskyn nie, deels uit vrees vir die wet van Moses wat nie verstaan word nie maar deels ook - as gevolg van die hardnekkigheid van hulle harte en die volste ongelowigheid daarin.
08d] Die bekwame seuns, wat vir My diens uit die baie wat geroep is uitgesoek moes word, is die bepaalde verkondigers van My (nou weer gereinigde) woord en die mooi en opgevoede dogters, wat daar tot vrouens en byslaapvrouens gekies moes word - is die nog hier en daar ou leerstellings, tradisies en gebruike wat suiwer gebly het, en wat nog nie hulle knieë voor Baal en Mammon gebuig het nie. 08e] Die boodskappers is deels engele, profete en laastens al die Apostels, dissipels en evangeliste en uiteindelik ook al daardie knegte, wat My woord en My leerstellings onvervals aan die mense oorgedra het en dit nog sal doen.
09a] Diegene in die agterbuurte, strate en heinings is al daardie mense, wat op die aarde geleef het, nog leef en in die toekoms nog sal kom.
09b] Waar die' in die agterbuurte - hulle is, wat nog op aarde lewe en wel in die een of ander Christelike sekte (of kerk) sit, maar ten spyte daarvan met alle dwaashede van die wêreld belaai is en die regte lig nie wil of kan opneem nie, sodat hulle tog net die ware ewige lewe moet verkry en daaruit heeltemal vry en salig word nie.
09c] Die op die strate is hulle, wat egter ook nog op aarde lewe, maar aan enige aan elkeen meer of minder bekende heidendom behoort, (d.i. ongelowiges);
09d] en daardie op die heinings is almal, wat volgens die liggaam reeds gesterf het en hulle in die geestelike wêreld - volgens hulle siele - bevind, en ook daar voortdurend nog tot die groot feesmaal van verlossing deur die regte omkeermiddele genooi word.
09e] En uiteindelik onder al die genooide gaste en nou letterlik met geweld (deur die liefde) na die feesmaal gedryf en getrek moes word ook die een sonder bruilofsklere, is die Satan en in ‘n wyer betekenis al diegene, wat aan hom getrou gebly het en deur geen middel tot omkeer gebring kon word nie; hulle lot - soos die gelykenis dit sê - sal daardie kerker wees, waarin daar ewige duisternis heers en wat vol van ween en tandegekners is. Ween beteken alle valshede, d.w.s. die teenoorgestelde van die hemel en tandekners beteken aartsboosheid en toorngloed uit die hel, omdat, wanneer iemand in uiterste woede ontbrand, hy met die tande begin om te kners en begin om te blaf, nes ‘n kwaad gemaakte hiëna of ‘n woedende grimmige tier.
10a] Met hierdie min woorde is nou al die ooreenkomstighede tussen die materiële beeld en innerlike betekenis daarvan onthul.
10b] Maar wie die saak nog dieper wil verstaan, die doen soos ‘n wyse plantenavorser en versamelaar, wat by homself raad hou en sê: "Wat moet Ek nou doen? Die plante en grassoorte van die landerye, grasvlaktes, tuine, woude en velde, berge en vlaktes ens. ken ek presies; want wat op die Alpe groei het ek nagevors en ook wat in die moerasse voorkom en selfs wat in die see groei, is nie vir my onbekend nie. Van al dit ken ek die naam, plek, wortel, stingel, blare, bloeisel en vrug; wat moet ek met hierdie wetenskap nou nog verder doen? Sien, nou val dit my by! Ek sal my oog beter en beter bewapen en daarmee die innerlike konstruksie van pypies, vesels en selle deurgaan, dan sal ek sekerlik voldoende materiaal vind om my gees verder te ontwikkel.
11] Goed gedink en nog beter gedoen! Die botanikus is heeltemal reg. Wie die materie en sy pad ken, of wie die woord en sy bedoeling ken, die moet doen soos die botanikus, dan sal hy in die dieptes van die gees dring.
12] Maar, vra daar iemand, hoe moet ek vir die dieper betekenis van God se woord my geestelike sig bewapen, om met hierdie skaars hulp daarheen kan kom, waar nou vir my teenswoordige sigvermoë net groot duisternis heers?! -
13] O vriend, dit is makliker, as wat julle dit vir julle voorstel. Die geloof is gewoonlik die onbewapende sig van die hart. Maar die geloof verwek die liefde, wat die vuur is, die warmte en die lig, watter drie dinge in die een liefde alles uitrek, wyer maak, meer vergroot en uiteindelik volledig ontvou, nes die vuur, die warmte en die lig van die son dit reeds op natuurlike vlak vir elkeen se oë sigbaar maak. Die liefde moet deur die geduld vergesel word, wat die bemesting vorm, dan die nederigheid, wat die vrugbare reën is en die sagmoedigheid, barmhartigheid, getrouheid en waaragtigheid, wat die goeie winde is, wat al die bose onweer verdryf. Hierdie dinge vrywillig in die hart opgeneem en daarvolgens gedoen, en die buitengewone bewapening van die geestelike sig is in alle volheid tot stand gebring, waarmee elkeen van julle, wat nie ‘n omgekrapte maag het nie, in veelvoudigheid die innerlike eindelose wonderwerke van My gegewe woord vir ewig steeds duideliker en dieper sal kan beskou, waarvoor elkeen genooi en geroep is vir ewig. Amen! Amen! Amen!
Die geestelike betekenis van die verheerliking van Christus {mt.17,01-08; mk.09,02-13; lk.09,28-36} (22/7/1847)
01] My verheerliking op die berg Tabor word deur baie met bewondering gelees, maar van uiters min mense verstaan en skrikwekkend baie het ook nie die minste idee, wat alles agter hierdie verheerliking steek nie! -
02] Die oorsaak van sulke onverstandigheid lê soos altyd in die wêreld en sy verdeelde drie-enigheid- leerstellings. Want wie nie voluit aan die allenige Seun glo nie, wat daar volkome een is met die Vader, wat in Hom is soos Hy in die Vader, nes die gees in die mens en die mens in die gees, wat die hele mens deurdring, en die eintlike mens self is, die is verdeeld in sy gemoed en is nes ‘n troebel water, waardeur geen ligstraal kan dring om die dieptes daarvan te verlig nie.
03] Maar sodat julle nie soos die troebel water van die wêreld nie, wat net aan die oppervlakte belig kan word en dus ook op die oppervlakte blink soos ‘n vergulde graf, waarin daar egter niks anders is as nag en dood, wil Ek vir julle baie kortliks vir die bogenoemde verheerliking ‘n klein liggie gee, waardeur julle duidelik kan insien, wat daaragter steek. En dus luister nou:
04a] Die berg Tabor simboliseer die hoogste en gelyktydig die diepste erkenning (insig) van God in die gees en in waarheid. Op hierdie berg van die allerhoogste erkenning bring Ek net My lieflinge! - Petrus, Jakobus en Johannes was dit ten volle. - Terselfdertyd stel hierdie drie ook elke mens voor, soos hy in die ware hemelse orde moet wees. {mt.17,01; mk.09,02; lk.09,28}
04b] Petrus is die uiterlike mens, maar wat sy wese deur allerlei beproewinge heel na binne gerig het.
04c] Jakobus stel die siel van die mens voor, wat daar rein is en alles na die Here rig, maar nog steeds saam met die uiterlike mens baie beproewinge moet deurstaan, om die uiterlike mens heel oor te haal en saam met hom verenig in die gees onsterflik te word.
04d] Johannes stel die gees van die mens voor, wat daar volledig een is met My, dus My liefde, van watter dissipel ek vir Petrus gesê het - "Hy leef!" wat beteken - net die gees leef en wie hom nie deur sy gees laat vervolg, vang en deurdring nie, die sal geen lewe hê nie; want die gees alleen is dit, waarvan Ek sê, dat hy vir ewig leef! -
05] Alles dit beteken, dat, soos Ek die drie op die berg gelei het, Ek ooreenkomstig elke mens, wat in sy drievoudige wese My aangewese orde handhaaf, op die berg van die ware lewendige erkenning van God kan lei, waar hy dan in die gevoel van sy hele wese sal uitroep: "Here! Dit is goed om hier te wees, laat my toe om vir ewig ‘n woning op te rig, bestaande uit die drie hutte van liefde, wysheid en die mag uit beide!" {mt.17,04; mk.09,05; lk.09,33}
06] Maar by hierdie erkenning kan nie gebly word nie, solank die drie hutte en Ek, Moses en Elias nie volledig in die mens een geword het nie, of solank nie die liefde, die wysheid en die mag in homself soos in een en nie in drie hutte opgeneem is nie. Daarom ook uit ‘n wolk, wat daar ‘n beeld van die allerhoogste hemelse erkenning is, ‘n stem verneem kon word: "Hierdie alleen is My geliefde Seun, vir Hom alleen moet julle luister!" - Wat beteken: Hy alleen is die enigste God; nie in drie maar in Hom alleen moet julle woon, indien julle die ewige lewe wil hê! {mt.17,04; mk.09,05; lk.09,33; mt.17,05; mk.09,07; lk.09,34}
07] Na die magtige deurdringing van die krag van God, word die drie eers wakker en sien nou in alle duidelik nie vir Moses nog Elias en verneem ook geen ander stem meer nie behalwe vir My en My woord! - Maar laasgenoemde verbied dit vir hulle, om van sodanige erkentenis iets vir die wêreld te meld nie, voordat nie alles voltooi is nie, d.i. in ‘n nouer sin, totdat Ek in elke mens se hart na baie toetse en beproewinge van sy siel, in alle mag en krag van die liefde en wysheid opgestaan het nie. En in die wyer sin - totdat nie die wêreld in die mens gekruisig en dood gemaak is nie en die gees in die mens opgestaan het en daardeur uit die mens ‘n nuwe skepsel volgens die orde word, soos aangedui deur Petrus, Jakobus en Johannes, kan hy nie op die berg van die diepste en hoogste erkenning van God en die ewige lewe gelei word nie. {mt.17,07; mk.09,08; lk.09,36}
08] Dit is die heilige betekenis van My tot dusver in geheimsinnigheid gehulde verheerliking op die berg Tabor. Daar bestaan natuurlik nog ‘n baie wyer betekenis, waardeur Moses, Elia en veral deur My en deur die stem uit die wolk sowel as deur die drie dissipels, hoofleidings en -ontwikkelings tydperke van die mensdom aangedui word. Alleen hierdie kennis verskaf aan niemand die ewige lewe nie, so nog minder die daarmee verweefde eindelose begrippe van tyd, ruimte, ewigheid, oneindigheid, lig, gees en bestaan.
09] Maar soek vir al vir My, My ryk en My geregtigheid, wat daar die liefde is, dan sal vir julle alles andere as ‘n gratis toedeling gegee word {mt.06,33}. - Maar indien julle net die wysheid en sy krag soek, dan sal dit met julle gaan soos met hom, wat sy talent begrawe het en van hom boonop nog dit weggeneem is, wat hy gehad het en sy aandeel die duisternis was! - Beskou derhalwe baie diep, indien julle ‘n aandeel in die verheerliking wil hê! Amen.