Uittreksels uit: Gawes uit die Hemel (3 Bande)
Voorblad Inhoudsopgawe

GAWES UIT DIE HEMEL - BAND 2

Geopenbaar aan Jakob Lorber op 9 April 1842

“Vader” en “Seun”

00] Die eerste Brief Johannes 2de hoofstuk, vers 23: “Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie; wie die Seun beken, die het ook die Vader!”

01] Indien daar iemand ‘n verkose jonkvrou het en verwag liefde van haar, maar sê terselfdertyd in die gesig vir haar: “Jy het geen hart nie!” - aangesien hy dit vir haar sê en nooit wil toegee, dat sy ‘n hart het nie - hoe kan dan die dwaas van haar verwag, dat sy vir hom moet liefhê? - Verstaan julle dit? - Of kan daar iemand op ‘n ander manier by die liefde uitkom behalwe deur die hart, wat alleenlik die woonhuis van die liefde is?
02] Of indien iemand by ‘n plek wil uitkom, maar loën die pad daarheen - hoe sal hy sonder pad kan loop? - En wanneer julle vir iemand sê: “Sien, indien jy dan die gemaakte pad ontken, loop dan oor die vlaktes, veld, grasperke en landerye!” Maar die ander antwoord vir jou: “Ook dit bestaan nie, maar net ‘n ondeurgrondbare meer!” Sê, hoe sal hy by die plek kan kom? - En indien die leier vir hom sê: “Indien jy dan niks behalwe ‘n klomp mere sien, dan klim in ‘n boot en laat vir jou deur die wind daarheen dra en stoot!” Maar die ander een loën ook die skip. Sê, hoe sal hy by die plek kan uitkom? Of hoe wil iemand by iemand kom en van hom iets wil hê, indien hy die werklike, wesenlike bestaan van die persoon ontken? - Kortom, en genoeg gelykenisse!
03] Maar hoe kan iemand na die Vader kom en terselfdertyd die Seun loën deur Hom, wat die wesenlikheid van die Vader Self is, nie aan te neem nie - terwyl tog alhier die Seun en Vader dus volkome een is soos die hart en die liefde in die hart, of soos ‘n mens en sy lewe, of soos die lig en die warmte, of soos ‘n oord en enige moontlike pad daarheen.
04] Maar wanneer dus die “Seun” die eintlike werklike wesenlikheid van die “Vader” en die magtige houer is, waarin die “Vader” of die “Ewige Liefde en Wysheid” (waaronder verstaan moet word die allerhoogste “Volheid van die Godheid”) woon - hoe kan daar iemand na die Vader kom, wanneer die Seun vir hom so goed soos ‘n suiwer nul is?
05] Ek meen, dit sal vir julle voldoende wees, om bogenoemde vers uit die diepte te verstaan. Maar sou daar nog steeds iemand wees vir wie ten spyte van hierdie tasbare onthulde daarstelling die vers nog te donker is, dan raai Ek hom aan om te probeer, wanneer hy dan regtig honger is, dat hy moet versadig raak van ‘n brood waaraan hy net dink - aangesien dit vir hom onmoontlik is om te glo, dat daar in die growwe, sigbare materie van die brood eteriese voedsel ter versterking van die geeste van die natuurlike lewe, teenwoordig is!
06] Meer hoef Ek nie vir julle te sê nie. Want wie dit nie verstaan, vir hom is vooraf nog twee dokters nodig, naamlik ‘n oog- en oorarts. - Verstaan dit goed en hou vir julle by die “Seun”, dan sal die “Vader” nie vir julle verlore gaan nie, omdat die Seun en die Vader op een haar, soos julle gewoond is om te sê, een en dieselfde is.
07] Maar sonder die Seun bestaan daar geen Vader nie, en sonder die Vader geen Seun nie! - Verstaan dit ook goed in julle! Amen.


GAWES UIT DIE HEMEL - BAND 2

Geopenbaar aan Jakob Lorber op 27 April 1842

Die vraag van die Drie-enigheid

00] Dit staan geskryf: “Wie vir My sien, die sien ook die Vader!” {Joh.14,9}. - Maar by Markus 13,32 sê dit: “Maar van daardie dag en daardie uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.” - Hoe kan hierdie twee skrifgedeeltes in ooreenstemming gebring word? - En sê dit nie ook: “Die Vader is groter as Ek”?

01] Dit is nou wel ‘n aanvaarbare vraag vir My; maar die vraers moes vooraf eers ywerig probeer, deur die hoofsleutel van die liefde te bepaal en daardeur in hulleself te kyk en te ervaar en te beoordeel, hoe diep hulle al in hulle innerlike gedring het. - Maar daar bestaan mos nog duisend ander skrifgedeeltes, wat hulle nog lank nie tot op die grond van die gees verstaan nie, en so bly vir hulle nog altyd ‘n stukkie werk oor!
02] Maar wat dus die bepaalde skrifgedeeltes betref, daar verneem en kyk met ‘n oop hart in die heilige dieptes van My liefde in julle! - Want so spreek die liefdeslig:
03] Die “Vader” is die suiwerste “Ewige Liefde in God” of die “Ewige wesenlike Woord” in Homself. - Maar die “Seun” is die’ van die Vader uitgespreekte Woord of die’ aan julle in die Seun wesenlik geopenbaarde Vader Self. Die verhouding tussen die twee is soos ‘n woord wat eers gedink en dan uitgespreek word, waar die gedagte die oorsprong of die vader van die uitgespreekte woord is, en die uitgespreekte woord weer niks anders as die geopenbaarde gedagte of vader van die woord self is nie.
04] Indien julle dit nou verstaan, dan moet dit tog vir julle sonhelder duidelik wees, dat wie die Seun sien en hoor, ja ook die Vader noodwendig moet sien en hoor, en dat daarvolgens Vader en Seun een en dieselfde is, net soos die gedagte en die daarna uitgespreekte woord - en dat die Vader in die Seun en die Seun in die Vader is, soos die gedagte in die uitgespreekte woord en die uitgespreekte woord in die gedagte is.
05] Ook moet julle daarna verstaan, waarom die Vader meer is as die Woord of die Seun. Die woord sou mos sonder die Vader of die voorafgaande gedagte ‘n totale onmoontlikheid wees! Dus is die Vader as die ewige verwekker van die woord meer as die verwekte woord. Maar indien die woord eers verwek is, dan is dit tog heeltemal identies met die Vader!
06] En wanneer julle dit alles verstaan, dan meen Ek, dat dit dan byna onnodig sal wees, om vir julle nog verder in te lig, waarom (by Markus 13,32) “niemand” van die komende dag en uur van die komende groot oordeel oor die hele aarde, in die gees gesproke, iets weet nie, behalwe alleenlik die Vader - en nie ook die “Seun” nie. Indien julle net ‘n mosterdsaadjie groot verstand in die hart (nie in die brein van die kop nie) het, dan moet julle tog op die plek insien, dat deur die woord wel die kennis van gedagte uitgedruk word - maar is daarom die woord die kennis self? - Derhalwe kan dit soos alles andere mos net die Vader weet, maar nie die Seun nie, wat daar vergelyk kan word met die tong in die mond van die Vader.
07] Maar sodat julle oor die Vader, Seun en Gees die volle insig verkry, verneem dan verder:
08] Die Godmens Jesus was wesenlik die Vader Self of die in hom met menslike vlees omhulde Ewige Liefde en Wysheid Self - of die volheid van die Godheid liggaamlik.
09] Die uitgespreekte “Woord” van die Godmens Jesus of Sy boodskap is die “Seun”.
10] Maar aangesien die Vader reeds van ewigheid af geweet het, wat Hy sal doen, dan moes mos die Godmens Jesus reeds van ewigheid af in die “Vader” wees, maar Hy het Homself eers dan as “Godmens” liggaamlik gemanifesteer, toe die Vader Homself openlik daaroor uitgespreek het!
11] Sê vir My, begryp julle dan nou nog nie, hoe die Seun en die Vader een en dieselfde is nie? - Maar sou julle nog steeds twyfel hê, dan kyk na die Gees, hy moet tog vir julle in alle waarheid lei!
12] Want dieselfde Gees, wat daar vir ewig was in die Vader (wat daar is die oer-ewige grondgedagte of die ewige mees suiwerste Liefde Self) - is tog ook verseker in die van die Vader uitgespreekte ”Woord”. Maar waar daar net een Gees is, daar sal tog ook een en dieselfde wesenlikheid wees! Indien dit nie so was nie, hoe sou dan die Godmens Jesus van Homself kon gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe! Niemand kom na die Vader behalwe deur My!” {Joh.14,6} - wat die volgende beteken: Ek is die Liefde of die Vader, en die ewige Wysheid of God Self, of die Gees en die uitgespreekte Woord, of die ewige Lewe Self, waarin daar woon die volheid van die Godheid liggaamlik!
13] Omdat dit so is, sê, op watter ander weg kan iemand na die Vader kom, indien hy hom nie deur Hom sal laat gryp en laat trek nie, daarom hy die vryheid van die eie wil het!?
14] Wie dus die van die Vader uitgespreekte Woord uitvoerend of lewendig in homself opneem, die neem mos ook die Seun op. Maar wie die Seun in homself opgeneem het, die sal tog ook verseker die Vader opneem, aangesien die Seun en die Vader een en dieselfde is!
15] Maar wie dus die Seun en die Vader in homself opgeneem het, die sal tog ook seker die “Gees” of die “Lig”, wat daar gelyktydig in die Vader net so ook in die Seun is, in hom dra en sal uit daardie Gees wees “in alle Waarheid”, en dit op grond van die eenvoudige rede, omdat daar behalwe vir hierdie lig geen ander lig meer bestaan nie en alle lig dus net van hierdie enkele lig afkomstig is. - Maar wie in daardie Lig is, die is ook in die Vader deur die Seun.
16] Maar aangesien die Vader die oer-ewige basiese liefdelewe is en alle lig van daardie lewe uitgaan, so sal tog ook die mens verseker die ewige lewe hê, indien hy in dieselfde lig is en dieselfde in hom deur die Seun, Gees en Vader!?
17] Maar Ek meen, indien julle nie nog meer blind is as die middelpunt van die aarde nie, dan sal hierdie vir julle voldoende wees, om in te sien, dat wie daar in die Gees vir Jesus sien, geen ‘Tubus’ meer benodig nie, om ook die Vader te sien!
18] Maar dat julle dit nie verstaan, wanneer julle dit lees nie, is julle verskuldig aan julle materieel-heidense drie-godedom, wat daar in Nicea uitgedink is en later nog meer, selfs tot by die uitbeelding daarvan, gematerialiseer is, sodanig dat julle julle nou meer of minder nie daarvan kan losmaak nie. Daarom moet julle nou alle vroeëre (dwaal-) ligte afsterf, indien julle na die suiwer geeslig uit My wil kom!
19] Verstaan dit en doen ook daarvolgens, dan sal julle maklik en vinnig na My, die heilige Vader, toe kom! - Amen.



GAWES VAN DIE HEMEL - BAND 3

Geopenbaar aan Jakob Lorber op 17 Junie 1840

Die ontwikkeling en verband van liggaam, siel en gees

01] Dit is die volle antwoord op die grootste en belangrikste vraag wat Ek Maandag vir julle gegee het, waarvan die grootheid en belangrikheid eers in hierdie aflewering stralend duidelik sal word. -

02] Dit is noodsaaklik, sodat die antwoord volledig verstaan sal word, dat daar verduidelik word die wese van die mens en sy natuur en geestelike sfeer, sonder welke voorafkennis dit nutteloos sal wees om te preek, terwyl alles net aan die gees gerig is, maar wat by julle nog nie lewendig is nie, maar nog op pad is om lewendig in die liefde, die moeder van die gees, te word. En sodat vir julle gees die eerste prikkeling gegee kon word, het Ek vir julle juis hierdie vraag gegee, waarin die lewe van die gees, sy wedergeboorte en dan eers die ewige lewe in die allerhoogste vryheid berus.
03] Sien, die mens is saamgestel uit ‘n natuurlike liggaam, wat daar is ‘n houer, waarin daar deur die onderskeie organe ‘n lewendige siel kan ontwikkel; want tydens die onstaan deur verwekking word alleenlik net die wese van die liggaam gekonstrueer. Eers in die sewende maand, wanneer die liggaamlike wese organies, maar nog nie volledig volgens vorm nie, maar tog volgens alle dele gevorm is deur die vegetatiewe lewe van die moeder, - so word in die omgewing van die maag ‘n vir julle oë nie sigbare, van die verwekker afkomstige blasie, wat die substansie van die siel bevat, oopgemaak en word dit aan die hele organisme deur die verbinding van die senuwees oorgedra, omskep dan die magnetiese fluïdum wat in alle senuwees teenwoordig is, in sy eie en dring dan met volle elektriese snelheid in al die oorblywende organe, maar spesifiek laastens in die hartspiere, wat gewoonlik eers op die sewende dag, by party ‘n bietjie later, geskied.
04] Die hart begin dan baie stadig te rek deur die geleidelike opvulling van die sielsubstansie, en wanneer dit stadigaan uiteindelik vol geword het nes ‘n elektriese bottel, dan ontlaai dit in die are deur die boonste kamer. Hierdie ontlaaide fluïdum word dan aan alle vloeistowwe wat daar teenwoordig is oorgedra en dwing hulle in alle vate en so ook in die vloeistowwe van die vate self ter beweging weer in die are en deur hulle weer terug na die hart, waartydens die hart reeds weer gelaai word en die vloeistowwe wat daarheen terugkeer weer verder stuur.
05] En so begin dan die polsslag en die sirkulasie van die vloeistowwe en bloed wat ietwat later daaruit ontstaan. Deur die op die’ wyse voortdurende verkeer en uitruiling van vloeistowwe en inderdaad die’ van die bloed, word die massa van die liggaam gebou - en deur die substansie wat in die fyner vloeistowwe voorkom, word die soliditeit van die siel elektro-organies gevorm. En wanneer ook die maag volledig gevorm is vir die opname van meer growwe vloeistowwe uit eers die liggaam van die moeder, ter ondersteuning van die vloeistowwe en die bloed wat ook vir die doel gebruik word, dan word die mens losgemaak van die voedingsbande in die liggaam van die moeder en word in die buitewêreld gebore, toegerus met vyf natuurlike uiterlike sintuie, om te kan opneem die waarneembare wêreld, of eerder die verskillende substansies soos die’ van lig, klank, smaak, reuk en uiteindelik die’ van die algemene gevoel, wat alles ten doel het om die siel te ontwikkel en na haar behoefte te laat groei die liggaam, wat dan etlike jare agtereenvolgens gebeur. En so is daar nou twee mense in een, naamlik eers ‘n materiële en binne in ‘n substansiële mens.
06] Hier let nou wel op, - ongeveer drie dae voor die geboorte word uit die aller fynste en terselfdertyd die mees soliedste substansies van die siel in die omgewing van die hart ‘n ander oneindig fyn blasie gevorm, en in hierdie blasie word ‘n gees geplaas wat op ‘n stadium in die verlede boos geword het, wat daar is volgens sy wese ‘n vonk van die goddelike liefde; ongeag of die liggaam manlik of vroulik is, is tog die gees eintlik sonder geslagtelike verskil en neem eers mettertyd ‘n bietjie geslagtelikheid aan, wat deur die begeertes geuiter word.
07] Maar nou is hierdie gees nog dood, soos wat hy in die materie alreeds sedert lang, lang tye was. Aangesien die siel nou ‘n imponderable, substansiële wese is, eenvoudig en sodoende onvernietigbaar, en haar voeding ontvang deur die nou reeds volledig ontwikkelde sintuie van die liggaam - wat daar is: ooreenkomstig die ore die rede, ooreenkomstig die oë die verstand, ooreenkomstig die smaak die behaaglikheid van die indrukke wat ontvang word deur klank en lig, dan ooreenkomstig die reuk die waarneming van goed en kwaad, en laastens ooreenkomstig die algemene gevoel die bewussyn van die natuurlike lewe in haar, wat bewerkstellig word deur die aanhoudende evolusie van vloeistowwe en die daaruit geabsorbeerde substansies -, so word die siel dan bekwaam om te dink, waar die dinkproses eintlik deur die sirkulasie van die fynste substansies in haar ooreenstemmende organe met die liggaam bewerkstellig word.
08] Net soos voorheen die sirkulasie van vloeistowwe in die liggaam die wesenlikheid van die siel gevorm het deur die toevoer van substansies vanaf die buitewêreld, net so behoort en sal deur die sirkulasie van die fynste substansies in die organe van die siel die ingeslote gees gevoed word vir so lank, tot hyself ryp word, om die blasie te breek en sodoende ook stuk vir stuk al die organe van die siel te deurdring - en net soos die siel in die liggaam, so word ook hy in die siel ‘n volwaardige derde mens, deur voeding uit die denke van die siel, wat soos volg gebeur:
09] Die gees het net soos die liggaam en soos die siel ooreenstemmende geestelike organe - ooreenkomstig die gehoor en rede die ontvanklikheid of waarneming, ooreenkomstig die lig en die verstand die wil, ooreenkomstig die smaak en behaaglikheid van die indrukke wat ontvang word vanaf klank en lig die vermoë om alle wêreldhede in ooreenstemmende vorms te kan opneem, ooreenkomstig die reuk en die waarneming van goed en kwaad die insig van waar en vals en uiteindelik ooreenkomstig van die algemene gevoel en die bewussyn van die natuurlike lewe, die uit al hierdie voortspruitende liefde.
10] En net soos die kos van die liggaam deur al die sintuie voorsien word, so ook die’ van die siel en uiteindelik ook die’ van die gees. Is die kos in die algemeen sleg, word uiteindelik alles sleg en sodoende ook verwerplik; maar is die kos in die algemeen goed, word ten slotte ook alles goed en aanneemlik. Nou sien, dit is nou eenmaal die bestaansverhoudinge tussen liggaam, siel en gees. Nou is die vraag, wat daar slegte en wat daar goeie kos is? -
11] Sien, alles wat wêrelds is, is sleg, omdat dit die gees weer na die wêreld lei, uit wie se doodskerkernag Ek hom van die materie losgeruk het en gelê het in die hart van die siel, sodat hy daar weer lewendig en gesuiwer word van alle sinlike natuuragtige materiële wêreldgesindhede, en dat hy daar uiteindelik bevoeg word vir die opname van die lewe uit My. Indien daar nou net slegte kos vir hom gegee word, word hy weer wêreldgesind, sinlik en uiteindelik materieel en daardeur dood soos voor die geboorte, - so ook die siel met die liggaam, omdat sy daardeur self heel vlees geword het.
12] Maar word nou vir die gees goeie kos gegee, wat bestaan uit my geopenbaarde wil en die bemiddeling deur die werke van verlossing - of My liefde in volle bestand deur die lewendige geloof, word in die hart van die gees ‘n nuwe geestelike blasie gevorm, waarin ‘n suiwer vonk van my liefde geplaas word. En net soos voorheen by die verwekking van die siel en daaruit die’ van die gees, net so gebeur dit ook met hierdie nuwe verwekking van die heiligdom. Word dit nou volledig ryp, dan skeur hierdie heilige liefde die los bande van die houer en stroom dan soos die bloed van die liggaam of soos die fynste substansies van die siel of soos die liefde van die gees oor in alle organe van die gees, watter toestand dan die nuutgeboorte genoem word, soos die toestand van inplasing van hierdie lewensblasie die inplasingsgeboorte genoem word.
13] En sien, terselfdertyd egter word ook deur die hel reeds tydens die verwekking, in besonder wanneer dit bloot op sondige dierlike bevrediging gemik was, ‘n groot aantal liefdesblasies uit die hel in die omgewing van die maag en die geslagsdele gelê, wat dan byna op dieselfde tydstip as My liefde uitgebore word - soos die ruspers in die lente, wanneer die’ in die warmte van die son kom, so ook hierdie broeisel deur die opgaande warmte van My goddelike liefde in die gees van die mens.
14] Sien, daarvandaan kom dan ook die versoekinge, aangesien elkeen van hierdie uitgebore wesens van die hel onophoudelike pogings aanwend, om altyd waar enigsins moontlik in die lewe van die siel in te gryp. En indien dan die mens nie kragtig met die nuutgebore liefde uit God eiewillig teen die ongediertes optree nie, dan stroom hulle oorheersend in alle organe van die siel en gaan sit daar soos suigende poliepe vas by die’ plekke waar die gees in die siel moet instroom, en verhinder sodanig die siel die opname van die lewe uit die gees en so ook deur hom die lewe van die goddelike liefde. Wanneer die gees nou sien dat hy homself nie kan uitbrei, om die volheid van nuwe lewe uit God in hom kan opneem nie, dan trek hy weer terug in sy stomme blasie - en so in hom ook des te meer My liefde, wat daar is die God in die mens.
15] En wanneer dit in die mens plaasgevind het, dan word hy weer heel natuurverbonde en baie sinlik, en ook verlore, omdat hy nie weet wat binne in hom gebeur het nie, omdat hierdie ongediertes heel ongemerk en aangenaam eers die sintuie van die mens omkoop en hom sodoende geleidelik heel gevange neem, sodat hy van alles wat van die gees afkomstig is niks meer wil weet, hoor, sien, proe en ruik en voel nie. Dit is dan ‘n groot ellende, soortgelyk dit vanaf die begin tot op die huidige stadium nie bestaan het nie - en ook voortaan nie meer sal wees nie, wanneer die mens nou sy toevlug tot God neem deur uiterlik te bid, naamlik My gebed, deur te vas en lees van die Woord uit die skrif en daardeur ‘n groot verlange kry, om bevry te word uit die groot ellende.
16] En het die mens dit ernstig opgeneem, sodat hy in homself die groot aantal twyfel raak sien, dan begin ook Ek van buite af te werk as oorwinnaar van die dood en alle hel deur My werke van verlossing en gee dan vir die mens uit My barmhartigheid kruis en leiding volgens My wysheid. Daardeur word dan vir die mens die wêreld en sy vreugdes so bitter, dat hy ‘n bare afsku daarvoor kry, en ‘n verlange ontwikkel na bevryding uit die lewe van leiding. En sien, aangesien daardeur die ongediertes geen voeding meer in die siel kry van die sondevolle buitewêreld nie, word hulle swak en verdroog byna volledig in die organe van die siel en beland in ‘n totaal bewustelose toestand.
17] Aangesien nou die’ van buite af sielsverlossende barmhartigheidsliefde van Jesus Christus in die sieklike organe van die liggaam sowel as die siel begin invloei, verlig dit die organe en maak die siel as vermanende gewete bewus van die groot getal ongediertes van sonde, dan skrik die siel, wat deur ‘n beklemming in die hart en ook deur ‘n innerlike sametrekking van die bors in die omgewing van die maag geuiter word, en vra dan in hierdie nederige smart, wat deur ware berou bekragtig word, vir God in die gekruisigde liefde om genade en barmhartigheid, - en sien, dan gewaar dit die gees en begin weer te roer in die blasie, waarheen hy onttrek het.
18] Dan word vir die mens deur die barmhartigheidsliefde van God die wette van Moses sterk in sy geheue deur ernstige vermaning opgeroep, van die eerste tot die laaste, en word die streng nakoming daarvan opgedra, sodat hy homself verneder en verloën tot in sy diepste innerlike, en dit met dieselfde rede, as wat ‘n wasvrou die linne so lang deur die nougeplaasde rollers pers, sodat ook selfs die kleinste vuilisdeeltjies deur die aflopende water saamgeneem word, en wat so dikwels herhaal word as daar nog ‘n troebelheid in die water sigbaar is. Dan eers word die wasgoed onder die strale van die son geplaas, om nog die laaste druppels vuilis deur verdamping te verwyder, sodat dit deur die skoon winde na alle kante vernietigend verwaai kan word.
19] En sien, so is die wette van Moses uit God volgens die getal tien, wat ‘n getal van God is, en toon, dat die mens eers moet glo, wie Ek is, wanneer hy in ellende beland het, sodat hy dan vir My die hoogste agting moet hê, ja dat hy selfs glo, dat hy skuldig is, uit die sewe dae die aangewese Sabbat te kies en dieselfde te heilig in die rus as ‘n ware rusdag van die Here, sodat hy leer om homself te verloën en steeds dieper en dieper in hom self te kyk, om daardeur te erken sy inwoners en dan tot My te wend, dat Ek hulle op die bogenoemde wyse moet vernietig en uitdryf uit die organe van sy siel.
20] En het hy homself so ver verneder tot diep onder My groot mag en krag, kom dit nou neer op die was van die linne - daaronder verstaan moet word die stiptelike nakoming van die nog oorblywende sewe gebooie, waardeur hy homself tot ver onder sy gelyke moet verneder, en moet gevangeneem al sy bose begeertes, en moet breek geheel en al sy eie wil en onderdanig maak aan My wil al sy begeertes en selfs die sagste wense van sy hart; dan sal Ek kom met die liefde en verwarm die blyplek van sy gees, soos ‘n hen haar ongebore kuikens. En sien, dan word die gees, wat al van te vore begin het om te roer, deur die warmte van die goddelike liefde van nuuts af weer uitgebore en stroom netnou weer oor in alle dele van die gereinigde siel en slurp hy gretig die van buite af inwerkende barmhartigheidsliefde uit die gereinigde organe van die siel op, waardeur hy dan kragtiger en kragtiger word.
21] En wanneer dan die liefde van my barmhartigheid ingedring het in die diepte van sy hart, waar nog die buitengewone blasie van die goddelike oerliefde rus, dan ontkiem op nuut die rein goddelike blasie, waarin opgesluit was die groot heiligdom van die liefde van die ewige heilige Vader, aangeraak deur die liefde van die Seun, wie daar nou verlossend gereinig het die siel - en stroom dan, intiem verenig met die siel, in groot duidelikheid soortgelyk ‘n opgaande groot son in die gees oor en sodoende ook in die siel en deur haar ook in die geheel afgestorwe vlees. Sodanig word die mens lewendig deur en deur, en hierdie totale lewendigwording is dan die opstanding van die vlees.
22] En wanneer nou alles deurdring is deur die Vader, dan word die Seun van die Vader opgeneem in die hemel, dit is in die hart van die Vader; maar die Seun neem die gees van die mens op, en die’ die siel, en die siel die liggaam, wat daar is die’ reeds aan julle bekende senuweegees, want al die orige is net ekskremente daarvan.
23] En wanneer nou die Vader, dit is, die liefde van die Vader oorheersend in die mens word, dan word dit lig in die mens, aangesien die wysheid van die Vader nooit geskei is van Sy liefde nie, - so word ook die mens soos vol van liefde, vol wysheid en mag en daardeur nou volledig wedergebore in alle liefde en wysheid. - Sien nou, watter bemoeienis, lankmoedigheid en groot geduld dit My altyd kos, uit duisende skaars een te kan verlos, en hoe dikwels word ook van so ‘n mens My moeite ontken, verag, gevloek en met die voete getrap, - en sien, tog hou Ek nie op om voortdurend na julle te roep nie: Kom almal na My toe, die’ wat vermoeid en belaai is, Ek sal julle almal verkwik! -
24] Vir die dowes en blindes is dit moeilik om te preek. Aangesien hulle hulself in volle maat in die ellende van die wêreld gedompel het en daardeur die aarde, wat daar is hul vlees, bevuil het met die vloekdrek van die stinkende hel, waarvan die stank ‘n ware pestilensie van die siel is, wat My noodsaak om gereeld ‘n sondvloed uit die hemele te laat reën, waaronder verstaan moet word die bittere werke van verlossing. En is daardeur dan weer skoongewas die vloekbesoedelde aarde van die siel, en is deur die winde van genade weer uitgedroog die poele en moerasse, eers dan is weer ‘n moontlikheid beskikbaar, om weer vir julle te kan preek die weë na die lewe uit My.
25] En terwyl Ek nou alreeds vir ‘n geruime tyd vir julle preek, volg dan My stem en keer terug in die stal van My lammers, sodat Ek julle kan lei as die alleen goeie herder op die weiveld van die lewe en julle vir My dan wol gee, so wit soos sneeu, en Ek vir julle ‘n kleed daaruit kan berei, wat julle kan versier tot in alle ewigheid. -
26] En nou aanskou verder die vervolg van hierdie My beantwoordbare boodskap en sien:
27] Wanneer ‘n boer ‘n klein boomtuin het en sien, dat die bome daarin ‘n klomp vreemde gewasse is, dan dink hy by homself, wat moet ek doen? Verwyder ek hulle uit die aarde, sal my tuin leeg word, en sou ek ook ander in hulle plek sit, sal hulle aanvanklik ook net vreemde gewasse wees, en dalk nie so kragtig soos die’ wat reeds bestaan nie. Ek sal dus hierdie sorgvuldig reinig van al die kwaadaardige gewurm en hul neste, en wil en sal dan op die regte tyd edele takke soek van goeie bome en daarop inent. En so sal hierdie vreemde gewasse, wat andersins vars en kerngesond is, met die hulp van bo gewis nog almal regkom, en sal gewis eendag vir my baie en goeie, soet en edele vrugte bring. En kyk vir die slim boer, wat doen, wat hy wys gedink het, en verkry daarvoor reeds binne ‘n paar jaar ‘n ryk, vreugdevolle oes.
28] En sien, julle ouers is almal sulke boere, op wie se aardse of liggaamlike grond deur die sorglose hoeragtige wyse met alle ontug van Sodom en Babel, net en baie vreemde gewasse van die hel ontstaan het. Daarom moet julle daarna met dubbele ywer hierdie struike reinig van al die duisende ongediertes, - wat daarin bestaan, dat julle met die grootste sorgvuldigheid ag slaan op al die wense en begeertes, wat almal uit die inwonende helgediertes hul oorsprong neem - en verdelg hulle almal op die ware, van My aan julle reeds duidelik aangewese wyse, en snoei ook van die begin af die nuttelose sytakke van die dikwels goed lykende, maar nog steeds die lewe van die stam verswakkende eiewil, dan sal julle binnekort ‘n gesonde en kragtige stam laat groei. En wanneer dan die tyd van inenting kom, wat daar is die bekendmaking en inenting van die’ uit My hoogste Liefde gegewe wette van Moses, dan sal julle met toevoeging van My kragtige hulp gewis kan verwag, dat die’ op die wyse gereinigde en sorgvuldig versorgde vreemde gewasse, gewis kragtig My wil sal gryp, nadat die eiewil volledig van hulle geneem is, en sal uit hulle in ‘n kort tyd ‘n groot hoeveelheid van die mooiste en wonderbaarlikste vrugte van alle soorte voortgaan, wanneer julle daarby nog ywerige natmaak met die water van die lewe, sodat hulle hoofde binnekort reg op in die hemel groei, waardeur hulle geestelike gesigsveld salig wyer word, en hulle dus meer genadelig sal opsuig, wat in groot hoeveelhede bestendig uitstroom uit die genadeson, wat ontstaan het deur die daad van verlossing, uit welke lig en warmte alle kreatuur eers nuut en uiteindelik volledig wedergebore kan word tot die ewige lewe.
29] Maar dit is die verlossing, dat erken word die heilige Vader en die Liefde, wat - die hele wêreld versoenend en weer heiligend - aan die kruis gebloei en selfs vir die misdadigers deur die laaste steek van die spies in die hart van die ewige Liefde, die heilige poorte na die lig en die ewige lewe laat oopmaak het. En soos daar iemand sienend geword het en lewendig in die geloof en die liefde, so kan almal sienend en lewendig word in die geloof, wat die ware aandeel is van die verlossing, sodat dan die blasie van die ewige Liefde van nuuts af bevrug kan word deur die strale van die genadeson en opgaan in julle die ou Liefde van die Vader deur die werke van die Seun in alle krag en mag van die allerheiligste Gees uit beide, in die rein liefde van julle wedergebore harte.
30a] Wat in beginsel die werk van My verlossing beteken en is, so sê Ek vir julle:
30b] Vir eers is dit die allergrootste werk van die ewige Liefde, aangesien Ek die Allerhoogste in alle volheid van My Liefde en in die oneindige volheid van My Godheid self mens, ja vir julle almal selfs ‘n broer geword het, die totale massa van sondes van die wêreld op My skouers geneem het en op die’ wyse die aarde gereinig het van die ou vloek van die onaantasbare heiligheid van God;
30c] tweedens is dit die onderdanigmaak van die hel onder die krag van My Liefde, wat vroeër net in die mag van toorn van die Godheid gestaan het en sodoende afgesonder was van die invloed van My Liefde, maar wat is die vreeslikste wapen teen die hel, aangesien sy die mees teenoorgestelde daarvan is, waardeur die hel ook by die liefdevolle en aandagtige noem van My naam ‘n hele oneindigheid teruggedryf word;
30d] en derdens is dit die oopmaak van die poorte van die hemel en die ewige lewe en die getroue aanwyser daarheen; want dit versoen julle nie net met die heiligheid van God nie, maar dit wys vir julle, hoe julle julleself voor die wêreld moet verneder, indien julle deur God verhef wil word. Verder wys dit vir julle, te dra alle verspotting, lyding en kruis uit liefde vir My en julle broers, met alle geduld, sagmoedigheid en oorgawe van julle wil, - ja dit leer vir julle om julle vriende op hande te dra en julle vyande te seën met die goddelike Liefde in julle harte. -
31] Aangesien die wêreld dus niks anders is as net die suiwer buitevorm van die hel en die’ deur die verlossing weer geseënde aarde op hierdie wyse weereens tot die draer van die hel sou word, het die wêreld homself oor die aarde verhef en woon in hoë geboue in die glans van selfsugtigheid, van selfbedrog, van eieliefde, pragliefde, wellus, rykdom, suinigheid en woekergees en die algemene eienuttige heerssugtigheid. Maar sodat die aarde nie weer skandelik bevlek word nie, is sy gewas en geheilig deur die bloed van die ewige Liefde. En wanneer ook die slang êrens van sy afval wil ontslae raak, hetsy deur oorlog of deur regshandel, of deur roof, of deur ontug, hoerery, godverloëning en egbrekery, natuurlik en geestelik, - tree onmiddelik die verlossende sondvloed van die gekruisigde Liefde in werking deur die opwekking van mans en sieners van God, wat dan weer die afval van die slang moet verwyder van die aarde, nadat hulle dit opgesoek en in die skure van die wêreldgrootes gooi. Dan bewonder die wêreldhart sodanige skat, maar My kinders moet dan vir ‘n kort tyd swaar kry, aangesien die aarde vir daardie kort tyd onvrugbaar word. Maar wanneer hulle dan vlug onder My kruis en hoor My stem praat van die nuwe lewe deur die mond of die pen van My sieners en gooi nat met ywer die droë aarde met water uit die fontein van Jakob, dan word die aarde gou weer geseën en dra vrugte van die allermooiste soort, - en hierdie vrugte is dan weer die aandeel van die groot werk van verlossing, wat volbring is aan die kruis.
32] Laastens moet Ek nog vir julle, naamlik die ouers, hierdie My Vaderlike raad nog byvoeg, dat julle jul seuns beslis nie eerder laat trou nie, en sou hulle ook in alle wêreldse aspekte onderhoudsvermoënd toegerus wees - hetsy in die amp of besittings, voordat hulle nie minstens halfpad wedergebore is nie, sodat hulle vrouens dan deur hulle geheilig sal word, om geseënde vrugte in die wêreld te bring, wat daar binnekort self maklik die seën van die hemel van ‘n hele groot generasie word, waardeur julle dan ‘n groot ryk nes die’ van Abraham in die hemele sal stig, waaroor julle bly sal word vir ewig meer en meer oor die steeds toenemende heerlikhede, wat voortgegaan het uit julle geseënde saad.
33] Maar julle dogters gee vir My seuns, wat daar gekom het uit My Liefde na julle toe en wat vir My erken het in die wêreld, en wat hulle laat trek het van My Liefde en laat lei het van My wysheid, en aldag hoor My stem en hul oë gerig het op My hart. Daardeur sal julle My die seënende skoonvader van julle dogters maak. En Ek sê vir julle, aangesien julle vir My tot die naaste familielid gemaak het, kan julle maklik vir julleself dink, dat Ek My skoonfamilie eendag nie ten gronde sal laat gaan nie; en wanneer Ek sê, dat hulle in My huis sal woon en aan My huistafel sal eet en aldag gewis groot vreugde sal hê met die uiters mooi kleinkinders van My geliefde seuns en hulle deur hulle geseënde dogters, en wanneer hulle aan die Vaderhand gelei word in alle ryke en daar sal aanskou My groot heerlikhede, - dan eers sal hulle verstaan, wat dit beteken, vir My as skoonvader te hê!!!
34] Nou sien, dit is ‘n volledige antwoord. Dit is nie geleerd nie, maar wat veel meer is, dit is uit die bron van die ewige liefde en wysheid van julle heilige oorgoeie Vader in alle ewige waarheid getrou gegee nes ‘n groot ligstroom, wat van ‘n groot son op die hoë oggend uitstraal, wat vir julle deur en deur lig sal gee, wanneer julle dit mettertyd heel opgeneem het in julle nog taamlik onverhelderde harte, wat julle des te meer sal aanvoel, indien julle dit vergelyk met julle eie swak antwoorde - en daaruit gewis duidelik sal sien, hoeveel julle nog tekort skiet, en hoe diep julle in julleself gedring het. -
35] Maar dan sê Ek nog vir julle, dat julle antwoorde dieper is as julle harte; want Ek het dit tot die beter deel van julle aangepas, en vir julle onbewus in julle hart gelê. Aan My antwoord sal julle eers die teken van waarheid vind, indien julle daardeur in julle antwoord ‘n dieper betekenis sal ontdek, as wat julle gedink het om versagtend by te voeg. - Maar dit sal vir julle ‘n besliste teken wees, hoe diep Ek in julle en hoe vlak julle nog in my gedring het.
36] Daarom kom almal na My toe, die wat beswaard en belaai is, want Ek wil vir julle almal verkwik en vol maak met My genade Amen. Ek die ewige Liefde en Wysheid Amen, Amen, Amen. - - -


GAWES UIT DIE HEMEL - BAND 1

Geopenbaar aan Jakob Lorber op 7 Junie 1841

Die tyd van die drie diere uit Openbaring

00] Vraag: Wat beteken Openbaring van Johannes, hoofstuk 13, vers 15-18: "En dit was vir hom gegee, om vir die beeld van die dier die gees te gee, sodat die beeld van die dier selfs kon praat en bewerkstellig, dat hulle wat die beeld van die dier nie sou aanbid nie, doodgemaak sal word. En dit bring almal, die kleintjies en die grotes, die rykes en die armes, die vryes en die knegte daartoe, dat hulle ‘n merk op hulle regter hand of hulle voorkop maak, sodat niemand kan koop of verkoop nie, wat nie die merk sal hê met die naam van die dier of die getal van sy naam nie. Hier toon die wysheid! Wie dit verstaan, die' bereken die getal van die dier, want dit is die getal van ‘n mens. En sy getal is 666."

01] In My naam skryf net, ek weet reeds, waaraan julle ‘n tekort het!
02] Vir dinge wat ver is, is julle "verlengde oë" nie voldoende, om dit te sien nie. Voorwerpe op medium afstand kan julle daarom nie sien nie, omdat hulle vir julle te naby is en vir julle daarom ook te min belangstelling bied.
03] Hierdie verse van Openbaring kan tog met die hande gegryp word, en julle is nie in staat om dit te verstaan nie! - Ja, hoe makliker iets is, hoe meer stompsinnig is julle! - Die volgende keer vra vir iets, wat vir julle baie maklik blyk te wees! Waarlik, julle sal daarby sekerlik meer nederig word as deur hierdie uiters maklike vier verse! - En nou let op:
04] Eerstens word in hierdie hoofstuk van drie diere gepraat: eerstens van die hoofdraak, tweedens van die dier met sewe koppe van tien horings elk, wat uit die see klim, en derdens van ‘n lamagtige dier met twee horings op die kop.
05] Wie die hoofdraak is, sal julle tog sekerlik weet, nadat Ek vir julle reeds so dikwels, besonders in die "Twaalf Ure", van My aartsvyand voldoende melding gemaak het.
06] Maar indien julle die tweede dier wil erken, dan wend julle oë na die nabygeleë eieliefde, en al die eienskappe daarvan sal vir julle bevestig word! - Dit klim uit die "meer" van alle selfsugtige begeertes en het "sewe koppe", wat beteken vir elke gebod van die naasteliefde ‘n afsonderlike kop met "tien horings", waarmee van die een sowel as die ander hoofde gelyktydig al tien gebooie (Moses) tee gegaan word. - ‘n "gekweste hoof" is die orals strafbare diefstal en roof. Maar is vir die dier daardeur skade berokken? O nee, want hierdie gekweste hoof is mos deur al die politieke staats- en handelswette volkome genees. En so leef die hele wêreld onder sulke wette en handel daarvolgens - en spot daardeur vir die lam en sy gebooie op ‘n daaglikse basis.
07] Die derde dier klim uit die aarde, lyk soos die "lam", maar het ook "twee horings". - Maar wat betekne dit? - Ek sê vir julle, dit is die allernaaste by julle! - Dit is die' vir die waterdier uiters ondersteunende industrie wat ten slotte selfs verafgod word, en wat met sy twee horings die hoofgebod van die liefde reglynig teenstaan! - Dat dit so is, kyk net na Amerika en Engeland ens.!
08] Maar hoe baie die derde dier juis sodanige industrie voorstel, wys vir julle byvoorbeeld die wrede kindermishandelings in die Engelse en Amerikaanse fabrieke, waar hulle dikwels vanaf vyf uur soggens tot nege uur saans, deurgaans staande, byna half nakend moet werk, en dit dikwels vanaf hulle agste lewensjaar. Daar word vir hulle geen onderrig gegee nie - behalwe dit wat vir hulle industriële slawbestemming nodig is!
09] O sou julle die wese van die industrie met My en deur My kon aanskou, dan sou julle sê: "O Vader, dit is mos die draak self!"
10] Oefen die derde dier nie alle geweld uit van die tweede dier, wie se wond op die kop genees is nie? En veroorsaak dit nie, dat amper die hele aarde, d.w.s ten minste die hoofbewoners daarvan, die tweede, gewonde dier ten volle aanbid nie? Word daar nie konings, vorste en ander (industriële) stigters en uitvinders aanbid en orals van gepraat nie!? Word daar nie in alle wêreld vir hulle monumente opgerig nie? Produseer dit nie die grootste tekens nie en laat vuur van die hemel val, d.w.s. leer dit nie heel verstandig vir al die blinde mense, as of sulke fluksheid die eintlike wese van alle godsdiens is en vir God die mees waardige verering nie, indien nie die beste aanbidding nie?! - Hoe is dit dan nie die barste roof van die vuur van die hemel nie, om vir die mens te maak glo, dat Ek ook deur gruweldade vereer mag word! (Maar net vir ‘n baie kort tyd nog sal dit aanhou!)
11] O sien die verlyding van die aardbewoners! Die beeld van die dier met die swaardwond deur alle politieke geregtigheid is nou volkome lewendig! Die mense word genoodsaak, met hulle bloed hierdie beeld op te rig! En nou skitter dit en dit praat en gebied, maak dood en word aanbid van alle wurms en speeksellekkers, wat daarom as "geleerdes" en "joernaliste" betitel word, en nog van ‘n groot aantal brommers (beurs-spekulante), wat van alles iets wil hê, om daardeur, sonder om te werk, iets te verdien.
12] Maar nou moet dit iemand waag, om hierdie dier nie te aanbid nie - dan sal hy binnekort waarneem, watter uur vir hom wêrelds gesien aangebreek het!
13] Maar dit is die "gees" (of die "lewe") in die beeld van die dier, dat die eieliefde en die hebsug by al die wêreldgroottes die hoogste piek bereik het, dit is die volle getal 666, waarby die eieliefde gelyk is aan 600, die geroofde vuur van die hemel 60 (d.w.s. die om die goddelike gebod tienvoudig tot selfsugtigheid aan te wend!) en die naasteliefde gelyk aan 6 (d.w.s. die mees volmaakte slawerny is geldig)! - In plek daarvan om vir 1 honderd te gee, word vir 1 honderd geëis!
14] Sien en begryp nou die betekenis van die "regter hand" en van die "voorkop", sowel by die grotes en die kleintjies, rykes en armes, die' wat vry is en die knegte! Is dit nie die heerssugtigheid, hetsy deur mag of wêreldverstand nie? - Sê, kan iemand sonder daardie tekens iets vermag? Watter waarde het die mens vir die mens sonder daardie teken? - Waarlik, ek sê vir julle, indien iemand van julle dogters het, sal hy hulle vir iemand wat "ongemerk" is gee, of sal hulle ‘n "ongemerkte" een aanneem? Kan iemand, indien hy nie ‘n teken het of ‘n amp van die dier verkry het nie, nog enige wêreldgeluk vind?!
15] Julle self is "gemerk" - behalwe My kneg, wat Ek met groot moeite tot nou toe nog ongemerk kon bewaar. Maar ek sê vir julle, indien Ek dit sou toelaat, dat hy een van julle dogters sal vra, dan sal julle vir hom heel bedenklik aankyk en vir hom vriendelik aanraai, daarvan afstand te doen, aangesien dit nie van pas is, omdat hy nie "gemerk" is nie!
16] Indien julle dit al met iemand doen vir wie ek in die nag van nagte vir julle as ‘n lig gegee het, wat sou julle eers doen, indien iemand anders wat "ongemerk" is dit sou waag, om so iets van julle te verlang? - Ek sê: Julle sou die dogter eerder lewendig toe messel - verstaan julle dit!
17] Ek is van mening, dat die "gemerktheid" vir julle nou so taamlik duidelik sal wees! Wie kan nou koop of verkoop sonder hierdie teken?
18] Maar die "42 maande" is amper verby, aangesien die gebooie van naasteliefde reeds 5 maal sewevoudig op die eieliefde aangewend is. Maar ek sê vir julle, probeer om die "teken" deur die vuur van My liefde te verdelg, dan sal julle tot die ware, innerlike lewe gelang!
19] Daarom is dit juis nou so moeilik, om na die innerlike lewe uit en in My te gelang, omdat die "teken" elkeen in die wêreld brand (d.w.s. na die wêreld en sy oëverblindery dryf). Daarom moet julle vir julle van die wêreld van die dier laat losbrand deur My liefde, dan sal julle die lewe vind, nou en vir ewig!
20] Dit spreek die Heilige, die Grootte, die Eerste en die Laaste. Amen, Amen, Amen!


GAWES UIT DIE HEMEL - BAND 2

Geopenbaar aan Jakob Lorber op 25 Julie 1842

Die ster in die ooste

00] (Lorber:) In "Die Huishouding van God" kan gelees word: ‘Reeds staan in die ooste ‘n ster, wat vir die Orion die baan sal breek (die weg sal baan) en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer!' (HG1,1,12). Wat is hier die ooste, wat die ster, en wat die Orion, wat die vuur en wat die groot hond? Wie is hulle wat deur die vuur van die groot hond verteer sal word?"

01] (Jesus) Die "ooste" is die innerlike, lewendige woord en daardeur die ware betekenis van die Heilige Skrif van die ou sowel as die nuwe verbond.
02] Die "ster" is die liefdeslig in hierdie woord self.
03] Die "Orion" is die liefde van God.
04] Die "vuur van die groot hond" beteken die groot getrouheid van hierdie liefde, omdat die hond ‘n teken van getrouheid is.
05] Maar hulle, "wat deur die vuur verteer" of tot skande gemaak sal word, is die wêreld-mense.
06] Met ander woorde beteken bogenoemde sin dus niks anders nie as: Die liefdeslig van die nuwe woord sal vir die goddelike liefde die weg baan. En die getrouheid van hierdie liefde sal al die oortreders, al die ongelowiges en loues tot skande maak. Want die ooste is oop, en die ster van liefde staan reeds hoog!
07] Dit is die maklike betekenis van hierdie ietwat hoër geplaasde woorde. - Maar aangesien Ek dit nou nog meer onthul het, moet daar ook meer aandag aan gegee word! Amen.
08] Dit sê die groot "Orion" deur Sy "groot hond". - Amen. Amen.